Eben & Nanette se parkie bank verlowing fotosessie

Eben en Nanette se verlowing fotosessie lyk soos โ€˜n informele dag in die parkie wat  twee geliefdes saam spandeer.  Die paartjie lyk dol-gelukkig tydens die koue weer terwyl die fotograaf al die emosies tussen hulle vasgevang het.  Hul fotoโ€™s is ontspanne, stylvol en sal vir vele geleenthede gebruik kan word omdat dit nie lyk soos die tipiese verlowingfotoโ€™s nie.  Maak seker wanneer jy jou fotosessie beplan dat julle hieraan dink en seker maak dat julle die fotoโ€™s steeds oor โ€˜n paar maande sal wil gebruik vir spesiale geleenthede.  Meisies let ook op hoe mooi die toekomstige bruid se trouring is en hoe sy โ€˜n hedendaagse tendens soos roosgoud op โ€˜n klassieke manier gebruik.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons het by โ€˜n vriendin van Nanette se verjaarsdag ete ontmoet.  Die vriendin se sussie en haar man is vriende met Eben en vat hom toe saam ete toe om hom aan โ€˜n vriendin (Nanette) voor te stel.  Nanette het van niks geweet nie, maar die volgende dag het Eben vir haar se nommer gevra en binne โ€˜n paar uur haar genooi om te gaan koffie drink.  Baie koffie, roomys en Potch-liggie afsprake het daarna gevolg. Wat ons na mekaar aantrek is die manier hoe ons altyd mekaar kan maak lag en mekaar se geselskap geniet.

Hoe het julle verloof geraak?


Eben het iets vir die aand bespreek en voorgestel ons gaan botaniese tuine toe om die oggend verby te kry.  Terwyl ons rondloop het Eben my sonbril afgehaal (sonder hom is ek blind!) en gesรช ons moet op โ€˜n bankie gaan sit. Eben haal toe โ€˜n blikbeker uit waarop hy die datum en โ€And so the adventure beginsโ€ gesit het.  Ek het gedink dis baie oulik en toe ek weer sien haal hy die boksie ook uit sy sak uit, gaan op sy knie en vra my om te trou.  โ€˜n Vriendin kom toe uit die plante uit, sy het ons heeltyd agtervolg, weggekruip en afgeneem (Eben het my bril gevat sodat ek haar nie sou sien nie).  Daarna het ons by die Four Seasons hotel gaan eet en sjampanje drink  (hulle restaurant het โ€˜n asemrowende uitsig).

Wat was jul inspirasie vir die fotosessie?


Die fotosessie was โ€˜n laaste oomblik besluit. Ons was weg die week van die 25ste April en moes terug want Nanette het die 30ste April gewerk.  Ek (Eben) wou Nanette daardie week op die plaas gevra het maar ek kon nie die regte oomblik kry nie. Ek besluit toe op die 30ste dat ek die volgende dag vir Nanette gaan vra om te trou.  Ek het geweet Nanette sal darem mooi fotoโ€™s wil hรช, so kontak ek toe vir Chanรฉ. Chanรฉ besit Bold Photography, sy het ons al voorheen afgeneem en โ€˜n vriendin geword.

Hoe lyk jul droom troue?


Ek (Nanette) wou al vandat ek โ€˜n klein dogtertjie was op die plaas trou, omdat ek daar groot geword het en die plaas na aan my hart lรช. Daarom gaan ons droom troue op die plaas wees.  Die seremonie gaan in die klip kerkie gehou word.  Ons beplan โ€˜n klein, intieme troue saam geliefdes met โ€˜n rustieke, bos tema.  Dis vir ons belangrik om ons dag te geniet.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy โ€˜n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: