Mooi Troues het saam met Blank Canvas Event Design gewerk om vir ons lesers die tweede deel van โn gestileerde fotosessie te bring. Hierdie fotosessie het plaasgevind by die pragtige perdeplaas, Cavalli in Somerset-Wes. Ons vorige tema was โn kombinasie van swart en goud en baie meer dramaties as vandag se sagte kleurskema. Hierdie kleurskema kan gebruik word vir โn buite- รณf โn plaastroue. Die gebruik van verskillende sampioen soorte op die tafel skep โn natuurlike, buitelug gevoel aan die tafel en dekor in die algemeen. Kerry, ons model se rok is van Gelieft en die troukoek en makrolle is van Edible Art Cakes. Chantelle Landman, โn grimeerkunstenaar in die mediabedryf, het die grimering vir die fotosessie gedoen. Van die dekor, blomme en stilering was ook gedoen met behulp van CreativeNook.
Die elegante laser gesnyde skryfbehoeftes was ontwerp deur Secret Diary Designs en die strikdassies wat ons op die tafel geplaas het as geskenke vir gaste is van Gham Kids. Cavalli is een van ons gunsteling venues, dus beveel ons dit aan vir ons lesers. Dit is โn goeie keuse vir die moderne bruid wat nogsteeds โn klassieke en baie eksklusiewe troue wil hou. Gรผnther Schubert was verantwoordelik vir die neem van die fotoโs. Vir ander uitstekende diensverskaffers wat deel was van diรฉ fotosessie gaan na die onderste deel van die artikel.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Gรผnther Schubert
- Grimering: Chantelle Landman
- Konsep, Stilering en Koรถrdinering: Blank Canvas Event Design
- Dekor, Blomme en Stilering: CreativeNook
- Koek en Macaroons: Edible Art Cakes
- Rok: Cindy Bam
- Skryfbehoeftes: Secret Diary Designs
- Geskenk Strikdassies: Gham Kids
- Tafeldoeke: Tablecloth Hiring, Stellenbosch
- Dekor: Classy Hire Paarl
- Venue: Cavalli
- Model: Kerry
- Sampioene: Gourmet Wild Mushrooms, Paarl