Dit gebeur dat die liefde nie altyd op die eerste oog opslag blom nie, maar as dit so moet wees sal dit op die regte tyd gebeur.



Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek en Heinrich het saam by ‘n Restaurant gewerk toe ek 16 en hy 18 was. Ek was dol verlief en ‘the feeling wasn’t mutual” Vyf jaar later loop ons mekaar raak en die skille val van sy oe af. Die res is die begin van ons sprokie.


Hoe het julle verloof geraak?
Drie jaar later op pad na ‘n verassing in Pretoria trek hy skielik van die pad af en terwyl ek na die sonsondergang kyk en wonder wat aangaan, ruk hy my deur oop en grawe in die paneelkissie na ietsie. Op sy knieë langs die kar, met my vasgepen deur die veiligheidsgordel, druk hy – ‘n nou oop boksie -met ‘n ring in my gesig. Ja, ek moes hom aanpor “Gaan jy my nie iets moet vra nie?” En daar sit die ring aan my vinger!!

Wanneer beplan julle om te trou?
Ons trou die 10de Oktober 2015 op die Kaapse strand.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Carolien and Ben Photography


