Die inspirasie agter hierdie gestileerde fotosessie was om ’n droomagtige atmosfeer vas te vang waar tydloosheid en eenvoud mekaar ontmoet. Met dié visie in gedagte is ’n ruimte geskep waar elke detail ’n gevoel van opregte romantiek en warmte weerspieël.
Die venue se moderne glas struktuur en argitektuur het as die ideale agtergrond gedien vir ’n styl wat terselfdertyd kontemporêr en natuurlik aanvoel. Sagte drapering, klassieke wit rose en minimalistiese blommerangskikkings het ’n tydlose karakter aan die tafels verleen. Hierdie dekor is gekombineer met ’n neutrale kleurskema van wit, room en sagte aardskleure om die teksture van die omgewing subtiel te komplementeer.
Die merkwaardigste aspek van die sessie was die natuurlike en egte interaksie tussen die paartjie, wat pragtig saamgesmelt het met die moderne trourok en stylvolle voorkoms. Hierdie fotosessie dien as ’n herinnering aan toekomstige paartjies dat ’n fokus op kwaliteit en tydlose elemente dikwels die mooiste resultate lewer.
Vir paartjies wat tans hul groot dag beplan, is die waardevolste raad om op kwaliteit eerder as hoeveelheid te fokus. Deur te kies vir ’n neutrale kleurskema en tydlose elemente, verseker julle dat jul troufoto’s selfs oor dekades steeds relevant sal aanvoel.
Rol af en geniet hierdie fotosessie.
Wie het die fotosessie gereël?
Lorinda Potgieter, die hoof fotograaf en eienaar van Capture These Moments Photography.
Inspirasie agter die fotosessie:
Die inspirasie agter ons gestileerde fotosessie by SeMoer in Potchefstroom was om ‘n droomagtige en tydlose atmosfeer vas te vang waar elegansie en eenvoud bymekaar kom. Ons wou n ruimte skep waar elke detail van die dekor en kleredrag tot die lig en natuur rondom ons ‘n gevoel van romantiek en warmte weerspieël.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ons het spesifiek hierdie span gekies omdat elkeen ongelooflik talentvol is in hul eie veld. Elkeen bring iets uniek en besonders na die tafel en saam het ons ‘n magiese atmosfeer geskep.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die merkwaardigste deel vir my was hoe die paartjie se interaksie so natuurlik en eg gevoel het en hoe alles net saamgesmelt het.
Dekor:
Die tafeldekor,gedoen deur Posy Planners, het bestaan uit sagte drapering,wit rose en minimalistiese blommerangskikkings. Die wit rose het n romantiese en klassieke gevoel gebring.
Kleurskema:
Die kleurskema het bestaan uit sagte neutrale kleure soos wit en room en sagte aand-tinte. Hierdie palet is gekies om die venue se natuurlike lig en teksture te komplimenteer en om n tydlose atmosfeer te skep.
Venue en Ligging:
SeMoer in Potchefstroom is gekies vir sy moderne glas-struktuur,natuurlike lig en elegante argitektuur. Die venue bied n perfekte mengsel van moderne en natuurlik,wat ideaal was vir die styl en gevoel wat ons wou vasvang.
Trourok en bruidegom pak:
Die trourok was elegant en modern. Die model het ‘n pragtige trourok gedra wat spesiaal deur Cayla’s Bridal Boutique vir die gestileerde fotosessie gemaak is.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
My raad aan paartjies is om te fokus op kwaliteit bo hoeveelheid.Kies elemente wat tydloos is,werk met ‘n neutrale palet.

- Fotograaf: Capture These Moments Photography | Kontak
- Venue: SeMoer Potch | Kontak
- Blomme: Posy Planners Floral & Decor | Kontak
- Dekor: Posy Planners Floral & Decor | Kontak
- Grimering: Jadrika Fourie Makeup
- Trourok: Cayla’s Bridal Boutique| Kontak
- Modelle: Nicola & Donnavan Serfontein
