Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word. In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ล lys van items waaraan jy moet aandag gee. Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie sรณ oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.
Om ล troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ล selfdoen troue wil hou. Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels. Klik hier vir meer advies artikels.
Ons het die vorige keer die vierde van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel. Teen die tyd moes julle al begin trou diensverskaffer bespreek het. Dinge behoort nou bietjie meer struktuur te kry en die vloei van die trou beplanning moet aal bietjie meer aan die gang wees.
As julle nog nie die punte in ons vorige artikels gedoen het nie, moet nie stres nie, jul kan dit doen teen jul eie spoed. Hierdie artikels is slegs ล riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ล jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin. Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.
Vir ons vyfde artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.
Wat jul teen die tyd moes gedoen het:
As julle nog nie begin beplan het aan jul troue nie, moet nie stres nie, daar is altyd genoeg tyd. Dit beteken net dat julle meer moet doen oor ล korter tydperk. Dit is nie onmoontlik nie, julle sal net meer moet fokus en aandag gee aan julle trou beplanning proses.
Onder is ล riglyn van min of meer wat jul teen nou al moes gedoen het as julle ons 12 stap reeks volg:
- Die Begroting moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
- Trou Datum van julle troue. Dit moet definitief al gefinaliseer wees. Sonder ล datum kan julle niks bespreek nie.
- Venue vir jul troue moet teen die tyd al gefinaliseer wees. Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat julle dit teken.
- Bekende Trou Diensverskaffers moet teen die tyd al bespreek wees.
- Fotograwe en Videograwe moet nou al bespreek wees.
- ล Idee hรช van die dekor styl waarvan julle hou, asook die algehele styl van die troue.
- Julle troue moet al verseker wees.
- Finaliseer die gastelys van buitelandse gaste.
- Finaliseer trourok keuses.
- Finaliseer die bruidegom se pak.
- Platejoggie, klank en musiek moet al bespreek wees.
- Finaliseer verblyf opsies.
- Maak kortlys van dekor items vir huur.
- Finaliseer die troukoek.
- Beplan en bespreek die wittebrood vooruit.
- Repetisie aandete planne moet al begin het.
Bespreek jul trou skryfbehoefte ontwerper as jy nog nie het nie:
As jy nog nie begin dink het aan ล professionele skryfbehoeftes ontwerper nie, is dit nou die perfekte tyd om daaraan te begin dink. Skryfbehoefte ontwerpers ontwerp alles vanaf julle spaar die datum kaartjies, trou uitnodigings, spyskaarte, tafelnommers, naam kaartjies en vele meer. Die lys is letterlik te lank om elke item hier te lys. Professionele trou skryfbehoefte ontwerper is ล groot aanwins vir jul troue.
Almal dink hulle kan op ล gratis ontwerp program gaan en self skryfbehoeftes ontwerp. Julle kan dit doen as julle regtig wou, maar daar is niks wat ล professionele trou skryfbehoefte ontwerper kan vervang nie. So, is professionele trou skryfbehoeftes die moeite werd? Definitief! Klik hier om te lees hoekom ons aanbeveel dat paartjies professionele trou skryfbehoefte ontwerpers moet ondersteun. Klik hier vir fantastiese trou skryfbehoefte ontwerpers vir jul troue. Jy kan ook na tonne skryfbehoefte idees kyk onder Mooi Troues se skryfbehoefte kategorie.
Stuur julle spaar die datum kaartjies uit:
Begin nou al julle spaar die datum kaartjies uitstuur. Veral na jul buitelandse gaste wat moet reis om by jou troue uit te kom in tyd. Dit is nie ล formele uitnodiging nie, maar dit gee net die nodige informasie soos die datum en plek waar julle gaan trou. So weet julle gaste om vooraf seker te maak hulle is beskikbaar op daardie datum en kan reis na die bestemming.
Bespreek jou Grimering en Hare proeflopie:
Doen nou al jou grimering en hare proeflopie, want as jy nie gelukkig is met iets nie kan jy altyd jou stilis vra of jy dalk weer ล proeflopie kan bespreek om dit te verbeter. Asseblief, moet nie die kunstenaar se tyd en produkte mors, net omdat jy grimering en hare soek vir jou verlowing fotoโs nie. Grimeerkunstenaars en haarstiliste is professionele diensverskaffers wat ล diens lewer en jou op jou beste wil laat lyk op jou troudag. Die proeflopie is meer om die unieke voorkoms te kry wat jy wil hรช vir jou troudag. Dit is ook die perfekte tyd om bietjie te gesels en die persoon(e) beter te leer ken.
Onthou ook, jy huur ล kunstenaar gebaseer op die persoon se unieke styl van grimering en hare, soos met enige ander kunstenaar. Maak seker jy huur iemand waarmee jy gemaklik voel en nie net iemand wat jy op ล afslag prys gekry het en nou die persoon se styl probeer verander om jou te pas nie. Dit is baie belangrik dat jy weet daar is verskillende vlakke van kunstenaar soos beginner-, middel- en dan jou top professionele bekende grimering kunstenaars.
Dink aan dinge vir buitelandse gaste om te doen:
As jy verblyf bespreek vir buitelandse gaste, maak seker jy vind uit wat die aktiwiteite en gewilde plekke in die gebied. Maak dan ล oulike lys wat jul vir elke een van julle gaste kan stuur per e-pos, sodat hulle ook kan begin beplan wat om te doen voor en na die dag van jul troue. So sal julle jul gaste baie spesiaal en sommer baie welkom laat voel. Die kortlys kan alles insluit soos oulike restaurante, aktiwiteite om te doen in die area, ensovoorts.
Bespreek jul Verlowing Fotosessie:
Hierdie is ล belangrike punt. Nie almal is gemaklik voor die kamera nie, maar dit beteken nie julle moet gestres lyk op jul fotoโs nie. Bespreek ล verlowing fotosessie by jul trou fotograaf. Dit kos bietjie duurder, indien dit nie deel vorm van jul troupakket nie. ล Verlowing fotosessie gaan julle baie help om jul trou fotograaf beter te leer ken. Julle sal ook leer hoe dit voel om ล kamera na aan julle te hรช. Gedurende die verlowing fotosessie sal julle ook advies kry van jul trou fotograaf oor wat die beste werk vir die mooiste resultate.
Kies ล mooi plek waar julle beide gemaklik voel. Trek vir julle mooi aan. Neutrale kleure werk altyd baie goed vir ล verlowing fotosessie. Klik hier vir advies oor wat om aan te trek by jul verlowing fotosessie. Geniet dit! Dit is baie minder stresvol as jul troue en sal julle soveel meer gemaklik laat voel op jul troudag. Julle trou fotograaf is seker die persoon wat die meeste tyd saam met julle gaan spandeer op jul troudag, so maak seker julle voel op jul gemak.
Bespreek vervoer vir julle trou gaste:
Trou julle ver weg van waar julle gaste sal oornag? Bespreek vervoer vir julle trou gaste vroegtydig, omdat daar beperkte toer besighede is wat groepe mense aanry vir troues. As hulle vol bespreek is kan dit dan nogal ล duur storie raak om ล bussie self te huur met ล drywer ensovoorts. Daar is ook baie reรซls wanneer dit kom by die vervoer van gaste. So dit is die beste om ล professionele vervoer maatskappy te gebruik. Dink solank daaraan waar meeste van jul gaste gaan oornag en hoe om hulle te vervoer vanaf hulle verblyf tot by die trou seremonie en onthaal en dan die aand terug na hulle verblyf toe.
Artikel Krediet
- Fotoโs: Pexels
- Skryfbehoeftes: Bacht Design