Die fotosessie van Devan en Ona laat ons verlang na Somer en strand. Ons by Mooi Troues kan sien die paartjie het die fotosessie baie geniet. Ona deel onder met ons haar en Devan se liefdes verhaal.
Hoe het julle ontmoet?
Dit het alles begin met โn vriendin wat my aan Devan wou voorstel. Na heelwat aanmoediging het ek ingestem en โn kans gevat. Ons het dadelik gekliek en Devan se hart en menswees, sy passie vir die lewe en die feit dat hy n man van integriteit is het my dadelik oortuig dat hy die man is met wie ek die res van my lewe wil spandeer en natuurlik het daai ongelooflike blou oรซ behoorlik my aandag getrek.
Ona se glimlag, laggie en vrolikheid het my dadelik ingetrek maar daai ongelooflike diep, liefdevolle, opregte eienskappe was net alles wat ek in โn vrou gesoek het.
Ons albei se ongelooflike passie vir die Here het ons ook dadelik verbind.
Vertel ons meer van julle verlowing?
Devan was maar geheimsinnig maar ek het wel die verlowing verwag nadat ons die ring saam ontwerp het. Voor ons Desember vakansie het hy gesรช hy wil my net wegvat vir โn naweek Paternoster toe, net ons 2 alleen. Dit was toe nie net โn enige wegbreek nie, maar die naweek wat hy my die groot vraag gevra het. Op 13 Desember op Paternoster se strand het hy my gevra om sy vroutjie te wees met die ring wat ons saam ontwerp het. Dit was โn ongelooflike kosbare oomblik, net ons 2 alleen wat die pragtige uitsigte kon aanskou en hy wat dit so spesiaal gemaak het en sy hart gedeel het met my vir ons toekoms saam.
Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie?
Ons inspirasie vir die verlowing sessie was om die ongelooflike oomblik te vang wat ons ervaar het op paternoster se strand en om wat in ons harte is uit te straal om โn natuurlike gemaklike manier. Die sessie was op โn strand in Jeffreyโs baai net so voor sonsondergang. Ons wou ons spontane persoonlikhede en liefde vir mekaar in ons manier laat uitbeeld. Dit het alles gevang wat ons wou hรช en meer . . liefde, geluk en 2 harte wat mekaar gevind het.
Vertel ons wat is jul droom troue?
Ons droom troue was 8 April 2017. Al die beplanning en idees het van onsself gekom wat ons nog altyd van gedroom het. Die kleure en dekor van die troue was baie aardse kleure met โn pop van Boergondiรซ. Wit was natuurlik ons hoof kleur wat ons wil laat uitstaan in die hele konsep van die troue. Die dekor het โn rustiek romantiese gevoel en ons wou โn warm atmosfeer skep met baie kerse en ongelooflike beligting. Die venue self is baie intiem en rustiek en dis wat ons wou vang. Die venue is die besonderse wynplaas 401 Rozendal in Stellenbosch. Die hoogtepunt was verseker wees dat ek met die man van my drome trou en โn verewige bond tree met hom voor God, familie en vriende.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Rentia Smith Photography