Hierdie verlowings fotosessie loop oor van liefde en geluk tussen die paartjie. Attie en Shane wou โn ontspanne en vreugdevolle fotosessie gehad het wat ook die gevoel is wat hulle wil skep by hul troudag en het beslis dit reggekry. Die venues gee die gevoel dat jy โn blik kry op โn gewone dag vir die twee, niks te geposeer of onnatuurlik nie. Dis beslis inspirasie vir ander verloofdes wat nie hou van poseerde fotosessies nie en die fotoโs weer vir ander geleenthede wil gebruik.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het
Ons het in 2005 ontmoet en was vir 9 jaar eers vriende. Ons het eendag na mekaar gekyk en gevra: โHoekom nie?โ Vriendskap was die fondament waarop ons verhouding begin bou het en die grootste aantrekkingskrag vir ons verhouding, tot vandag toe, is om saam te lag (soos beste vriende). Verder bou ons ons verhouding met respek en eerlikheid en dit is baie belangrik vir albei van ons. Die groot geheim is om nie alles te ernstig op te neem nie en soos genoem, te lag.
Vertel ons meer van julle verlowing?
Op 29 Oktober 2016, โn dag voor Attie se vlug oorsee, het hy op sy knieรซ gegaan in ons half geboude huis en die groot vraag gevra. Hy sรช hy kon nie wag tot na die tyd nie. Dit was vroeg oggend en die wind het erg gewaai, ek is nie โn oggend mens nie, maar Attie het my verras deur meubels in die huis te sit en toe ek om die draai kom was hy op sy een knie, daar was seker โn duisend 7 โ jaartjies wat in die wind rond gevlieg het, en die son was besig om op te kom. Dit was perfek.
Wat was die inspirasie vir jul fotosessie gewees?
Ons wou โn fotosessie gehad het waar ons lag, en net โn lekker dag saam het voor die kamera. Gelukkig kon ons Landi kry om die dag af te neem en dit was baie natuurlik, gemaklik en mooi. Ons het na Kaapstad toe gery en die fotosessie het begin by Truth Coffee en daarna is ons Waterfront toe. Die idee wat ons gehad het oor hoe ons wou hรช die fotos moes lyk, was oortref gewees. Dit was โn baie lekker dag gewees.
Vertel ons wat is jul droom troue?
Ons droom troue moet โn dag wees waar ons ons huwelik bevestig met al ons familie en vriende as getuies, gemaklik en nie te styf nie. Dit moet vir almal lekker wees en net โn dag wees vol vreugde. Ons gaan op Barrydale trou, โn klein dorpie, maar die rede vir dit is ons wil dit intiem hou, nie noodwendig klein nie.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Landi Groenewald van Organictales Photography
- Venue: Truth Coffee en V&A Waterfront
- Trouring: Van Nierop Jewellers