Estian en Bianca se oulike veld verlowing fotosessie by ’n pragtige bergreservaat in Rustenburg, in die mooie Noordwes-provinsie, is beslis een om nie te mis nie. Die paartjie het soveel moeite ingesit. Ons is veral mal oor die VW Volla wat ook deel was van hul verlowing fotosessie. Elke detail was noukeurig deurdink van die rou koerantjie met hul troudatum daarop, tot die bottel vonkelwyn en hul pragtige neutrale kleurskema.
Dit is duidelik dat Estian en Bianca hulself baie geniet het tydens die fotosessie. Hulle het soveel pragtige oomblikke laat vasvang wat nou verewig is as prentjiemooi herinneringe. Die sagte sonsaklig oor die oop veldvlaktes skep die perfekte agtergrond en gee aan die foto’s ’n romantiese en tydlose gevoel.
Ons beveel altyd aan dat paartjies ’n verlowing fotosessie doen, en hierdie sessie is die perfekte voorbeeld hoekom. Bianca is self ’n professionele trou fotograaf en verstaan die belangrikheid van professionele verlowing foto’s. Dit gaan nie net oor mooi herinneringe nie, maar help ook dat paartjies meer gemaklik voor die kamera voel en vertroud raak met hul trou fotograaf se styl en tegnieke, iets wat grootliks bydra tot ’n ontspanne troudag.
Die paartjie beplan om hul verlowing foto’s vir hul “spaar-die-datum” kaartjies te gebruik, ’n persoonlike en besonder oulike manier om hul groot dag met gaste te deel.
Bianca en Estian is reeds besig om vooruit hul troudag te beplan. Vroeë beplanning help om die proses stresvry en goed georganiseer te hou. Mooi Troues se aanlyn trougids bied ’n verskeidenheid professionele diensverskaffers om julle troubeplanning te vergemaklik.
Rol af om meer te lees oor hierdie paartjie se verlowing fotosessie en hul liefdesreis saam.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons storie het alles begin by Instagram!!!
Ek het in California gebly oorsee. Seker ‘n week voor ek weer terug gekom het van my au pair journey, heavy in die fitness industry so was baie ernstig om weer so vinnig as moontlik in die gym te kom ban die vliegtuig af.🤭😂😂
Ek het toe orals in Rustenburg gesoek watter gyms hier is en ek het toe die plekke op Instagram gaan soek. So toe kom ek af op al die mense wat hul tag en ek sien toe Estian tag albei gyms waarvan ek hou. Ek boodskap hom toe en vra hom en dis waar dit begin het. Ek het hom gevra oor die plekke en sy einste woorde was “Ek sal jou gaan wys as jy op ‘n koffie date saam my gaan”.
‘n Week later toe ontmoet ons by Plato. Ek het skaars uitgeklim toe sê die man vir my: “Weet jy wil jy nie liewer gaan eet by Stook nie?” Beste date van my lewe. Ek was so gemaklik en instantly verlief op hom en sy “spraak gebrek” (aka hy Brei). Ons doen alles saam! Estian is my beste pel en ek’t agt maande al in geweet ek wil die man trou.
Ons het toe verloof geraak maar lewe het sy draai gevat, Estian het ALLES verloor en so is ons verhouding daarmee heen ook. Ons was n rukkie uitmekaar toe vind ons weer ons paaie terug bymekaar, die keer soveel beter en nader aan God, die keer was ons amper n jaar saam toe het hy my gevra ‘n dag voor my eerste Bodybuidling Show. Buiten my liefde vir die “Liefde Wen” merch wat Bouwer Bosch op ‘n stadium gehad het, is dit nou ons sê ding. LIEFDE HET DEFINITIEF GEWEN!

Die groot vraag:
Ons was op pad terug van my posing practice af vir my Bodybuidling Show. Baie snaaks ek het nie in die oomblik daaraan gedink nie.
Estian was heeltyd besig met iemand op sy foon en as ek wou kyk het die arme man amper die kar omgegooi, mind you hy sê toe dis die werk en ek aanvaar dit, want hy’t ‘n belangrike pos hy moet ongelukkig altyd aan diens wees. Hy sê toe nee hy wil net kos kry, na ons kos gekry het weer op sy foon en hy ry toe vreeslik stadig.
Ons stop toe by die gastehuis waar ons geslaap het en sê hy vir my hy moet dringend badkamer toe. Kan ek asb nie net die kar sluit en die kos inbring nie? Natuurlik niks daarvan gedink nie. Soos ek inkom by die cabin is dit net rose en ballonne met klomp kerse en fotos van ons. En daar gaan hy op sy knieë. Die was baie spesiaal want ons het by die einste gastehuis ook geslaap toe Estian die jaar voor die tyd sy Bodybuidling Show gehad het.
<
Hoekom ons mekaar liefhet:
Estian van Bianca:
Bianca is diligent en wys in alles wat sy aanpak ware dedication. Sy het ’n groot hart vol compassion en is altyd comforting vir die mense rondom haar. Bianca is ongelooflik loveable en understanding, met ’n sterk, confident persoonlikheid. Sy is ook besonder hardworking en inspireer almal om haar om hul beste te gee.
Bianca van Estian:
Wat Bianca die meeste van Estian liefhet, is dat hy nie “R” kan sê nie, en dit laat haar elke keer glimlag. Estian is ongelooflik passievol en vat alles altyd head on first. Hy het ’n groot hart en toon baie respek vir vrouens, en die manier waarop hy leef, trek haar elke dag nader aan Die Here.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan klaar troue en ons trou 3 Desember 2026.

Die verloofring:
Ek’t vooraf Estian gewys waarvan ek hou toe ons in ‘n juwelier plek was, so hy’t geweet waarvan ek hou.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Foto’s vir ons “Save the dates”.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Foto’s vir ons “Save the dates”.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ek is myself ‘n fotograaf en wou graag enige iets behalwe wit doen.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons wil graag net die laaste tyd voor Mnr. en Mev. nader aan die Here groei en die tydjies geniet. Geen vrese nie ons is so reg vir dit.

Visie vir droomtroue:
So intiem as moontlik saam al ons familie. Buiten dit maak niks anders saak nie.

- Fotograaf: Elation Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Kgaswane Nature Reserve
- Verloofring: American Swiss
