Ons gebruik Thoclor GF2 vir ʼn paar weke nou en deel met ons lesers die resensie. Ons glo dat toekomstige bruide, as sowel bruidegomme, baat sal vind uit dié besonderse produk. Thoclor GF2 stop inflammasie effektief! Wanneer jy die mis oor jou gesig spuit voel jy sommer die verfrissende gevoel van die produk. Hierdie ongelooflike produk van die plaaslike vel- en liggaam versorging handelsmerk, Thoclor Labs, sal jou verstom. Thoclor GF2 stop nie net inflammasie nie en doen veel meer as net dit vir jou vel.
Die produk is maklik om te gebruik en die botteltjie is perfek om in jou reis sak te pas. Dit is ʼn mis spuit wat jy sprei oor jou gesig en nek. Thoclor GF2 is die perfekte geskenk vir enige toekomstige bruid of bruidegom. Toekomstige bruide of bruidegom is so besig om hul troue te beplan, dat hul vergeet van hul velsorg roetine. Mens besef nie al dag hoe baie bakterieë met op mens se vel kry nie. Daarom is dit belangrik om Thoclor GF2 te gebruik om jou vel skoon te hou. Lees meer oor die besonderse produk hieronder en hoe jy dit moet gebruik.
Vir meer skoonheid advies, klik hier vir nog vele artikels op Mooi Troues.
Primêre oorsaak van veroudering:
Die primêre oorsaak van veroudering van die vel is subkliniese ontsteking. Navorsing het dit direk gekoppel aan omgewingsfaktore. Soos blootstelling aan UV, besoedeling, gifstowwe in vel produkte en as gevolg van swak lewenstyl gewoontes. Die verouderings proses veroorsaak veranderinge in die kosmetiese voorkoms van die vel, wat verskyn as veranderinge in die struktuur en funksie van die vel gebeur.
Dit behels beide die epidermis en die dermis. Die voorafbepaalde tempo waarteen u vel verouder, staan bekend as intrinsieke veroudering en is verantwoordelik vir 20%. Ekstrinsieke veroudering as gevolg van omgewingskade is verantwoordelik vir 80% van die veranderinge. Dit is wetenskaplik bewys dat hipo-chloorsuur, soos in ons GF2-produk, hierdie ontsteking omkeer en die gene wat verantwoordelik is vir inflammasie, veroudering en siektes, “afskakel”.
Hoe om Thoclor Labs GF2 te gebruik:
Thoclor Labs het ʼn video gemaak wat vir jou stap vir stap verduidelik hoe om hul produk te gebruik. Kyk na die video hieronder:
Die GF2-effek op jou vel:
GF2 stimuleer die ommekeer van die omgewingskade op die vel, wat u ware verjonging met deurlopende gebruik gee. As gevolg van sy antie-bakteriële en anti-inflammatoriese effek, is GF2 ook voordelig vir die behandeling van aknee, rosacea en koorsblare. Die antibakteriese, antivirale en swam werende eienskappe van GF2 oortref verreweg enige bekende ontsmettingsmiddels en is heeltemal veilig om te gebruik. Die anti-inflammatoriese werking is ook baie effektief om sonbrand te verlig.
Artikel Krediet:
- Artikel feite verskaf deur: Jack and Jill Communications
- Foto’s verskaf deur: Jack and Jill Communications
- Resensie foto’s: Vorsprung Studio