DWARSBERG TROUT HIDEAWAY

TROU VENUE IN RAWSONVILLE

Promosie:

Bespreek nou jou droom troue by Dwarsberg Troue Venue en kry 30% afslag op die venue as jy boek in 2022 vir ‘n “middel van die week” troue in 2022. Indien ‘n “middel van die week” troue nie vir jou pas nie boek jou troue tussen Mei en Augustus 2023 en kry ook 30% afslag. Verblyf vir die bruidspaar is ingesluit op die aand van die troue! Terme & Bepalings geld.

Bespreek die promosie voor 31 Augustus 2022.

Promosie geldig tot 31 Julie 2023.

Dwarsberg Trout Hideaway is slegs 105 km van die Kaapstad Internasionale Lughawe en word omring met pragtige berge, boorde en wingerde.  Die natuurskoon sal jou asem wegslaan! Dit is die perfekte omgewing vir ‘n sprokiestroue.

Afhangende van die tafel-uitleg en dans area, kan die hoof lokaal tot 170 gaste akkommodeer.  Al die deure van die lokaal kan 180 grade oopmaak; Dit sal jou dus die geleentheid gee om ‘n binne troue te hê, met ‘n buitelug troue se styl en gevoel.   Outydse gasvryheid en sjarme sal natuurlik ook by jou plaas troue ingesluit wees.

Die dansvloer langs die lokaal is ʼn gewilde keuse vir jongmense.  Hier kan jy feesvier met jou geliefdes en onder die sterre die aand verby dans!  Ons keuse-buffet-spyskaart bied ʼn verskeidenheid heerlike tradisionele disse.  Die uitstekende spysenier en vriendelike personeel sal altyd die ekstra myl gaan om vir jou ‘n perfekte en onvergeetlike dag te verseker! Ons het 3 pod-huisies, 4 selfsorg-kothuise en 11 kampeer plekke beskikbaar vir gaste wat die naweek op die pragtige plaas wil deurbring.

kontak

    JOU NAAM:

    E-POS ADRES:

    SELFOONNOMMER:

    TROUDATUM:

    BOODSKAP:



    Rawsonville Trou Venue

    Rawsonville Trou Venue

    sit FACEBOOK instagram

    KLIËNTE RESENSIES

    Geen resensies op die oomblik nie.

    SKRYF JOU RESENSIE ONDER

      Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


      WANNEER HET JULLE GETROU?



      SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



      JOU NAAM:


      E-POS:


      SELFOON NOMMER: