Met die dreigende winterkoue is ons opgewonde om vandag se gestileerde fotosessie met julle te kan deel wat die week sommer op ‘n helder en kleurvolle noot sal laat afspring. Ā Die fotosessie laat ons besef die lang warm somerdae is nie so ver meer nie en teen die tempo wat die jaar gaan is dit weer tyd vir baaikostuums en skemerkelkies. Ā Twee vriendinne wat lief is vir reis, ontwerp en tema partytjies het met die konsep opgekom en ons waardeer die kleurvolle elemente wat ons laat droom van Somer.
Ons by Mooi Troues weet julle sal die gestileerde fotosessie geniet en dink dit sal perfek werk by ‘n kombuis tee of hennepartytjie.

Inspirasie agter die fotosessie?
As dit kom by droom vakansies, troues en feesvieringe, kan ān mens tog nie help om van ān tropiese eiland te droom nie. Dalk verlang julle soos ek na nog ān paar warm daggies in jou baai kostuumĀ voor die winter koue ons verras. As ān groep vriendinne wat die wĆŖreld na universiteit saam ontdek het, is amper elke verjaarsdag en herdenking (enige geleentheid eintlik) deur ān tema partytjie gevier. Ons wou graag ān tropiese tema bekostigbaar maak vir enige geleentheid en begroting. Tog was ons nie seker of ān tropiese tema moontlik sou wees sonder die palm bome en blou see nie. Ā Opgewonde het ons besef het: āDie perfekte lokaal is op ons voorstoep!ā

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Leanne is die eienaar en fotograaf van Leanne Love Photography. Ā Maxine is die eienaar en stilis by Stylingbymo. Ā Met ān liefde vir reis, ontwerp en ān tema partytjie of twee is dit geen wonder die twee geniet die lewe saam nie.

Wie het die fotosessie  gereël?
Leanne Steyn-Begley en Maxine Oakley

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Jy kan jou tropies eiland in jou agterplaas geniet.Ā (wink-wink met ān skemerkelkie)

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Om die tema lewensgetrou en natuurlik te hou het ons op 3 maklike bekombare elemente gefokus. Vrugte, kleur, en voƫls.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ān internet konneksie het en ān toestel wat gekonnekteer is tot ān aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ān rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Birds Paradise
- Dekor en stilering: Styling by MO
- Hare en Grimering: Labellavita
- Model: Jamie Lee Steyn
- Skryfbehoeftes: Leanne Love Photography
- Geel rok: Maxine Oakleās


