Philip & Janet se oulike Boho-sjiek troudag

Ons deel Philip en Janet se oulike Boho-sjiek troudag met Mooi Troues se lesers.  Die troue het so baie oulike selfdoen elemente waarvan ons hier by Mooi Troues hou.

Ons hou baie van Janet se pragtige trourok met soveel detail op,  asook die vloeiende rokke van die strooimeisies.  Die baadjies wat oor hulle almal se skouers hang is ook ʼn oulike manier om seker te maak niemand kry koud nie.

Hulle trou venue het ʼn Industriële Franse gevoel tot dit.  Daarom die Boho-sjiek tema vir hul troudag.  Die rou baksteen mure, höe dak en die rou hout tafels is ʼn wen kombinasie.  Janet wou baie blomme hê, omdat sy gek is oor blomme.  Die proteas wat definitief ʼn rol in die tema van hul troudag gespeel het is prentjie mooi.  Ons is self mal oor proteas.  So ʼn pragtige blom wat reg deur die troue gebruik was.  Van Janet se ryker tot in op die tafel.

Vir hul wittebrood het hul ʼn dag in Bali spandeer en daarna di res van hul wittebrood in Gili Trawangan.   Dit klink vir ons na die perfekte wittebrood!  Rolf af om meer te sien en lees oor Philip & Janet se oulike Boho-sjiek troudag.

bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready v bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Philp het in dieselfde jaar 2009-2010 ons oorbruggingsjaar na skool gedoen.  Ons het mekaar nie regtig geken nie want ons was in verskillende provinsies gewees.  Dit het eers 3 jaar later gebeur toe n vriendskaplike vriend ons aan mekaar voorgestel het.

Daarna het ons saam op jeugkampe begin werk en mekaar beter leer ken.  Janet het uiteindelik moed bymekaar geskraap om Philp te vra om haar te vergesel na ʼn funksie by die universiteit in Potchefstroom waar sy studeer het.  Hy het ja gesê en soos die gesegde gaan “ Die res is geskiedenis”.

Ons het verloof geraak in die romantiese stad, Parys in Frankryk.  Ons was saam met Philp se gesin met vakansie in Frankryk gewees.  Twee dae na Kersfees het ek en Philp ʼn geleentheid gehad om alleen tyd te spandeer in die mooie stad.

Die spesifieke aand het ons besluit om na die Eiffel Toring te gaan kyk met al sy baie liggies.  Terwyl Janet ewe opgewonde ʼn foto neem van die Eiffel Toring het, het Philp agter haar op sy knieë gegaan.  Hy het gewag dat sy omdraai om na hom te kyk sodat hy haar kan vra om met hom te trou.

groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen groom and groomsmen

Die Verlowing Tydperk:


Ek en Philp het sewe jaar uitgegaan en mekaar leer ken voordat ons verloof geraak het.  Ons was net 8 maande verloof voordat ons getroud is.  Ek en Philp het ons eie troue beplan.  ʼn Troue kan baie stresvol wees.  Daarom moet alles goed deurdink word en deurgepraat word.  Dit moet ook in jou dagboek neergeskryf word, sodat julle albei kan kop hou en by bly met al die beplanning wat daarmee gepaard gaan.  Baie van ons dekor elemente het ons self gemaak en ook met hulp van vriende en familie.

Ever Be Wedding and Function Venue se koördineerder Claudette Jacobs het ongelooflike waardevolle advies en idees gegee.  Insluitende hoe ons ,ons drome kon laat waar word .  Sy het ook gehelp om seker te maak dat alles tot in die kleinste detail in plek was op ons groot dag soos ons dit beplan het.

vwedding ceremonywedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremonywedding ceremony

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:

Geniet julle tyd van beplanning.  Jy kan nie te vroeg begin beplan nie.  Ek het gevind vir my het dit baie gehelp om al my idees neer te skryf en ʼn stemmings bord te skep op Pinterest, waarmee ek dan na verskeie verskaffers met my idees gegaan het.  Ongelukkig skep mense hulle eie prentjie in hulle gedagtes, ongeag hoe goed jy jou idees beskryf.  Foto’s help vreeslik baie om almal op dieselfde bladsy te kry.

Onthou ook dat familie en vriende wat naby aan jou is baie graag wil deel wees van jou beplanning.  Hulle is net so opgewonde of dalk nog meer as wat jy is oor jou groot dag.

