Ons wil net vir Le-Daan en Ronette baie geluk se met hulle troue die naweek wat verby is {29ste June 2013}. Hulle verlowing fotosessie is so mooi-die ballonne en area waar hulle geneem het is net pragtig.
Die fotosessie gee ล prettige plaas gevoel. Ons kan sien dat Le-Daan en Ronette baie gemaklik voor die kamera was en hulle het beslis elke oomblik van hulle verlowing fotosessie geniet.
Mooi Troues se lesers moet afrol en inspirasie vind uit die oulike paartjie se verlowing fotosessie.
Hoe het julle ontmoet?
Ons het mekaar ongeveer 5 jaar terug ontmoet by ล braai wat gereรซl was deur vriende, maar ons altwee was in ander verhoudings. Ons het vriende geword, maar baie min saam gekuier. In 2011, toe ons altwee alleenlopers was, het ons mekaar beter leer ken en meer begin saam kuier. Ek het toe vir Le-Daan gevra, wanneer is dit โtake your friend to work dayโ, en heel toevallig moes hy Hermanus toe vir werk, en hy het my saam genooi. Die liefde het toe van daar af net geblom.
Hoe het hy/sy jou gevra om te trou?
Op my verjaarsdag het Le-Daan ล groot ontbyt gemaak met vonkelwyn en gebakte muffins. Op die tafel was daar ล groot geskenk boks. Ek kon nie wag tot na die ontbyt nie, en het heel eerste die boks oopgemaak. Daar was klomp โtissue paperโ in die boks en heelbo was ล mooi beursie. Ek was ล klein bietjie teleurgesteld, aangesien ek vir hom ล GPS gekoop het vir sy verjaarsdag. Hy het toe gesรช, hy dink daar is nog ietsie binne die boks. Heel onder, was daar ล klein boksie, en my hart het erg begin klop. Toe ek die klein boksie oopmaak, toe vra hy my die groot vraag โฆ En my antwoord was onmiddellik JA.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Adele Kloppers