Ons by Mooi Troues deel met ons lesers die Boheemse Plaastroue Inspirasie Fotosessie wat by ʼn pragtige plaas in Lambertsbaai gehou was. ʼn Boheemse tema pas eintlik so mooi by ʼn plaastroue, met kleurskakerings wat neutraal is met donkerder en ligte kleure.
Modelle Sanel en Willem het albei baie deftig gelyk en ons lesers sal hulle herken van Boer soek ‘n Vrou 2019. Sanel het pragtig gelyk in haar stylvolle vloeiende trourok. Willem se sandkleur pak en swart hemp met ʼn bruin das en bruin vellies het net so dapper gelyk.
Ons is mal oor die dekor elemente van die fotosessie. ʼn Opelug troue onder die sterre is wat ons kan in dink by die pragtige buitelug trou lokaal. Die gebruik van gedroogte blomme en die kontras van die vars blomme hou die blom-ontwerpe interessant. Wit rose skep ʼn elegante gevoel en die uitgedroogde blom ontwerpe pas perfek by die Boheemse tema.
Neutrale kleurskakerings vloei reg deur die dekor. Die rou hout tafel met die sagte pienk loper op skep ʼn elegante sagte gevoel. Die donkerder potjies met uitgedroogde fynbos gee die donker element aan die troue. Op die hoek van die tafel is ʼn blomme ontwerp wat van bo die tafel hang na onder op die grond voor die tafel. Daardie pragtige mandjies wat gebruik word vir die droë blomme voor die tafel is so mooi!
By Mooi Troues glo ons as jy ʼn goeie groep diensverskaffers saam laat werk, sal jy ʼn stresvrye, prentjie mooi troue hê. As jy besig is om jou troue te beplan, besoek Mooi Troues se Trougids. Ons het professionele diensverskaffers wat jy kan vertrou vir jou troudag.
Geniet hierdie Boheemse plaastroue inspirasie fotosessie hieronder. Rol af vir tonne trou inspirasie en advies.

Wie het die fotosessie gereël?
Coba van Coba Photography saam met Aletta van Bosduifklip. Samantha van Pretty in Stains het ons dekor idees geneem en dit lewe gegee op die dag.

Inspirasie agter die fotosessie:
Ons wou graag Bosduifklip se unieke rotsformasies en atmosfeer uitbeeld. Ons wou ook vir paartjies wys hoe romanties en mooi Bosduifklip kan lyk, veral as jy iemand kry wat die dekor mooi doen. Daarom het ons seker gemaak dat die dekor, uitrustings ens. alles saam ʼn prentjie vorm.
Ek, Coba, is Aletta en Kobus van Bosduifklip se dogter, en wou nog altyd ʼn gestileerde fotosessie doen vir hulle.
Dit is die plek waar my hart is en dit is werklik die mooiste en mees unieke trou venue.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Hoe ons idees ‘lewe’ gekry het, en hoe dit op die ou end meer asemrowend was as wat ons gedink het. Ons was ook baie bly dat die rokke en pakke vir Willem en Sanel gepas het, want hulle kon nie vooraf dit aanpas nie.
ʼn Ander deel wat baie merkwaardig was, is hoe lekker die troukoek was wat Aletta gebak het. Almal het na die fotosessie eers lekker sit en gesels en ʼn stuk koek geniet.

Venue en Ligging:
Die hele fotosessie was beplan rondom Bosduifklip; die unieke rotsformasies ens. Daarom was die res van die elemente beplan om te pas by die venue. Miskien dat Bosduifklip is werklik ʼn geheime paradys. Die potensiaal daar is oneindig. Dit is perfek vir somer troues en winter troues. Dit is vir paartjies wat hou van iets plas op die aarde, maar Bosduifklip kan wel opgedoen word vir ʼn meer stylvolle gevoel ook. Hier kan jy onder die sterre dans en eet soveel soos wat jy wil.

Dekor:
Ons wou aarde kleurskemas gebruik wat pas by Bosduifklip, dit moes sag op die oog wees, maar ook bietjie kleur hê sodat dit mooi uitstaan op die foto’s.
Ons het ook gebruik gemaak van gedroogte palm takke vir die boog, dit is mos nou baie in die mode. Samantha het dit so perfek bymekaar gesit met die ander blomme en elemente.

Kleurskema:
Ons wou sagte aarde kleure gebruik, met ʼn bietjie terracotta, mosterd en sagte pienk. Die pienk loper op die tafel was heel toevallig gebruik omdat ons nie ʼn ander een kon kry wat ons gesoek het nie. Samantha het dit saam gebring, en dit het toe eintlik perfek gewerk.


Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ek, Coba, het diensverskaffer gekies waarmee ek al voorheen gewerk het of wie se werk vir my goed is.
Samantha van Pretty in Stains het die vermoë om baie kreatief te wees. Sy kan sien watter kleure en teksture sal goed werk met ʼn sekere venue of prentjie.
Jenny wat die grimering gedoen het is ook van die omgewing, en sy is absoluut fantasties in wat sy doen!
Kathleen het die mooiste haarstuk gemaak, spesiaal vir die fotosessie.
Die paartjie, Willem en Sanel, is van die omgewing en daarom het ons gedink om hulle te vra om ons modelle te wees. Willem was saam met my op skool, daarom was hulle ook meer gemaklik met die idee om vir ons te ‘model’. ʼn Paar dae nadat ek vir Willem gevra het of hulle ons modelle te wees het hy en Sanel verloof geraak. So dit was sommer ʼn lekker oefenlopie vir hulle voor die kamera en in trou uitrustings 😉


Agter die skerms van die fotosessie:
Die fotosessie het perfek afgeloop, en die dekor elemente het eer asemrowend gelyk as wat ons verwag het. Al wat gepla het was so bietjie wind, maar dit kry ons nie onder nie. Almal het hulle natuurlik ‘dik geëet’ aan Aletta, van Bosduifklip, se peuselhappies.

Trourok en bruidegom pak:
Didi van Didi Couture het die 2 mooiste rokke gegee en het vir Sanel perfek gepas. Ek en Didi stap al ʼn pad saam en sy is enige bruid se droom rok ontwerper.
Vir die rokke wou ons iets hê wat pas by die venue, so nie ʼn rok met ʼn vreeslike lang sleep nie. Iets wat ʼn bruid gemaklik in voel en lyk. ʼn rok waarmee sy kan klim oor klippe as sy moet.
Weddings Bells Suit Hire se pakkie het perfek ingepas by die gevoel van die fotosessie. Die swart pak met bruin detail het ʼn stylvolle element bygesit tot die gevoel.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Om hierdie einde resultaat te kan doen speel die venue en dekor ʼn groot rol. So kry iemand wat die dekor sal doen op ʼn manier wat die venue se unieke eienskappe uitbeeld.

- Venue + Troukoek: Bosduifklip Restaurant
- Fotograaf + Videograaf: Coba Photography
- Blomme + Skryfbehoeftes: Pretty in Stains
- Bruidegom-pak: Wedding Bells Suit Hire
- Dekor: Pretty in Stains en Muse Decor Hire
- Grimering + Hare: Jenny Laubscher
- Juweliersware: Kathleen Barry
- Trourok: Didi Couture
- Leer Skoene: Bummel Shoes
- Modelle: Willem en Sanel

