Op hul troudag het Viljoen en Melodie eg aan mekaar gesweer voor hul familie en vriende. Ā Die paartjie het gekies om hul troue te hou by Het Vlock Kasteel in die Swartland dorpie van Riebeeck Kasteel.
Wat die gewilde venue so besonders maak is dat die boustyl geĆÆnspireer is deur die Kasteel die Goeie HoopĀ en is omring deur wingerde. Ā Die venue kan 250 gaste sonder ‘n dansvloer en 200 gaste met ‘n dansvloer vat.
Geniet die fotos en storie van die oulike paartjie.


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
My vriendin/kollega het my gebel āKom kyk hier!āĀ en daar op die rekenaar skerm sien ek toe sy gesig. āHyās langer as jyā Ā het sy gesĆŖ en so het ek besluit om vir die vriendelike gesig ān boodskap te stuur. Ā Ons albei het ān week verniet op die dating website gehad en met ān eenvoudige āWit wyn of rooi wynā boodskap het ek besluit om ān kans te vat en so het als begin. Ā Ons eerste ontmoeting was by On the Rocks in Blouberg gewees so week later en soos hulle sĆŖ ⦠the rest is history.

Hoe het julle verloof geraak?
My pa het die naweek afgekom Kaap toe sodat Viljoen my pa die groot vraag kon vra. Ā Min het ek daai Saterdag oggend geweet dat Viljoen klaar ān hele dag se verassings/bederfies gereĆ«l het. Ā Eks wakker gemaak met ān briefie van Viljoen af wat my inlig vandag is ons groot dag. Ā Ek het nog 5 briefies gekry deur die dag, waarvan ek die laaste een by my pa gekry het. Ā Met mooi blink naels, ān nuwe uitrusting en trane van blydskap het ek af gestap strand toe waar die man van my drome vir my gewag het, op sy knieĆ«.


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons het mekaar 17 maande geken voor ons getrou het. Ā Ons het mekaar in Julie 2014 ontmoet, in Maart 2015 verloof geraak en in Februarie 2016 getrou. Ā Viljoen het na ons eerste afspraak sy neef gebel en gesĆŖ: āDit is ān vrou met wie ek sal kan trouā ⦠dit was regtig ān geval van āwhen you know, youĀ know!ā



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Wees geduldig, die tydjie voor die troue is maar baie stresvol vir almal. Ā Gaan sien iemand vir huweliks-klasse, ān mens leer baie van die ander persoon en dit help om net iemand anders se siening oor iets te hĆŖ. Ā Probeer om altyd saam te baklei as om teen mekaar te baklei. Ā Iets wat ons baie gehelp het is om nie die maand voor die troue saam te bly nie, dis ān goeie manier om net ān bietjie spasie vir jouself te hĆŖ. Ā Mees belangrik geniet dit, dit gaan alles baie gouer verby as wat jy dink.


- Venue:Ā Het Vlock Casteel
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.Ā Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ān internet konneksie het en ān toestel wat gekonnekteer is tot ān aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ān rekenaar.Ā Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.Ā Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie,Ā kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?Ā Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Spyseniering: Heart Worx
- Dekor: La Joy
- Huwelik bevestiger: Weddings by Cois
- Fotograaf: PureLightPhotography
- Videograaf: KovacevicBosch Photography & Videography
- Platejoggie: DJ Dean
- Trourok: Abitude
- Pak: Tidy Tucs ā Tygervalley
- Grimering: Mary-Rose Shannon Hair & Make up
- Hare: Bella-Ann Professional Hair Stylist