Moet asseblief nie alles probeer self doen nie, dit raak net te veel vir jou.  Kies een of twee vriendinne byvoorbeeld wat jou visie en drome verstaan en deel met hulle die werk en idees.  Ek het ook ʼn tyd skedule vooraf opgestel vir die groot dag en dit met almal gedeel wat betrokke sou wees op die groot dag.  Dit het alles ingesluit vandat die venue begin regmaak, die kos ,blomme ens. totdat ek in die kerk paadjie afgestap het, tot en met die laaste dans van die aand.  Dit het baie gehelp omdat almal geweet het wat van hulle verwag word sodat alles betyds reg was.

Bruidegom:

Jy sal hoor baie mense se “laat die bruid die keuses maak” maar dit help baie om saam besluite te maak en dat daardeur albei voel julle het n bydra gelewer en gelukkig is met die keuses wat gemaak is.  Die troue is net so goed soos die span mense wat jy rondom jou het, so maak seker jy wys foto’s van presies hoe jy dinge wil hê.  Gee ook spasie vir ander se insette, want baie keer het hulle idees waaraan jy nie gedink het nie.  My vrou was fantasties om ʼn tydraamwerk op te stel sodat almal wat betrokke was geweet het wanneer gebeur wat, en wie daarvoor verantwoordelik is.  Dit maak die troudag minder stresvol en help dat die beplanning vlot verloop op die groot dag.

wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony wedding ceremony

Merkwaardigste Oomblikke:


Bruid:

My pa het saam met my die paadjie afgestap en my skoonpa het ons getrou. Toe ons voor in die kerk kom en ek kyk op, wás al drie die manne in my lewe se oë rooi gehuil as myne!  Die oomblik toe ek vir Philp sien was ek oorweldig met die gevoel van liefde vir hom ,opgewonde oor ons toekoms saam en ook bewus van die feit dat ons groot dag uiteindelik aangebreek het!  Dit was ook wonderlik om te weet al my familie en vriende is hier om die dag saam te vier!

Bruidegom:

My wens was nog altyd gewees dat my pa my kon trou, en ek is baie dankbaar dat hierdie wens kon waar word.  ʼn Oomblik in tyd wat vir my uit gestaan het was die oomblik toe die musikante op die fluit en Klavier die musiek speel waarop Janet ingestap het.

Daardie oomblik raak baie vinnig baie groot!  Om Janet die eerste keer die dag in die kerk te sien was soos om die son te sien opkom, of soos om na die oop sterre hemel te kyk, dis so mooi maar so moeilik om te beskryf!  Jou oë probeer in ʼn oogwink alles vas te vang en jou brein probeer met mag om alles in te neem!

wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos

Finansiële Aspekte:


Begroting in jou beplanning voel later soos ʼn vloekwoord!  Elke bruid wil haar sprokie mooie troue hê, en elke bruidegom probeer net spaar vir die lewe wat nog voorlê of vir die heerlike wittebrood wat kom!!  Die begroting was baie belangrik vir ons omdat ons nie skuld wou aangaan vir die troue nie.  Ons was baie bevoorreg dat die Here ons geseën het met mense wat ons weer finansieel geseën en gehelp het soos dit in hulle harte gespreek het.

Ons het ook ʼn wonderlike geskenk ontvang van die paartjie wat die aand voor ons getrou het.  Hulle het al die blomme wat hulle as blomme plafon gebruik het net so vir ons gelos!

Dit was ongelooflik hoe ons begroting uit gewerk het.  Ons begroting was R100,000 gewees.  Dit was nie n maklike taak om by die begroting te bly nie en ons moes mekaar ook maar gedurig daaraan herinner het.  Ek en Philip het moeite gedoen om rond te soek vir beter pryse, en het ook geleer dat die eerste en mooiste aanbod nie altyd die beste is nie.

Terwyl ons die begroting opgestel het saam besluit oor wat die belangrikste aspekte vir ons is en daarby gehou.  Ons het 120 gaste onthaal van uit Australië, VSA , Namibië en ook hier uit die mooie Suid Afrika om ons blye dag saam met ons te deel.  Die advies wat ek kan deel met enige paartjie wat gaan trou is om te besluit wat belangrik is vir hulle en waarop hulle geld wil spandeer.

wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ons was baie geseënd in die sin dat alles wat ons gedink het nie perfek was nie.  Op die ou einde het alles perfek uitgedraai.  As ons iets kon verander, sou ons graag die seremonie wou laat afneem het.  Ons het besluit om nie ʼn videograaf te huur nie, maar wou wel vir een van ons vriende vra om die seremonie af te neem.  Die enigste probleem was dat ons vergeet het om te vra.

Ons het wel gebruik gemaak van “The Guest”, ʼn toestel wat vrylik beskikbaar is, waarop almal se foto’s van die dag gedeel word.  Dit het beteken dat ons die volgende dag rustig na al ons gaste se foto’s en video’s kon kyk, maar ongelukkig het niemand afgeneem wat gepreek was nie.

wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos wedding photos

Paartjie se styl:


My ring was ontwerp in geheimhouding deur Philp en sy Tannie.  Dis ‘n roos goue pand met ‘n peer vorminge diamant in die middel en drie kleiner diamante aan elke kant van die peer vorminge diamant.  My trou pand is ook roos goud met ʼn U vorm in die middel om by die peervormige diamant in te pas.

Ek het in my droom rok getrou!  My ma het my gehelp om my rok te kies, sy het my gemaklik laat voel in elke rok wat ek aangepas het (maak nie saak hoe dit gelyk het nie) maar toe ek die trane in haar oë sien het ek geweet dis my rok.

Dit was formeel met ʼn oop rug en met kant bedek.  Dit was laag af gesny aan my sye wat met materiaal en kant bedek is in die vorm van ‘n blaar. Die rok het my soos ʼn Prinses laat lyk en voel!  My rok het ʼn bypassende skouer-bedekking gehad wat spesiaal vir my gemaak is om by my rok te pas en wat ek kon dra as dit koel raak gedurende die dag of aand.

Philp het ʼn houtskool kleur pak gedra met ʼn stof-rooi onderbaadjie wat in ons trou kleure vasgevang is.  Philp se ring is swart titanium met ʼn roosgoud lyn wat reg rondom die ring gaan.

wedding photos wedding photos wedding photos

Venue & Dekor:


Ek is mal oor enige iets Boho-sjiek en wou dus blomme oral hê!  Die blomme plafon wat ons die oggend van ons troue as geskenk ontvang het, het my blomme drome laat waar word.  Ons venue het ʼn baie sterk Franse industriële styl gehad.  Daarom het ons besluit om ons boho – sjiek te laat insmelt met die Franse industriële styl van die venue .

Al die blomme in die kerk was in drie sirkels gedoen om ook ons geloof in die Drie Enige God uit te beeld.  Ons het die blomme wat in die kerk was ook gebruik in die onthaal saal, waar dit baie mooi in ons tema gepas het.  Ons blomme op die tafels en in die kerk was proteas en fynbos.  Die proteas was die middelpunt van die ruikers op die tafels.

industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding

Die Besluitnemingsproses:


Ons familie en vriende was baie betrokke met idees en voorstelle.  Ek en Philip het saam die finale besluit geneem.  Daar was aspekte wat vir my meer belangrik was, en daar was ander aspekte wat vir Philip meer belangrik was.  In hierdie situasies het die een waarvoor dit die meeste beteken het, die finale besluit geneem.

Dit was bv. vir Philip baie belangrik dat sy pa ons moes trou.  Dat die toesprake minimaal moes wees.  En dat ons ʼn venue kies wat die stoel oortreksels gebruik nie. Philip is mal oor hout, en wou dus ook nie ons hout tafels heeltemal met lap bedek nie.

Vir my was die details en dekor baie belangrik.  Alles moes saam pas om die groot prentjie te vorm.  Dit was vir ons albei baie belangrik dat ons familie en vriende wel deel vorm van die troue.  Dus het van hulle gehelp met voorbereidings, dekor, beplanning en van ons familie lede het selfs ons hele seremonie met klavier en fluit begelei.

industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic weddingindustrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding industrial chic wedding

Gunsteling Diensverskaffers:


Dis ʼn baie moeilike vraag om te beantwoord.

Venue:

Ons venue was altyd bereid om ons te help as ons iets wou weet of iets wou sien op die venue.  Claudette Jacobs van Everbe was ongelooflik!  Sy was nie net ons koördineerder vir die troue nie, maar het ook vir ons ʼn vriendin geraak waarmee ons ʼn jaar later nogsteeds kontak het!

My tannie (Marietjie Normund- Van Wyk) het so ʼn groot rol gespeel in die beplanning en dekor! Sy is ʼn rots en staatmaker vir enige bruid wat gebruik maak van haar dienste!

Fotograaf:

Ons fotograaf ( Alexis Muntz) het baie mooi geluister na wat ons graag wou hè.  Sy het ons as paartjie so mooi vas gevang en seker gemaak alles verloop presies op tyd!.  Alexis het vir Philip baie gemaklik laat voel voor ʼn kamera (wat nie baie maklik is nie).  Ons was baie dankbaar vir haar.

Platejoggie:

Vir die platejoggie,  Niel van Sonic State Productions kon ons eerlik vir hom sê van watter musiek ons glad nie hou nie.  Hy het op een of ander manier seker gemaak dat dit nie die aand gespeel word nie, ongeag van liedjie versoeke.  My pa was siek op die dag van ons troue.  Niel het ons pa en dogter musiek korter gemaak sodat my pa nie te veel hoef te dans nie.  Hy het ons idees vir verskeie tye van die dag so mooi vas gevang, ons het selfs gewens ons was gaste op ons eie troue om na die lekker musiek te luister gedurende die vingerhappies!

wedding celebrations wedding celebrations

Vermaak:


Ons het familie en vriende gehad wat klavier en fluit gespeel het, voor en gedurende ons seremonie. Met vingerhappies en ons onthaal het ons gebruik gemaak van Sonic Sound.

wedding celebrationswedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations

Spesiale Tradisies:


Nee, ons het inteendeel van die tradisies uit gelos bv. die kousband en ruiker gooi tradisies, en dit vervang met ander speletjies.  Ons het ook besluit om ons kos weg te hou van die tradisionele trou kos, deur burgers, tjips, springmielies en spookasem te bedien.

wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations

Eerste Dans:


Ons is albei mal oor vas dans.  Daarom het ons nie vir dans klasse gegaan nie.  Die liedjie vir ons eerste dans, was ʼn liedjie wat ons persoonlikhede en storie vas gevang het: Perfect van Edd Sheeran.

Ons het daarna ook ʼn tweede liedjie gehad om amptelik die dansbaan te open, waarin ons gaste saam met ons begin dans het. Die tweede liedjie was:  Shut Up and Dance van Walk the Moon. Die rede vir hierdie keuse was eintlik meer nostalgies. Ons het by een van ons eerste mandjie dans aande op die liedjie gedans, en daarna spottend gesê dat dit eendag op ons troue sou speel.

wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations

Wittebrood:


Ons wou aanvanklik op ʼn Mediterreense vaart gegaan het, maar het vinnig agter gekom dat Augustus maand in Europa soos Desember in Suid Afrika is.  Dus het ons besluit om eerder na ʼn eiland bestemming te kyk.  Ons het na ʼn reisagent gegaan om te hoor wat nog beskikbaar is tydens Augustus maand.  Die reisagent het ʼn toer deur Bali voorgestel, maar Philip het versoek dat ons eerder op een plek bly, en daarom het ons besluit om net ʼn dag in Bali te spandeer en die res van die tyd op Gili Trawangan te spandeer.  Gilli Trawangan  is een van drie eilande tussen Bali en Lombok.

Bekostigbaar en idillies:

Dis bekostigbaar en idillies.  Ek het aangesteek by vriende met ʼn maag griep, wat ook die dag was wat ons vertrek het op wittebrood.  Dit het beteken dat ek sou siek word op die vliegtuig en niks kon eet of drink vir die hele 13 uur vlug nie.  Nadat ons in Bali aangekom het, was ek darem al baie beter.  Ons het nie besef hoeveel stres die trou beplanning was totdat ons op wittebrood was nie.  Ons het dus toe besluit om saam die see skilpaaie te gaan snorkel en die eiland te verken.

Daar is geen petrol verbruik op die eiland anders as die vullis trokkie nie.  Jou opsies vir vervoer is ʼn perde karretjie, ʼn fiets of jou voete.  Ons het dit baie geniet om die eiland te verken met fietsies, en het ook die onderwater standbeelde gaan verken naby Gili Meno. Ek dink as ons ʼn keuse gehad het, was ons nou nog daar.

wedding celebrations wedding celebrations