Quintin & Claudette se Verlowing Fotosessie by Waterkloof Lugmagbasis

Met baie opgewondenheid deel ons Quintin & Claudette se Verlowing Fotosessie by Waterkloof Lugmagbasis met Mooi Troues se lesers.  Hierdie is een van daardie besonderse oulike fotosessies en iets wat jy nie baie sien nie.  Quintin is ʼn luitenant in die lugmag en daarvoor was hierdie oulike verlowing fotosessie moontlik.  Hulle het ook hul fotosessie in twee dele opgebreek.  Die eerste deel by die lugmagbasis en die tweede deel omring deur die natuur.

Indien dit moontlik is, probeer ook die fotosessie op te breek in twee liggings, veral as dit naby aan mekaar is.  As tyd dit toelaat kan julle dalk ander uitrustings aantrek.  So het julle meer foto’s en kan dit vir verskillende goed gebruik.  Claudette en Quintin se verlowing foto’s is só mooi.  Die foto’s by die lugmagbasis by die vliegtuie en helikopter is baie pret gewees.  Quintin het sy uniform aangehad en Claudette die oulikste rokkie.  Vir die tweede deel van die fotosessie het Quintin ʼn kortbroek en sagte kleur hemp aangehad en Claudette ʼn blommetjies rok.   So gepas vir die liggings.

Die paartjie verduidelik dat hulle die foto’s graag vir hulle huis wil gebruik en ook hul trou uitnodigings.  Verlowing fotosessie is die perfekte tyd om mooi foto’s as ʼn paartjie saam te kry.  Besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese fotograwe en geniet julle verlowing fotosessie.

Rol af om meer te sien van Quintin & Claudette se Verlowing Fotosessie by Waterkloof Lugmagbasis en om meer te lees oor hul liefdesreis.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Claudette het vir Quintin eerste raak gesien by ʼn gesellige naweek.  Ek was opslag verlief op Quintin.  Hy het baie “hard to get” gespeel vir drie weke voor ons op ons eerste afspraak gegaan het.  Ek het begin dink, miskien wurm ek myself in iets wat hy dalk nie wil wees nie, maar na ons eerste afspraak was die res geskiedenis.  Ons het dadelik gekliek.

Ons was vir 4 jaar gekys tot Quintin my gevra het om verloof te raak.

Die groot vraag:


Verlowings brief:

Dit was ʼn warm, sonnige nasionale braai dag op 24 September 2021.  Na maande se beplanning en sweterige palm hande voor die skoon ouers het ek die toestemming gekry om voor my lyf op my knieë te gaan en die groot vraag te vra.

Op pad na Mpumalanga vir die lang naweek weg, het ek halwe instruksies vir Claudi gegee oor haar uitrusting vir die dag.  Met ons aankoms op die plaas in Mpumalanga Ermelo, is die vrouens agter op die bakkie en my arme lyfie het ʼn pienk rokkie met ʼn wit hemp aangetrek vir die dag.  Geen hoed was ingepak vir daardie wit velletjie nie.  Onthou: Claudi het van niks geweet nie, het gedink ons gaan nou braai …

Met ʼn geskel van agter af het ons mans hulle net probeer kalm hou. Die son was nie aan hulle kant nie en daardie wit velletjie, toe klaar pienk-rooi gebrand.

Aankoms by die Vaalrivier:

Met die aankoms by een van die Vaalrivier se sy-riviere op die plaas het ons onder die mooiste Wilgerboom gaan stop.  Nog voor ons kon uitpak het Claudi vir my ʼn stywe dop gevra met vlamme in haar oë en dis nie van die son nie … Hahaha.

Ons het lekker piekniek gehou en gekuier onder die Wilgerboom.  Claudi het aanhoudend gevra, wanneer gaan ons braai?  Ek het net gesê: “Later, Ons warm nou eers op.” Maar my hart wil uit my bors spring van hoe ek op my senuwees was en oor en oor gedink, hoe gaan ek dié nou doen?

Na ʼn hele paar stywe drankies het ek my moed bymekaar geskraap en die sein gegee vir een van Claudi se vriendinne.  Ek het bietjie gaan rond loop al langs die rivier en onder die een Wilgerboom was daar een groot spinnekop nes wat my aandag getrek het.  Ek het dadelik vir Claudi geroep om te kom kyk na die nes, ek weet hoe bang sy is vir spinnekoppe, maar tog geniet sy die natuur met sy diertjies en insekte.

Die groot vraag:

Ek het die vriendin gevra om ʼn foto van ons te neem met die water en bome agter ons.  O-ja, en vir my aanstaande skoonma, Tannie Carols ook op die lyn te kry (video oproep) was ʼn missie, maar alles die moeite werd.  Met die wind wat so deur haar hare gewaai het was dit vreeslik moeilik om die perfekte foto te kry.  Ek dink net dit is nou of nooit.

Toe Claudi na my toe draai nadat sy haar hare uit haar mond gehaal het, toe is ek klaar op my knieg met trane wat rol oor my wang.  Dit is toe ek haar vra om die res van haar lewe saam my te wees en my die gelukkigste man te maak en met my trou.  Sy het op haar knieë geval saam my en my die JA word gegee.  Dit was onbeskryflike gevoel wat ek nie nou vandag hier met julle kan deel nie maar dit was die legkaart in my hart wat gevul was, vir nou en altyd.

Na skape duik en vang, vleisies op die kole, uiteindelik, is dit ʼn dag vir ons twee wat ons nie sal enige oomblik vergeet nie.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ons kan altyd lekker lag vir mekaar se simpel grappe.  Saam dans.  Claudette is mal oor Quintin se rustige persoonlikheid.  Quintin is mal oor Claudette se omgee hart.


Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons is presies ʼn jaar en 7 weke verloof op die 12de November 2022.

Die verloofring:


Verloofring, het Quintin self laat maak met sy eie idees.  Ek het net gesê, dit moet ʼn ovaal vorm ring wees sodat dit by my lang vingers pas.  Hy het ook my Ma betrokke gemaak, wat baie spesiaal was, omdat die ring uit Quintin se oorlede Ma se ring gemaak is.   Asook binne is daar ingegraveer in Arabies, My Lyf.  Dit is ons “pet name” vir mekaar.  My ring is presies wat ek wou gehad het.


Rede vir die verlowing fotosessie:


Claudette wou baie graag foto’s laat neem het.  Omdat ek en sy nog nie regtig al so iets gedoen het nie.  Ons soek mooi foto’s van ons vir die huis, asook vir die trou uitnodigings.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Claudette het dit ook goed gedink om dit by die Waterkloof basis te neem, omdat Quintin ʼn luitenant is in die Lugmag en Claudette was opslag gevang met die mooie uniform.  Ons tweede sessie was by Irene Plaas, ons altwee lief die bos en plante.  Irene was perfek!!

Visie vir droomtroue:


Ons wil net hê, ons troue met ʼn feesviering van liefde wees en almal moet die dag net saam ons geniet en heerlik kuier.  Die liefde moet seëvier!!

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: