Wicus & Liesl se groen & rooi buitelug troue

Hoe rooier, hoe mooier was regtig die geval in Wicus en Liesl se pragtige groen en rooi buitelug troue.  Hierdie paartjie het ล‰ beperkte begroting in ล‰ prentjiemooi droomdag verander.  Liesl het hulle finansies fyn dopgehou en seker gemaak dat hulle in die begroting bly.  Haar noukeurige keuse van diensverskaffers het ook bygedra tot die sukses van hul troudag.

Rol af en geniet die groen en rooi buitelug troue.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 3 November 2019 getrou.  Ek (Liesl) was 28 en Wicus was 32 jaar oud.

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Nie een van ons kan presies onthou hoe ons mekaar ontmoet het nie.  Wicus het wel ล‰ hele rukkie (4 jaar) probeer om my aandag te kry totdat ek uiteindelik ingegee het.  Ons het ล‰ pragtige babaseuntjie gekry en daarna het hy my in Knysna gevra om te trou.

Vertel ons meer van jul ringe.


Wicus het my een dag gevra watter ring ek graag sal wil hรช.  Ek het egter geweet ek sal nie tรฉ oorbodig kan gaan nie.  Ek sou tevrede wees met enige iets โ€“ ล‰ ring is immers nie waarom mens trou nie.  Wicus het my toe vertel dat sy ma graag haar vorige trouring vir my wil gee.  Dit was vir my die grootste en spesiaalste geskenk.  In vandag se tyd gebeur dit so min dat ringe na die volgende geslag aangegee word.

Wicus het ล‰ ring gekry wat by sy horlosie pas.  Hy is nie een vir juwele nie, so hy probeer nou nog aan die ring gewoond raak!

Wat was die merkwaardigste oomblik van diรฉ dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons seuntjie, Zayden, is op ons troudag gedoop.  Dit was vir ons baie spesiaal.

Ons hele troudag was sรณ spesiaal.  Ek kan nie enige oomblik bo ล‰ ander uitsonder nie.  Toe ek in die kerk afloop, ons eerste soen as ล‰ getroude paartjie, die instap by die venue, ons eerste dans โ€“ alles is sulke mooi herinneringe!

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het op Pinterest na verskillende ontwerpe van rokke gekyk.  Ek het op ล‰ prentjie van my perfekte droomrok afgekom en ล‰ kwotasie gekry om die rok te laat maak.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Wynand van der Merwe was ons fotograaf.  Ek het sy fotoโ€™s op Facebook gesien en wou niemand anders kry nie!  Ek is mal oor sy werk.

Tintype was ons videograaf.  Ek moes effens sny met kostes van die videograaf omdat ek sรณ graag vir Wynand as ons fotograaf wou hรช.  Hulle albei se werk was fantasties!  Ons trou video is besonders spesiaal en ons sal dit vir altyd koester.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Die venue vir ons buitelug troue was Tutuwedzo Lodge.  Ek het lank na ล‰ venue gesoek waar ons onthaal en seremonie buite kan wees.  Ons is nie groot op kook kos nie, so ons wou graag ons eie spyskaart kies.  Wicus se niggie het Tutuwedzo Lodge voorgestel.  Toe ek sien dis onder ล‰ boom was ek dadelik verlief op die venue!  Tutuwedzo Lodge het aan al my vereistes voldoen.

Ons het op rooi besluit vir die dekor omdat dit so mooi teen die groen van die venue uitstaan.  Die tafels was bedek met groen blare wat inmekaar gevleg is en oor die kante van die tafels hang.  Ons gunsteling blomme, rooi rose en wit lelies was tussenin gerangskik.  Ons groen en rooi buitelug troue het albei ons persoonlikhede perfek uitgebeeld.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Wicus se ma en pa het albei tot die kostes van ons troue bygedra.   Ek het ล‰ begroting opgetrek en gesorg dat alles binne die perke bly.  Indien ons in ล‰ sekere afdeling oor die begroting spandeer het, het ons op ล‰ ander plek weer gespaar.

Ons het 127 onthaal.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Die belangrike raad wat ons aan paartjies het is dat dat jy elke nou en dan ล‰ oomblik moet neem om alles waar te neem.  Die dag gaan regtig in ล‰ oogwink verby, so probeer om jouself in elke oomblik in te leef.

Doen moeite om die regte diensverskaffers op te spoor.  Trou groepe op Facebook het my baie gehelp om diensverskaffers te kry.

Maak seker daar is genoeg sakdoeke en sneesdoekies in die kerk.  Almal is maar geneig omล‰ traantjie op ล‰ troue te pik!

Vertel ons meer oor jul eerste dans.


Wicus het meer oor die eerste dans as oor sy toespraak gestres!  Ek kon al van jongs af dans, maar terwille van Wicus het ons vir dans klasse gegaan.  Make It Easy van Lloyd Cele was ons liedjie keuse.  Vandat ek hierdie liedjie vir die eerste keer gehoor het, het ek besluit ek gaan eendag my eerste dans daarop hรช.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Wicus het die planne vir ons wittebrood as ล‰ verassing vir my gehou.  Ek het egter geweet ons gaan baie lank vlieg!  Ons het Phuket in Thailand gaan besoek.  Ons het in Patong Merlin Hotel gebly.  Omdat ons seuntjie ook saamgekom het, het ek vir Wicus gesรช hy moet sy ouers saamnooi.  Dit was heerlik!  Ek sal enige tyd weer Phuket besoek.


    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy โ€˜n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: