Walter en Marnette se troudag was op โn plaas in die Breedevallei gevier omring met berge wat vir prentjie mooi fotoโs gesorg het. Hulle het ook die egte plaas gevoel implementeer om voor โn ou Land Rover te poseer. Marnette se ruiker en die venue se tafel dekor was opgemaak met sagte pastel kleurige blomme wat โn skoon en vars kontras teen die ruwe plaas atmosfeer gebied het. Die wit troukoek was ook versier met sagte pastel kleurige Makrolletjies. Blaai gerus deur Walter en Marnette se troufotoโs onder en geniet hul spesiale dag.
Wat was jul troudatum en hoe oud was julle albei op diรฉ dag?
14 April en Marnette was 24 en Walter 27
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Deur โn vriend van ons albei toe ek in die Kaap begin studeer het in 2012.
Vertel ons hoe het julle verloof geraak?
Ons moes blykbaar iets gaan aflaai het buite Durbanville. Walter het toe bo op โn bult met die mooiste uitsig gestop en my gevra om te kyk op my foon waar die oom bly en terwyl ek daarmee besig was, het hy uitgeklim en my gevra,op sy knieรซ natuurlik. Hy het geweet ek sou nie mense om my wou hรช as hy die vraag vra nie. Walter het gereรซl dat my ouers uit Vredendal Durbanville toe kom om die middag โn verassings-ete saam met ons te hรช.
Vertel ons meer oor jul ringe
My verloofring het Walter se ouma se diamant in wat dit baie spesiaal maak. My troupand is โhalf-ewigheid antieke stylโ. Alles wit goud.
Walter se ring is titanium wat lig is,en effektief vir mans.
Vertel ons meer oor die fotograaf.
Adele se fotos het dadelik ons aandag getrek deur net die feit dat sy die fotoโs natuurlik hou. Met ons verlowing fotosessie het Adele ons so gemaklik laat voel. Fotoโs neem is nou nie juis gemaklik vir almal nie. Adele is baie professioneel in wat sy doen en is dit baie duidelik in hoe sy fotoโs neem, dat sy weet wat sy doen en sy het โn oog vir wat โn mooi prentjie kan maak.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Die aand se verloop was perfek. Ek sou net graag wou hรช die mense moes van die trou koek eet. (Hulle het blykbaar nie geweet hulle mag daarvan eet nie)
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Toe ons mekaar die ringe gee, het die oomblik meer werklik gevoel. Walter se toespraak het almal geraak en was die hoogte punt van my aand.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Besluit hoe jy jou troue wil hรช. Nie hoe jy dink ander mense daarvan sal hou nie. Ons het besluit ons wil โn lekker kuier troue hรช, so ons het nie ons gaste laat voel asof daar n verloop van die aand is nie. Alles het net gevloei. Ons seremoniemeester het gesorg dat die mense weet waar gebeur wat.
Hoe het julle die venue gekies?
Ons wou sentraal trou, wat dit maklik maak vir die meeste van ons gaste- Robertson/Worcester. Ons het โn paar venues gekies en vir die naweek na dit gaan kyk. Die oomblik wat ons Bergland gesien het,het ons altwee daarvan gehou en net geweet ons sal graag by Bergland wil trou. Die venue is โn lekker kuier venue, pragtige badkamers, โn lekker kuier-stoep en โn groot grasperk waarop mens ook kan kuier of jou seremonie hรช, soos ons dit gehad het.
Wat was die inspirasie agter jul dekor?
Ons venue was die mooiste wit โdoekโ, so ek wou dit komplimenteer deur nie te uitspattig te gaan met blomme en versierings nie. Ek is mal oor die kleur pastel en blare en Walter hou baie van liggies. Ons het pastel kleur blomme, blare en liggies kombineer.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Om en by R140 000. Ons het besluit wat vir ons die belangrikste is en rondom dit begroot en gesny aan die minder belangrike dinge. Ons het boek gehou van alle uitgawes, asook die klein goedjies wat mens dink nie โn invloed het nie.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons was vir 10 dae Bali toe. โn Lekker eiland vakansie waar ons vir die eerste 3 dae net ontspan het na maande se beplanning en toe die res van die vakansie Bali verken.
- Ekstra inhuur van dekor: Goeters
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Bergland Venue
- Fotograaf: Adele Kloppers
- Platejoggie: DJ Eben
- Dekor en spyseniering: Wilinda Hanekom
- Grimering: Marle Boltman
- Ring boksie en alles van hout benodighede, drukwerk ens.: Bellas Laser Cutting and Printing
- Trourok: Leonie