Jacques & Vonja se roosplaas verlowing fotosessie

Jacques en Vonja se roosplaas verlowing fotosessie sal inspirasie bied vir baie paartjies wat idees soek vir hul eie verlowing fotosessie.  Dit is altyd lekker as jy paartjies het wat hulself so baie geniet voor die kamera soos Vonja en Jacques.  Oorspronklik was die tema van die verlowing fotosessie neutrale en pastel kleure.  Maar op die dag het Jacques sy blomme hemp gegryp en Vonja haar blomme rok.  Ons is mal oor die styl!

Jy kan sien hulle het die fotosessie sommer baie geniet en ʼn verlowing fotosessie is so belangrik.  Dit gee jou daai kans om gemaklik te word voor die kamera, voor jul troudag.  Gepraat van die troudag … Ons kan nie wag om die paartjie se troue te sien nie.  Hulle vertel dat dit ʼn groot kuier en fees saam met vriende en familie gaan wees.  Vir nou kan jy hulle pragtige verlowing fotosessie op Mooi Troues geniet hieronder.

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting… Wel Kom ons begin by ons altwee het saam Target life gedoen (gap jaar)

Jacques:

Ons was in dieselfde Target Life familie, toe ek haar raak sien, sy was uit verkoop aan die Here en het gegloei van vreugde en Liefde, toe het ek daai aand vir my Ma gesê “Met so vrou Wil ek trou”. Ek het haar nommer op die WhatsApp groep gekry, toe “bat” sy hard met ‘n “As jy my wil leer ken, dan doen ons dit in persoon, ek’s nie ‘n oor die foon meisie nie”.  Maar tot my verrassing het sy my die volgende dag na Vrydag aand se “All night prayer night” toe genooi.

“Score”, natuurlik is ek daar.  Toe ek opdaag en groet, vra sy toe “Wie is jy nou weer?”, Intussen (vind ek eers na ons verlowing uit) is sy deel van die aand se bemarking span en het almal genooi. Yay for me … Dit is eers later toe ons begin saam werk het op ‘n Kort film draaiboek, wat sy raak gesien het hoe ongelooflik en snaaks ek is. 😉  As die 2 regisseurs van die kortfilm het ons besluit om as vriende uit te gaan om mekaar te leer ken, ons na The Shack gekyk, saam gelag, en dit was die begin van ‘n ware en ware vriendskap .. Dit is ‘n ingewikkelde storie, haha, maar kom ons sê twee en n half jaar voor ons verloof is.

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Die groot vraag:


Ons verlowing het plaas gevind op die 17 Desember 2019.  Vonja het NIKS geweet nie!  Ons het nie eers gaan ringe aan pas nie.

Uiteindelik die dag wat Vonja wou hê dat ons moet ringe aan pas het ek haar verras met ons verlowing en sommer terselfdertyd tyd ons verlowings partytjie.  Ek’t vir haar gesê dat ons vriende gaan ontmoet die aand, ek moet net deur die dag werk doen.  Intussen het ek en my vriende die venue op gestel vir die aand, ‘n groot foto muur, fairylights, champagne, musiek en weg gesteekte kameras en ons is gereed vir haar om te kom!  Ek’t die aand voor die tyd haar ouers gevra (die Oom sukkel bietjie om geheime te hou haha) Gelukkig het hul ja gesê!  Toe verras ek haar die aand en vra haar alleen, toe sy ja sê, toe kom al ons families in en daarna al ons naby vriende … Dit was so lekker kuier daarna, pizza eet en kuier!

moeite wat enige iemand vir haar doen, en die manier hoe sy dankbaar is en fyn details raaksien verbaas my elke dag. Sy wys vir my altyd die mooi in lewe.  Sy is my cheerleader.

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Hoekom ons mekaar liefhet:


Vonja:

Jacques is sooo lief vir mense, maak nie saak of hy hul 10 jaar terug ontmoet het nie of 10 min terug hy sal altyd hom self neer lê sodat ander mense gehelp kan word.  En verseker sy dryf, as hy sy kop op n ding sit dan doen hy dit!

Jacques:

Vonja sien altyd die mooi en helder kant in enige iets.  Haar hart waardeer alle

rose farm engagement photo shootrose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Wel oorspronklik het ek (Vonja) gesê: “Vier maande Dan trou ons! haha.” Maar hy het die geveg gewen … haha, so toe sê ons September … Maar met Lockdown het ons besluit as dinge uit werk skuif ons dit Augustus toe.  So Kom ons se net ons trou in 2020? Haha

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Die verloofring:


Ek (Jacques) het die verloof ring laat maak, sy’t niks geweet nie, ek’t haar vinger grote nog voor haar gekry sonder dat sy dit agter kom! Sy’t ‘n paar fotos gestuur vir my van wat sy hou, en ek’t almal gaan kombineer!

NB:  Ek (Vonja) is mal oor die ring!

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Rede vir die verlowing fotosessie:


Jeanine van Evergreen het ons geseën met ‘n fotosessie!  Weereens ‘n groot verrassing, die keer vir ons albei.

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het net vir Jeanine van Evergreen gesê: “Ons is joune, se waar ons moet wees en wat ons moet aantrek.”  Oorspronklik toe het sy gesê ons moet wit en nude of pastel klere aantrek, maar op die gejaag van die dag toe gryp Jacques sy blomme hemp en ek my blomme rok, haha.  Dit was regtig toevallig dat dit so mooi ingepas het by die hele roos plaas tema.

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ek dink ons verwagtinge is om meer van mekaar te leer in die tydperk en regtig toe te laat dat al ons ‘gagas’ uit kom, sodat ons nie eers in huwelik met als hoef te sit en te sukkel nie, mens gaan NOOIT uitgesorteer wees nie, maar jy kom wel nader as wat jy was.  Solank albei net 100% gee!

Vrese … Nie noodwendig n vrees nie maar ek dink die onbekende, ons weet nie noodwendig hoe enigiets op gaan eindig met die Lockdown tyd nie, so dit maak dinge redelik moeilik om troue te beplan, wittebrood, lewe daarna … Maar ons weet dat die Here in beheer is en hy sal dinge maak werk soos dit moet!

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

Visie vir droomtroue:


Om die dag saam net die naastes te spandeer en net lekker te kuier en baie rustig te wees, geen verwagting, geen stres.  ‘n Lekker groot kuier en fees saam ons vriende en familie!

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ja dit het ‘n invloed op ons troue beplanning!  Maar ek sou sê meer n goeie invloed as negatief. ‘Met al die beperkings het ons besluit om ons gaste lys van 120 na 40 toe te vat, en ons is baie bly, want ons troue gaan intiem wees en net die naastes gaan daar wees.  So ons spaar redelik baie geld, maar nie net dit nie ons verkies die klein troue eintlik!  Verder oor die troue self en trou datum ens.  Weet ons nog nie wat kom, maar ons sal die beste daarvan maak!

rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot rose farm engagement photo shoot