Sebastian & Andrea se Somer Troue in Pretoria

In diรฉ inskrywing deel ons graag Sebastian en Andrea se somer troue in Pretoria met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie het ล‰ interessante verhaal.  Sebastian het Andrea gevra in Santorini in  Griekeland op ล‰ wegbreek, na hulle vir sewe jaar uitgegaan het.  Hulle het in Duitsland getrou as gevolg van die pandemie en na amper twee jaar van getroud wees in Duitsland, hulle troue kom vier saam met familie en vriende in hul tuisland, Suid-Afrika.

Andrea se trourok was perfek gepas vir die somer seisoen.  Ons hou baie van die detail aan die bokant van haar trourok en die meer simplistiese vloei van die res van haar trourok.  Sebastian se ligte neutrale kleur pak het sรณ mooi ingepas by die sagter en ligter kleurskema van die paartjie se troue.

Hulle het in die oulike kapel van die trou venue getrou waar hul gaste die spesiale oomblik saam met hulle kon deel.  Ons hou baie van die trou dekor.  Die skakerings van neutrale, sagter kleure is so mooi en staan uit.  Stukke rou baksteen muur in die onthaal lokaal skep die perfekte kontras.  Skakerings van wit, sagte pienke en die groenigheid van in die blom ontwerpe werk perfek by die paartjie se algehele gevoel van hul troue.  Die groenigheid wat vanuit die dak hang en die liggies skep ล‰ baie romantiese gevoel.

Alles is moontlik met ล‰ span betroubare trou diensverskaffers.  As julle besig is om jul troue te beplan, besoek Mooi Troues se Trougids vir betroubare en professionele trou diensverskaffers.

Andrea en Sebastian het ล‰ lieflike wittebrood in Mallorca, ล‰ Spaanse eiland slegs twee ure weg van waar hul woon geniet.  Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en om inspirasie te kry vir julle eie troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Die eerste keer wat ons ontmoet het, was by ล‰ braai wat deur Andrea se vriendin, een van die strooimeisies, aangebied is.  Aangesien Andrea kort daarna op haar oorbruggingsjaar gegaan het, het hulle die volgende jaar weer by ล‰ kamp in St. Lucia in kontak gekom.

Vir die verlowing het Sebastian vir Andrea verras met ล‰ romantiese wegbreek reis na Santorini, Griekeland.  Hier het die vraag ontstaan na 7sewe jaar van uitgaan in die hartjie van Santorini.

Die Verlowing Tydperk:


Weens die pandemie kon ons nie ล‰ troue in Suid-Afrika beplan met die onsekerhede daaraan verbonde nie.  Ons was vir agt maande verloof en het toe besluit om ons burgerlike troue in Duitsland saam met twee goeie vriende te hou.  Dit was egter vir ons belangrik om hierdie spesiale geleentheid saam met familie en vriende te vier.  Daarom het ons amper twee jaar na ons burgerlike troue in Suid-Afrika, ons tuisland, getrou.

Vir die troubeplanning was ons familie in Suid-Afrika die grootste ondersteuners en het ons gehelp om ons droomtroue te beplan.

Trou Begroting:


Om met ล‰ begroting vorendag te kom, het ons familie en vriende wat reeds getroud is, gevra of hulle hul benaderde koste vir verskillende verskaffers en produkte aan ons kan verskaf.  Hierna het ons verskeie verskaffers gekontak om hul aanbiedinge en pryslyste uit te vind.  Op grond van al die inligting het ons besluit oor die verskaffers en ons begroting. Dit was egter ล‰ baie rowwe skatting en ล‰ paar onverwagte koste het ons begroting met ongeveer 20% laat opgaan.

Om ons koste te verminder het ons ons familie en vriende gevra om ons te help met die versierings wat ล‰ groot hulp was.

In totaal het ons sowat 90 gaste onthaal.

Ons raai ander paartjies aan om geld te spandeer op die belangrikste dinge vir julle.  Vir ons was dit vir ons gaste om lekker te kuier.  Ons het ล‰ fotohokkie gehuur vir prettige fotoโ€™s, lekkers in Duitsland gekoop vir ons gaste om huis toe te neem, en komplementรชre gin, koeldrank en wyn verskaf.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die merkwaardigste deel vir Sebastian was die oomblik toe Andrea in die trougang afgestap het.  Toe hy besef dat almal, wat sy lewe op sรณ ล‰ positiewe manier beรฏnvloed het, bymekaar was om die spesiale dag saam met ons te vier.

