Emil en Lara-Maré se klassiek stylvolle troue in Gansbaai, by die gewilde trou bestemming De Uijlenes, is beslis een wat julle nie wil misloop nie. Die paartjie se groot dag het rustieke plaas elemente perfek gekombineer met moderne, stylvolle besonderhede wat ’n pragtige kontras geskep het.
Die buitelug seremonie, tussen die bome in De Uijlenes se eie klein woud, was uitsonderlik mooi omring deur familie, vriende en asemrowende natuurskoon. ’n Pragtige blomkrans met spierwit rangskikkings wat elegant vanaf die boog gehang het, het die paartjie perfek geraam en al die fokus op hulle gevestig gedurende die seremonie.
Die onthaal het plaasgevind in De Uijlenes se Forest & Old Barn-lokaal, die ideale mengsel van rustieke sjarme en moderne styl. Ons is heeltemal verlief op die lokaal se wit, plaasstal-atmosfeer. Die paartjie se dekor het ’n treffende kontras tussen die elemente geskep wat die hele spasie asemrowend mooi laat lyk het.
Spierwit tafeldoeke, deurskynende stoele en subtiele swart aksente op die tafels het die onthaal ’n deftige, effens meer formele gevoel gegee. Groot, elegante wit blommerangskikking met weelderige groenigheid, rondom die lokaal én bo die bruidstafel, het dit alles afgerond met ’n tikkie ekstra elegansie.
Kerse op die tafels, saam met die sagte liggies teen die mure en vanaf die dak, het met skemer ’n ongelooflike romantiese en gesellige atmosfeer geskep. Die wit-en-swart tema, met hier en daar ’n sweempie blou, het die troue ’n tydlose, klassieke en baie elegante voorkoms gegee.
Rol af om meer te lees oor Emil en Lara-Maré se stylvolle troue en hul liefdevolle reis saam.

Trourok:
My trourok, die “Aiden” van Blanco Bridal Couture, was ‘n bekoring van moderne elegansie. Ek was dadelik versot op die noupassende styl met die plooie wat afhardloop op die romp. Die knopies wat agter tot op die einde van die sleep hardloop het my rok so mooi afgerond en ‘n tikkie tydlose verfyning toegevoeg.
My rok is gemaak van “stretch georgette” en was so gemaklik. Die afskouer hartvormige neklyn was so sag, vroulik en gesofistikeerd. Die bolyf spog met voortreflike plooie wat die hartvormige halslyn beklemtoon en ’n romantiese, vleiende silhoeët skep.
My trourok was alles wat ek wou gehad het vir my spesiale dag.

Meer oor De Uijlenes:
De Uijlenes is Gansbaai se voorste trou bestemming, met twee unieke venues die romantiese Nightjar en die gewilde Old Barn & Forest Venue. Perfek vir paartjies wat ’n besondere atmosfeer soek. De Uijlenes bied ’n luukse drie-dag trou naweek met verblyf vir meeste gaste op die eiendom, wat die hele ervaring sorgvry en intiem maak. Elke troue word persoonlik op maat gemaak, met pragtige natuurskoon, warm atmosfeer en gesellige toevlugsoorde vir voorbereiding en ontspan. Met vreugdevure, canapés en borrelende vonkelwyn skep De Uijlenes ’n onvergeetlike, feestelike trou ervaring wat julle liefdesverhaal perfek vier.

Verloof- en Trouringe:
My verloofring en troupant is beide “titanium”. Die verloofring het ‘n ovaal vorm diamant en dit is presies wat ek wou gehad het. Emil het die troupant spesiaal ontwerp. Die troupant is ontwerp om perfek onder die diamant te pas sodat dit lyk soos een ring. My troupant het klein diamante wat alles mooi bymekaar pas. Dit is stylvol en tydloos en ek staar steeds elke dag daarna in verwondering.
Emil het ‘n swart Tungsten troupant. Hy wou dit nog altyd gehad het en het dit self uitgekies.

