Liedjie vir Eerste Dans:
Carry you Home – Alex Warren
Paartjie se Instagram Profiel:
Eggenoot 1: chanell_dup Eggenoot 2: pierre_stassen
Pierre en Chanell se intieme wintertroue in die pragtige KwaZulu-Natal Midlands is beslis een om nie te mis nie. Die paartjie het hul ja-woord gegee tydens ’n betowerende buitelug seremonie met 24 gaste by ’n gewilde trou-plek in die hart van die Midlands.
Chanell het almal se asem weggeslaan in haar pragtige trourok, versier met fyn kralewerk en elegante lang moue. Die toonbeeld van styl en romanse vir ’n wintertroue. Pierre het ewe sjarmant gelyk in sy stylvolle ligte broek, sagte groen baadjie en bypassende das, ’n kleurkombinasie wat perfek by die atmosfeer van hul betowerende dag gepas het.
Die buitelug seremonie was soos iets uit ’n droom op ’n groen grasperk, omring deur asemrowende winter landskappe en sagte sonskyn wat oor die paartjie geval het. Die dekor het karakter en warmte uitgestraal met ’n mengsel van vars en gedroogde blomme wat ’n unieke, romantiese flair geskep het.
Ons is dol oor hul fotosessie. Die goue sonlig wat deur die bome en suurlemoenbome geskyn het, het die paartjie in ’n sagte lig gehul en die foto’s ’n elegante, dromerige gevoel gegee.
Die onthaal was intiem en gesellig, met familie en vriende wat om ’n lang houttafel saamgekuier het. ’n Ligpienk tafelloper, rottang plekmatjies en bruinerige potjies vol blomme het die dekor ’n knus winter gevoel gegee. Die gedroogde elemente het pragtig ingepas en ’n balans geskep tussen natuurlik en elegant.
Die tafeldekor se kleurskema het die winterseisoen perfek aangevul en ’n gevoel van warmte en saamhorigheid geskep. Pierre en Chanell se dag wys hoe drome werklikheid word wanneer mens met professionele diensverskaffers werk. Vind jou eie trou-diensverskaffers in Mooi Troues se trougids en laat jou droomdag waar word.
Rol af om meer te sien van Pierre en Chanell se troudag.

Trourok:
My rok was ’n pragtige handgemaakte skepping deur ADM Bridal. Dit was tydloos, elegant en het ’n klassieke, outydse sjarme gehad.
Dit het die mees verstommende detail oor die hele rok gehad, met lang moue. Die kralewerk op die agterkant van die rok en op die ronde nek het daardie gevoel van ingetoë en elegante voorkoms gegee, maar terselfdertyd het die oop rug van die rok ‘n sweempie klassieke romanse en moderne glans gegee.
Die delikaat geborduurde moue het ’n gevoel van tydlose grasie uitgestraal. Elke steek het deel geword van ’n rok wat my styl en persoonlikheid perfek vasgevang het, en dit het die hele aand harte verower. My droomrok en ’n ware stellingsstuk.

Paartjie se Verlowing:
Dit het alles begin met wat ek gedink het ’n eenvoudige daguitstappie sou wees. ’n Vliegtuigrit wat deur vriende gereël is, niks ongewoons nie. Die vliegtuig het aan een van ons goeie vriende behoort en ons is meegedeel dat ons oor die asemrowende Drakensberge sou vlieg, met ‘n middagete. Ek was opgewonde, en het gedink dit was net ‘n spontane klein avontuurtjie met goeie geselskap en pragtige uitsigte.
Terwyl ons bo die ruwe bergpieke gesweef het, het die wêreld onder soos ‘n skildery gelyk. Lae groen heuwels, gekartelde kranse en diep skaduwees wat deur die laatmiddagson gewerp is. Ek het by die venster uitgekyk, heeltemal onbewus van wat eintlik agter die skerms ontvou het en my absolute bes probeer om nie lugsiek te word in die vliegtuig nie!
Voordat ek selfs kon verwerk wat gebeur het, het ons reg op die Drakensberge geland. Die lug was vars en koel, die soort wat jou lewendig laat voel. Nie ver in die verte nie, kon ons die dowwe stroom water hoor.
Nuuskierig en aangetrokke tot die geluid, het Pierre besluit om ‘n kort entjie te stap en my aangemoedig om saam te gaan. Ons het die paadjie gevolg totdat ons ’n waterval bereik het wat soos iets uit ’n droom teen die rotse afstroom. Dit was vreedsaam, surrealisties en heeltemal onverwags.
En toe… draai hy na my toe.
Met daardie kyk in sy oë wat alles anders laat verdwyn, sak hy op een knie neer. My hart gaan staan, ek kon die senuwees sien insluip en die trane in sy oë sien. Hy haal die ring uit en veg teen die trane, sonder om nog iets te sê.
Ek onthou nie eers of ek dadelik “ja” gesê het of net begin huil en knik het nie. In daardie perfekte oomblik, met die natuur as ons getuie en die berge wat ons geheim hou, gryp ek hom en vir ’n paar sagte oomblikke hou ons mekaar net vas.

Verloof- en Trouringe:
Ek was nog altyd bekend as ‘n kombinasie van “ou siel” en “gewone Jane” en ek voel Pierre het my persoonlikheid perfek met my ringe vasgevang. My verloofring is elegant en klassiek, met die band wat ’n spieëlafwerking het en die roosgoud wat sag terugglans. My trouring is eenvoudig en dun, ook in roosgoud, wat dit ’n tydlose, sagte voorkoms gee.
Vir Pierre het ek besluit om die roosgoud te pas, maar met Pierre wat die mooiste lang vingers en donker getinte vel het, het ek gedink swart sou regtig goed op sy hande lyk. Sy ring is van koolstofswart en aan die binnekant is dit roosgoud, met ‘n gegraveerde skrifgedeelte van Psalm 91 en “Jou Chanellie” bygevoeg.

Trou Dekor en Styl:
Ons het ‘n aardse kleurskema gekies. Dit het gewissel van ‘n paar verskillende bruine tot pragtige koraal en rooi.

Trou Begroting en Beplanning:
Hul intieme troue is met groot sorg en aandag beplan deur die paartjie self. Met ’n gastelys van net 24 mense en ’n trou-begroting van R84 000, het Pierre en Chanell binne sewe maande alles self gereël om hul droomdag waar te maak ’n ware weerspieëling van hul styl, toewyding en liefde vir mekaar.

- Fotograaf: Fern Green Photography | Kontak
- Venue: The Groves Venue | Kontak
- Blomme: Retha Lombard | Kontak
- Dekor: Retha Lombard | Kontak
- Gaste Geskenke: Selfgeskrewe, persoonlike brief aan al ons gaste met hul eie polaroid vir die aand.
- Huurdienste: The Groves Venue | Kontak
- Paartjie se verblyf: The Groves Venue| Kontak
- Skoene: Aldo
- Trourok: ADM Bridal | Kontak
- Bruid se Trouring: Louis Jewellers | Kontak
- Bruidegom se Trouring: Orbit Rings | Kontak
- Vermaak: Trendify Games | Kontak

