Sy liefde vir die see was ‘n goeie beginsel vir die tema van Dirk en Anina se strand troue wat op ‘n mooi strand in die Oos-Kaap gehou was. Talentvolle diensverskaffers van Port Elizabeth en Jeffreysbaai het by gedra om Dirk en Anina se groot dag die begin van hul avontuur saam te maak.
In die fotos sien ons ‘n lighuis en dit is vir ons by Mooi Troues simbolies dat daar gedurende die donker en stormagtige dae altyd lig op Dirk en Anina se huwelik sal skyn.
Beplan jy ‘n strand troue langs die see dan is die publikasie net vir jou vol inspirasie.
Hoe het julle ontmoet?
Ek en Dirk het vier jaar terug ontmoet tydens die Desembervakansie op Kaap St. Francis se strand. Dirk het die dag ‘n vis gevang en my hele gesin genooi vir aandete. Ons was baie beïndruk deur sy kook vernuf. Ek en Dirk het nommers uitgeruil en na talle oproepe en kuiers is ons na vier jaar getroud.
Dirk se lewenslus is beslis een van die eienskappe wat my na hom aangetrek het. Hy probeer altyd die lewe in een dag inpas. Hy is ‘n man van sy woord en het die taktvolle vermoë om mense tot aksie te oorreed – en daarom het hy die hele troue uitstekend gereël.
Inspirasie vir die tema van die troue?
Die tema van ons troue was eenvoud, sonder tierlantyntjies met die klem om lekker kuier saam met die gaste. Ons trou venue was by die pragtige St. Francis Links gholfbaan met uiters vaardige personeel wat die reëlings getref het. Dirk is verknog aan die see en daarom het ons uitnodigingskaartjie en trou program elemente van die see-tema bevat. Kerse op die tafels en feetjie liggies aan die plafon het ‘n gesellige atmosfeer geskep.
Vertel ons van jul wittebrood
Ons was Mafia eiland toe, noord van Zanzibar. Ons het by ‘n duik oord gebly en elke dag in die mooiste turkooise see gaan skuba. Ons het elke dag die mooiste koraalriwwe gesien met duisende visse, dit het gevoel soos iets uit National Geographic. Ons wittebrood was ‘n belewenis, ‘n avontuur!
Raad aan ander paartjies:
Kies ‘n venue met betroubare en bekwame personeel wat alles vir jou kan doen sodat jy sorgvry die troudag kan geniet. Stel ‘n tydskedule saam met die fotograaf op vir die dag – veral met fyn beplanning vir die fotos neem na die seremonie sodat alle familielede op die fotos verskyn en gaste nie te lank wag nie. Ons fotograaf was uitstekend en het ons altyd gemaklik en rustig laat voel.
Onthou dat die “belangrike” dag nie net om die bruid draai nie, maar verskuif eerder jou fokus na die familie en vriende was spesiaal vir jou troue op gedaag het. Maak tyd om by elke gas uit te kom en opreg dankie te sê.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shaula Greyvenstein photography
- Rok: Lorette Designs van Port Elizabeth
- Pak: Heinz in Style van Port Elizabeth
- Onthaal: Links St Francis Gholfbaan
- Blomme en dekor: Must Love Flowers in Jeffreys Baai
- Musiek: Joe van der Linden van Port Elizabeth
- Ringe: Gabriel’s Juweliers van Jeffreys Baai