Paartjie se Verlowing:
Ons het verloof geraak op 28 Desember 2023 by Kleinkrantz in Wilderness. Emil het ‘n privaat piekniek gereël op ‘n afgeleë gedeelte van die strand. Die piekniek was deur La Luna Weddings & Events gereël en opgestel. Alles was ‘n verrassing, ek het gedink ons gaan net bietjie op die strand stap.
Ek het na ‘n tyd die piekniek gesien en aanvanklik gedink dit is vir ander mense bedoel, toe draai ek om en wil ander kant toe stap. Emil het my gekeer en gesê ons moet net gaan kyk hoe dit lyk (dalk is dit vir ons). Die trane het begin loop soos ons nader gestap het en hy het net daar op sy knieë gegaan en die vraag gevra. Gedurende daardie dag was dit eintlik bewolk, maar op daardie mooi oomblik het die son uitgekom en alles was net spesiaal.
Daar was ook ‘n fotograaf wat alles perfek vasgevang het.

Trou Dekor en Styl:
Ons wou die troue stylvol en klassiek hou, maar steeds ook gemaklik en rustic. Die kleurskema was wit en swart met ‘n touch of blue. Die tafels was gedek met wit tafeldoeke, swart linne servette en minimalistiese groenigheid. Ons het verskeie wit kerse met swart kershouers op die tafels gehad.
My strooimeisies het ‘n skakering van blou rokke aangehad wat mooi ingepas het. Die strooijonkers het almal swart pakke gedra. Die blou details was in ons skryfbehoeftes asook tussen die wit blomme op die bruidstafel.
Alles was tydloos, presies soos ons dit wou gehad het. Die “fairy lights” het ‘n romantiese atmosfeer geskep en het ook ons rustic venue opgehelder en modern laat lyk. Al die beplanning het in ‘n sprokie verander.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul troue oor ’n periode van sewe maande beplan, met die hulp van ’n professionele troubeplanner. Hulle het ’n begroting van R300,000.00 gehad en uiteindelik ’n pragtige fees vir 106 gaste aangebied.

- Fotograaf: Boland Weddings | Kontak
- Venue: De Uijlenes | Kontak
- Blomme: Husband Wife Team | Kontak
- Bruidegom-pak: Woolworths | Kontak
- Dekor: Husband Wife Team| Kontak
- Hangers, Glase en Flesse: Stitchet Printing & Embroidery | Kontak
- Gaste Geskenke: Forget Me Not Crafts | Kontak
- Geskenke vir Ouers: WNT Printing and Design | Kontak
- Grimering: Mur Môi Hair & Make Up | Kontak
- Hare: Mur Môi Hair & Make Up | Kontak
- Huwelik kontrak: Mostert & Bosman Prokureurs | Kontak
- Huweliksbevestiger: Ds Ken Pritchard | Kontak
- Juweliersware: Blanco Bridal Couture | Kontak
- Koördineerder: Kroonwild Events And Functions | Kontak
- Kroegdiens: De Uijlenes| Kontak
- Platejoggie: DJ Joe Steyn| Kontak
- Paartjie se verblyf: De Uijlenes| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Mr Suit Hire| Kontak
- Geskenke vir Strooijonkers: WNT Printing and Design | Kontak
- Skoene: Blanco Bridal Couture| Kontak
- Skryfbehoeftes: Forget Me Not Crafts| Kontak
- Spyseniering: De Uijlenes| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Geskenke vir Strooimeisies: WNT Printing and Design | Kontak
- Trourok: Blanco Bridal Couture| Kontak
- Bruid se Trouring: Cape Diamonds| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Wolf Brothers Jewellers| Kontak
- Troukoek: De Uijlenes| Kontak
- Vervoer: Trougeskenk van ‘n vriend| Kontak
- Videograaf: Boland Weddings| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Zanzibar, Tanzania –
- Wittebrood Plek: Sea Cliff Resort & Spa| Kontak