Die eerste dans was vir Andrea die spesiaalste, want dit was die oomblik wat sy die meeste op haar gemak en gelukkig gevoel het om in Sebastian se arms te wees.

Die Besluitnemingsproses:


Andrea het die meeste van die finale dekor besluite geneem met behulp van Sebastian se ma se artistieke raad.  Oor die algemeen het ons egter die meeste ander besluite saam geneem.  Ons het ongelooflike ondersteuning gehad van familie en vriende wat ons van wenke en idees voorsien het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons was tevrede met ons fotograaf wat ons gelaat het met die mees spesiale herinneringe wat ons altyd kan koester en herbesoek.  Sy het ons tydens die fotosessie op ons gemak laat voel.  Vir ons presies gesรช watter poses om te doen.  Sy het deur die dag baie professioneel en selfversekerd in haar werk gebly.

Paartjie se styl:


Andrea het gegaan vir ล‰ romantiese en klassieke wit, sjiffon trourok.  Sebastian het ล‰ nuwe beige pak gekies saam met ล‰ bruin das, perfek vir ล‰ somertroue.

Ons albei verkies fyn juweliersware en het dus op tydlose ringe besluit. Sebastian het gegaan vir ล‰ ring gemaak van herwonne platinum met ons troudatum en name aan die binnekant van die ring gegraveer.  Andrea het gegaan vir witgoud, plaveisel ring met laboratorium-gekweekte diamante, handgemaak in Suid-Afrika.

Vermaak:


Tydens die canapรฉ het ons ล‰ speletjie gehad wat die meeste Duitse Suid-Afrikaners speel wat behels het om ล‰ spyker in ล‰ stomp te slaan met die minste moontlike drieรซ wat die gaste regtig geniet het.  Na die formaliteite het ons ล‰ fotohokkie gereรซl waar gaste fotoโ€™s kon neem en dit in ล‰ gasteboek kon plak met ล‰ nota aan die egpaar en bykomende fotos huis toe kon neem.

Die โ€˜nie-so-perfekโ€™ oomblikke:


Ons het beurtkrag gehad tydens die troue, wat baie warm was op die dag.  Andersins het alles verloop soos beplan.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Maak eerstens seker dat jy enkele take vroegtydig beplan sodat jy nie kort voor die troue met alles oorval word nie.  Al was ons mal oor ons dekor en was dit selfs mooier as wat ons kon dink, sal ons aanbeveel om ล‰ maatskappy te hรช om die dekor te doen.  Dit verminder baie stres en moeite vir die paartjie.

Venue & Dekor:


Andrea se suster het ล‰ paar venues in Pretoria-Oos aanbeveel aangesien meeste van ons familie en vriende hier woon en almal kon aansluit sonder om te ver te reis.  Dit was ook belangrik dat daar verskeie akkommodasie-opsies op die perseel was waaruit ons gaste kon kies, aangesien daar verskeie gaste van die buiteland aangesluit het.  Nog ล‰ belangrike faktor was om ล‰ groot onthaalsaal te hรช met genoeg spasie om die nag weg te dans.

Ons verkies albei tydlose kleure.  So ons het vir ล‰ nude tone met ล‰ tiksel pienk vir ons blomme en ander dekor gegaan.  Andrea was ook mal oor die mistieke, sprokies gevoel, so Sebastian se ma het aangebied om pragtige kranse met die hand te maak om met sprokies liggies en groenigheid van die plafon af te hang.  Dit het ล‰ gesellige en verwelkomende atmosfeer geskep.

Eerste Dans:


Ons het besluit op ล‰ Duitse liedjie wat ons as ล‰ paartjie weerspieรซl het.  Een van Andrea se vriende het diรฉ liedjie ontdek.  Ons het dadelik verlief geraak op die prettige en opgewekte natuur.  Ons wou ล‰ kinkel aan sokkie dans maak en het ons eerste dans self kort voor die troue met die hulp van Andrea se ma choreografeer.

Wittebrood:


Ons het besluit om ons wittebrood in Mallorca te hou, ล‰ Spaanse eiland wat net twee ure weg is per vliegtuig van waar ons woon.  Ons is albei mal oor die strand, om buite te wees en om nuwe kulture te leer wat die eiland alles gehad het om te bied.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: