By Mooi Troues deel ons Braam en Anzche se prettige selfdoentroue by ล pragtige venue in Pretoria met ons lesers. Hulle wou ล troue hรช waar al hul gaste, van jonk tot oud, welkom voel. Dit is presies wat Anzche en Braam se troue was, ล prettige troue omring deur familie en vriende.
Ons is mal oor Anzche se pragtige trourok met soveel detail. Sy het so mooi aan Braam se sy gelyk met sy vlootblou pak. Dan was daar die strooimeisies en hulle pragtige blom-patroon rokke. Alles het net so mooi bymekaar ingepas.
As vermaak het die paartjie vioolspelers en ล fotohokkie gehad vir hul gaste. Daar is net iets so mooi daaraan as iemand ล instrument speel by ล troue. Die sagte klanke van ล viool is so mooi en gee dit ล rustige gevoel. ล Fotohokkie bied altyd tonne pret vir gaste asook die paartjie. Dit is ook ล goeie manier om jou gaste besig te hou terwyl die paartjie besig is met hul fotosessie.
Laaste, maar nie die minste nie. Braam en Anzche het op Mauritius besluit vir hul wittebrood. Baie Suid-Afrikaanse paartjies reis na Mauritius vir hul wittebrood. Dit is maklik om na te reis en jy word weggevat van die wรชreld se gejaag. Geniet turkooisblou strande met ล heerlike skemerkelkie in die hand. Daar is ook baie aktiwiteite op die eiland beskikbaar, so jy sal verseker tonne vermaak hรช. Onthou om ook te rus en julle eerste wegbreek as getroude paartjie te geniet.
As jy besig is om jou troue te beplan, besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese diensverskaffers. Geniet Anzche en Braam se prettige selfdoentroue hieronder.
Paartjie se Liefdesreis:
Oorspronklik was ons kennisse wat skraps van mekaar geweet het. Later het gemeenskaplike vriende ons per toeval aanmekaar voorgestel en op 17 Oktober 2017 het ons sprokiesverhaal met ล dood onskuldige dans begin. ล Aand waarna ek en hy albei opgesien het, het in die beste aand van ons lewens verander. Van een liedjie tot die volgende. Tot op hede het daar nog nie een dag verby gegaan wat ons nie in kontak met mekaar was nie. Hy het vinnig die rots geword, wat ek altyd op kan steun. Braam het op 30 November 2017 my gevra om met hom te kuis. Ons was vir ล jaar en 3 maande ล paartjie toe hy my op die mees oorspronklike manier gevra het om sy vrou te wees. 17 Februarie 2019 het ons wรชrelde saamgesmelt.
Toe kom Valentyndsdag:
Om mee te begin, is ons nie juis die GROOT op VALENTYNSDAG nie, ons glo dat elke dag spesiaal moet wees. In 2019 was daar ล uitsondering gemaak, of altans dit was die verskoning. Braam het aangedring dat ons op Sondag 17 Februarie 2019 iets moet doen. Wat, waar en wanneer dit was, was heeltemal onbekend vir my.
Hy het Vrydag die ring by Poggenpoel in Pretoria opgetel en dit direk by my pa afgelewer, hy was glo bang ek vind dit by sy huis. Die ring het sonder my kennis vir twee aande slegs ล paar meters van my af geslaap.
Afspraak by ล onbekende plek:
Wat om aan te trek was ล storie, en vir die eerste keer het ek geen hulp van my ma, of van hom af gekry nie. Ek was heeltemal in die donker gelaat. Vroeg Sondag is ons op pad na die โonbekende afspraak by ล onbekende plekโ. Ek het probeer om elke teiken of bekende voorwerp te gebruik om ons eindbestemming te bepaal, en was ek nie in my skik toe ek dink ek is 100% reg nie. Kom ons se maar net ek was ver verkeerd. Ons was Harties toe โฆ Die Elephant Sanctuary.
Met ons aankoms, het hy die rekening betaal, en met die knip van ล oog glo my ring (Wel toe nog nie amptelik my ring nie), aan die dame gegee vol vertroue dat sy bewus is van wat die volgende paar ure gaan gebeur.
Ongelooflike ervaring:
Dit was ล ongelooflike ervaring, van saam olifante stap, hulle borsel en taai, nat soene kry. Die gids het gevra dat ons asb moet agter bly, want Ollie het vir ons ล spesiale verassing, my grootste vrees was dat ek nou op hierdie Olifant met ล rokkie moet klim. Gelukkig nie!! Ons moes voor Ollie staan vir ล foto en daarna verduidelik die gids dat ons moet omdraai sodat Ollie vir my iets kan gee, en daar was dit op die vloer, my ring boksie. Ollie het dit met sy slurp opgetel en die boksie in my hand gesit. Trane het gevloei, toe ek omdraai was Braam reeds op sy knie, โSal jy my die gelukkigste maak en met my trouโ. Braam het alles self beplan en die ring self gekies.
Dit was by vere die tweede beste dag van ons albei se lewens!
Die Verlowing Tydperk:
Ons was verloof vir 1 jaar en 2.5 weke.
Finansiรซle Aspekte:
Natuurlik het ons ล begroting gehad, maar om eerlik te wees โฆ is dit baie moeilik om by ล begroting te hou. Daar is soveel klein goedjies waarvan mens vergeet wanneer jy besluit op ล begroting. Ons was bevoorreg om ouers te hรช, wat grootliks die hele troue gedek het, alhoewel ons steeds bo die begroting geรซindig het.
Ons het in totaal 115 gaste gehad. Dit was die perfekte hoeveelheid.
As ons advies vir ander paartjies daar buite sal gee, is dit om alles eers te ondersoek, vergelyk pryse met mekaar en soek die beste een wat jou sak pas. Hou jou begroting in gedagte, maar weet ook wat jy rerig by jou troue wil hรช en wat jy rerig wil doen. Besluit wat vir jou belangrik is en doen dit. Onthou ook dat daar klein goedjies gaan wees, en dit is wat jou 99% van die tyd oor jou begroting gaan stoot.
Dit is belangrik om julle dag so spesiaal moontlik te maak, maar dit is ook nie noodwendig nodig om skuld te maak, wat soos ล wolk op julle nuwe huwelik gaan hang nie.
Merkwaardigste Oomblikke:
Braam โ Toe ek Anzche vir die eerste keer in haar trourok gesien het by die kerk. Dit was ล gevoel wat ek nie in woorde kan beskryf nie, sy was net perfek.
Anzche โ Dit is so moeilik om te besluit watter oomblikke rerig merkwaardig was. Ek moet saamstem, toe die trou klokke lui en die troumars begin, was daar net ล gevoel van my sprokiesverhaal begin nou.
Daar was ook oomblikke soos, toe ons familie op ล besonderse liedjie in die kerk instap, toe ek en my pa vir 20 meter reeds in die padjie afstap, waar ons alleen is.
Die oomblik wat ek Braam daarvoor sien staan het, toe hy sy toespraak in die kerk lewer. Om tussen deur al ons vriende en familie te stap.
En laaste die feit dat ons die saal tyd verleng het, omrede ons trou net so spesiaal was dat ons vriende en familie net nog meer saam ons wou deel.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het albei se ouers betrek by ons besluite. Ons het op die einde saam as paartjie besluit, en Anzche het die finale reรซlings getref.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is so moeilik om ล keuse te maak, ek sal elke liewe een van ons diensverskaffers aanbeveel, van die spyseniers, die kos was net ongelooflik, tot die fotograaf wat ekstra tyd ingesit het en die platejoggie, wat gesorg het dat daar elke sekonde iemand op die dansvloer is.
Ons kroeg-verskaffers, was ongelooflik gewees, my grimeerkunstenaar het gebly tot heel laaste net om seker te maak alles is reg. Die dekor vrou was al voor sonsopkoms daar, en het definitief die ekstra myl gestap. Die venue was besonders en het soveel liefde vir ons gegee. Daar is niemand wat nie 100% gegee het om ons dag spesiaal te maak nie.
Spesiale Tradisies:
Ons het ล nuwe tradisie begin, dat die boeties en hulle metgeselle en Braam se ouers sowel as my ma, op ล mooi gedig by die kerk instap voor die strooimeisies se liedjie begin.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Braam
Luister altyd na jou bruid, en wees betrokke in die besluitneming, alhoewel sy dit nie sal se nie, wil sy graag jou opinie hรช. Geniet elke oomblik, dit gebeur net eenkeer.
Anzche
Dit is jou spesiale dag, moenie toelaat dat enige iemand dit vir jou belemmer nie, al persoon oor wie jy moet bekommer is jou aanstaande man. Dit is die enigste dag wat jy eintlik selfsugtig mag wees. Neem elke sekonde in, en kies strooimeisies wat langs jou sal staan deur dik en dun. Wat vir my lekker was, is dat ons albei ouerpare betrek het, doen dit! Dit is vir elke ouer lekker om deel van die dag te wees. My ma en skoonma het die hele dag saam my spandeer en daarvoor is ek baie dankbaar.
Wittebrood:
Ons het op Mauritius besluit omdat dit gerieflik naby is, en dat ons soveel moontlik tyd daar kan spandeer. Dit het pragtige strande en die โallesomvattende pakketโ het perfek vir ons gewerk. Ons was bevoordeel om net voor grendeltyd te trou en ons kon ten volle ons wittebrood geniet. Mauritius is ล eiland wat ongelooflik baie bied, van fietsry tot parasailing en onder water stap. Ons het met publieke vervoer van die een punt van die eiland tot die heel ander kant gereis. Ons kan op ล katamaran uitgaan en het die mooiste waterval en visse gesien.
Venue & Dekor:
Ons het ล venue gesoek wat ons albei se persoonlikhede uitbeeld, asook ล plek wat mooi, en gemaklik is. Ons het ล gevoel gesoek, waar ons gaste op hulle gemak sal wees, en uitsien om die dag ten volle saam ons te geniet.
Die venue was oop en vry, dit het ล idee van Vryheid geskep waar almal met mekaar kan kommunikeer, van klein na groot, oud en jonk, roker en nie rokers, almal saam.
Eerste Dans:
Ons trou liedjie was van Bobby van Jaarsveld โAllesโ die woorde van die liedjie beskryf ons liefdesverhaal. Ons het geen danslesse geneem nie, ons hou baie van dans en was gemaklik om net te dans.
- Blomme & Dekor: Hettaโs Dรฉcor
- Venue: Mooiplaatsie Country Estate
- Kroeg, wyn en sjampanje: Livingstones Cafรฉ
- Trourok: Marilize Brand
- Pakke: Parktownstores
- Strooimeisie rokke: Sarahlee Haywood Atelier
- Dasse: JCclick
- Spyseniering: Just Alex
- Drukwerk: Fraai
- Troukoek: Adrรจ Bruinette
- Fotograaf: Fern Green Photography
- Platejoggie: MJ Productions
- Grimering: UniQ Make-Up/Training
- Hare: SD & Co Beauty Semielle Burger
- Pastoor: Mario Steyn
- Bruid se Bykomstighede: Pebbles
- Bruid se Trouring: Lumen By Poggenpoel Diamonds
- Bruidegom se Trouring: Touchwood
- Bruid en gevolg se japonne: Rangi Yetu, Marlize Beukes
- Gevolg se geskenkies: Koester