Ons is baie opgewonde om Jaques en Tiffany se plaas verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers te deel. Die paartjie se verlowing fotosessie is besonders mooi en paartjies kan sommer baie idees kry vir hul eie verlowing fotosessie.
Tiffany en Jacques se uitrustings het die perfekte kontras geskep teen die onafgewerkte plaas landskappe as agtergrond. Hulle neutrale uitrustings was perfek vir die fotosessie en al die aandag was op die paartjie.
Die bewolkte weer het sรณ mooi gewerk by die paartjie se fotosessie. Die plaas landskappe in die agtergrond is effens donker en dramaties, wat weereens die aandag trek na die paartjie. Jy kon sien hulle het die fotosessie sommer baie geniet en was definitief baie gemaklik voor die kamera.
ล Verlowing fotosessie moet nie ล straf wees nie, maar meer ล lekker pret ervaring. Tiffany en Jacques wou graag ล verlowing fotosessie doen om mooi fotoโs te hรช vir hulle spaar-die-datums kaartjies. Dit is een van die redes hoekom paartjie verlowing fotoโs wil hรช.
Nie net vir mooi fotoโs nie, maar dit help ook die paartjie om minder gestres te wees oor hul troudag se fotosessie. Opsoek na ล trou fotograaf vir julle verlowing fotosessie? Besoek gerus Mooi Troues se Trougids vir baie oulike trou fotograwe.
Jaques en Tiffany se plaas verlowing fotosessie is een wat jy nie moet mis nie, so rol af om meer fotoโs te sien.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het mekaar ontmoet by die kerk. Dit was ล lang staar in mekaar se oรซ en toe ล glimlag vir mekaar, waarna ons onmiddellik verlief geraak het. Ons het geweet dat ons eendag met mekaar gaan trou, maar het gewag en vertrou op die Here en 7 jaar later het die tyd aangebreek. Die Here het ons eers kom voorberei in die wag tydperk.
Die groot vraag:
Ons verlowing was absoluut ล verassing. Tiffany het glad nie eers ล vermoede gehad nie. Jaques het alles sรณ fyn beplan en presies haar hartsbegeertes waar gemaak. Tiffany wou alleen wees en nie ล gehoor daar hรช nie aangesien sy ล baie stil en skaam persoon is. Jaques het presies alles ingeneem wat sy voorheen al genoem het in verband met die verlowing.
Tiffany se beste vriendin het gehelp met die reรซlings. Sy het ook weggekruip by die venue om skelm fotoโs van die groot oomblik te neem โ wat een van Tiffany se versoeke was. Jaques het vir haar gesรช dat hulle piekniek gaan hou, maar ล luukse piekniek.
Hy het reรซlings getref met die persone by Lethabo Estate in Lanseria wat ล privaat piekniek langs die rivier vir hulle voorberei het op 30 Oktober 2021. Tiffany het gedink dis ล โherdenking vieringโ omdat dit naby aan ons 7 jaar herdenking was en dis ook wat Jaques gesรช het.
Jaques het toe vir Tiffany ล geskenk gegee. Dit was ล hout boks met ล boodskap op en ล Bybel binne. Terwyl sy die boks oopmaak en die geskenk bewonder hoor sy haar naam โTiffanyโ en nie ล noem naampie nie, maar haar NAAM!
Sy het omgekyk verbaas en hy het op sy knieg gestaan met ล ring in sy hand. Sy was so oorval met skok dat sy nie ล woord kan onthou wat hy gesรช het of ล woord kon uitkry nie. Jaques het naderhand die stilte gebreek en gesรช โJy moet antwoord hoorโ. Die antwoord was natuurlik JA en trane het begin vloei, maar trane van blydskap het gevloei. Ons kon letterlik nie wag om almal te video call daarna nie. Tiffany wou net haar ring af โshowโ. Dit was die beste dag van ons lewens.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Tiffany van Jaques:
Hy is ล uitsonderlike vroom en godvresende man wat homself onderwerp aan God se lyding. Sy karakter en menswees is sรณ mooi, hy weerspieรซl Jesus en Sy selfopofferende gees en liefde vir ander. Jaques aanvaar my vir wie ek is, met al my onvolmaakthede. Hy is verskriklik aantreklik vir my, maar die mees aantreklikste kwaliteit wat hy besit is sy liefde vir Jesus. Jaques is ล man wat vir my bid. ล Man wat homself voor die Here verneder en Sy aangesig soek.
Hy gee altyd in oorvloed vir my al beteken dit hy kom tekort. Jaques doen nooit iets met ล verwagting om enige iets terug te kry nie, maar gee sy alles vir almal. Hy sien altyd die mooi en goed in ander. Jaques is die vriendelikste persoon met so mooi persoonlikheid wat almal aantreklik vind. Hy is ล besonderse mens wat woorde nie kan beskryf nie. Jaques is die man van my drome en gebede!
Jaques van Tiffany:
Sy is โn ware illustrasie van God se prag, beeldskoon binne en buite. Tiffany is vreeslik hardwerkend en doelgerig. Haar woord is haar eer, wat ookal sy doen, doen sy volheid en volhard daarin. Tiffany se liefde vir God word weerspieรซl in alles wat sy doen. Haar glimlag vat donker dae weg en laat my vergeet van al my bekommernisse. Tiffany se lag is aansteeklik en dis โn voorreg om haar in my lewe te hรช. Ek het gebid vir iemand soos sy en nou kan ek binnekort haar my vrou noem!
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons troudag is die 15de Junie 2023. Dit is ล jaar en 8 maande na ons verlowing.
Die verloofring:
Tiffany het eenkeer vir Jaques ล foto gewys van die ring wat sy eendag wil hรช. Hy het dit presies reg gekry. Die ring is perfek en haar droom ring! Boonop dit het Jaques haar gunsteling Bybelverse binne die ring graveer wat dit nog meer spesiaal maak โ Psalm 73:25-26
Wie het ek in die hemel behalwe jy? En die aarde het niks wat ek begeer behalwe jou nie. My vlees en my hart mag misluk, maar God is die sterkte van my hart en my deel vir ewig.
Daar is ook ล blou Sapphire steen binne in die ring se bandjie wat geassosieer word met โgoddelike gunsโ en ook ล simbool is van toewyding aan God.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag mooi fotoโs hรช vir ons spaar-die-datum kaartjies en trou webtuiste. Die fotograaf is amazing! Ons fotoโs is alles wat ons wou hรช en nog meer. Dis letterlik perfek!
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou graag ons verlowing fotoโs in die natuur neem. Toe het ons fotograaf vir ons opsies gestuur op die plaas en die plaasdam met die windpomp was net perfek. Ons is verlief op ons fotograaf se styl. Die fotoโs het ons verwagtinge oortref! Sy het ons ook gemaklik laat voel en dit gevoel asof ons mekaar lank ken.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Op hierdie stadium is die verlowing tydperk stresvol met al die troureรซlings. Ons moet onsself gereeld herinner waaroor dit gaan en dat Abba Vader in beheer is. Is bang ons vergeet iets in verband met die troureรซlings, asook probeer almal gelukkig hou, maar ons raak net stil voor die Here en lรช dit by Sy voete neer en onmiddellik spoel ล vrede oor ons. Ons weet Wie veg vir ons en treรซ op elke gedeelte van ons lewens in vir ons. Die Here het nog heeltyd kom voorsien en weet ons dat Hy altyd sal.
Visie vir droomtroue:
Ons wil graag hรช die Here moet die geleentheid gebruik om grondgebied in te neem en Sy koninkryk te bevorder. As daar een ding is wat die gaste moet saam neem van daardie dag is ons hartsbegeerte dat hulle die Here se teenwoordigheid sal ervaar. Ons gebed is dat Hy verheerlik sal word.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lenika Evert Photography
- Verloofring: Stonz