Arno en Kira se klassieke troue in Noordwes was die perfekte balans tussen tydloos en modern. Die venue is pragtig geleë op ’n koppie met ’n asemrowende uitsig oor die Magaliesberg-reeks, klip geboude perdestalle en pragtige perde wat rustig oor die landskap wei.
Kira het stralend gelyk in haar klassieke, een-skouer trourok van Timeless Bridal Couture. Die vollengte, ivoorkleurige rok het perfek gesit en haar natuurlike elegansie beklemtoon. Die stylvolle strik op die skouer het ’n tikkie gesofistikeerde sjarme bygevoeg, hoewel sy dit vir die onthaal verwyder het vir ’n eenvoudiger, maar steeds elegante voorkoms. Arno het ewe stylvol gelyk in sy ligte troupak met ligbruin leerskoene en ’n bypassende bruin das. Saam het hulle ’n beeld van klassieke styl en tydlose skoonheid gevorm.
Die gaste, insluitend die bruidspaar se gevolg, het almal in swart geklee, wat die formele en elegante tema van die dag perfek aangevul het. Die swart-en-wit kleurtema het ’n moderne, minimalistiese gevoel geskep wat steeds warm en verwelkomend gevoel het.
By die onthaal het houttafels met wit tafellopers en weelderige groenigheid as middelstukke ’n natuurlike, organiese atmosfeer geskep. Wit kerse wat in glasvate dryf, het ’n sagte, romantiese gloed versprei, terwyl klein swart potjies en glasonderborde met ’n swart rand ’n moderne aksent bygevoeg het.
Wit Tiffany-stoele het perfek met die blom ontwerpe gekomplementeer en die hout kleur van die tafels gebreek, wat die onthaalruimte ’n elegante en luukse voorkoms gegee het. Die bruidspaar se twee-laag, minimalistiese troukoek was ’n ware pronkstuk – versier met fyn pêrelballetjies wat ’n subtiele, maar stylvolle tekstuur bygevoeg het.
Kira en Arno se troudag was ’n aand vol warmte, geselligheid en vreugde, ’n makietie om vir altyd te onthou saam met hul geliefdes. Rol af om meer te lees oor hierdie paartjie se pragtige liefdesverhaal en hul spesiale dag.

Trourok:
My trourok is ʼn klassieke, vloer-lengte, plein ivoor rok wat styf gesit het met een-skouer. Daar was ook ʼn strik op die mou wat ek afgehaal het vir die onthaal.

Meer oor Timeless Bridal Couture:
Timeless Bridal Couture, geleë in die hartjie van Pretoria, is ’n luukse trourok-ateljee wat elke bruid se droomstyl tot lewe bring. Bekend vir hul persoonlike diens, tydlose elegansie en handgekose trourokke van top internasionale ontwerpers, bied hulle ’n unieke ervaring waar styl en emosie saamvloei. Met meer as 100 pragtige trourokke om van te kies, help Timeless Bridal Couture elke bruid om haar perfekte pasvorm en unieke styl te vind. Jou reis na die droomrok begin hier waar passie, vakmanskap en liefde vir troumode saamkom.

Paartjie se Verlowing:
Na 6 jaar saam, het ons verloof geword in die Kruger Wildtuin, een van ons gunsteling plekke. Arno het die ring al vir meer as ʼn jaar weggesteek, en hy net gewag vir die regte tyd en plek om dit te doen. Ons het na ʼn lang dag van rondry en natuur en wildediere bewonder, gestop vir die sonsondergang. Ons het uitgeklim om ʼn foto te neem, en dis waar die groot vraag gevra was. Ek kan nie eers onthou wat gesê was nie, want ek het so gehuil van blydskap. Hy moes my selfs herinner om te antwoord. Daarna het ons terug in die kar geklim en ʼn paar meter verder en leeus gesien ! Dit was net nog ʼn cherry op die koek. Dit was ʼn perfekte dag.

Verloof- en Trouringe:
My ring is ʼn ovaal moissaniet steen en platinum band. Arno se ring is ʼn grys en swart tungsten ring.

Trou Dekor en Styl:
Ons wou dit so klassiek en ‘timeless’ soos moontlik hou met ons swart en wit kleurskema. Al die gaste het ook swart gedra. Die dekor was swart en wit, en die blomme was wit ‘baby’s breath’ en eukaliptus.

Trou Begroting en Beplanning:
Hulle troue was ’n intieme viering met 73 gaste, perfek beplan oor twee jaar. Met ’n begroting van R200 000 het die paartjie self elke aspek van hul groot dag beplan en met sorg tot lewe gebring.

- Fotograaf: Picture Us | Kontak
- Venue: The Barn @ Redstone | Kontak
- Bruidegom-pak: Oriental Plaza | Kontak
- Dekor: Eastco Party Hire| Kontak
- Grimering: Mirè Hair & Make-up| Kontak
- Hare: Mirè Hair & Make-up| Kontak
- Huwelik kontrak: Legally Married| Kontak
- Huweliksbevestiger: Legally Married| Kontak
- Musiek: V&E Entertainment| Kontak
- Platejoggie: DJ Lyle from V&E Entertainment| Kontak
- Paartjie se verblyf: The Barn @ Redstone| Kontak
- Trourok: Timeless Bridal Couture| Kontak
- Bruid se Trouring: Tailored by Heart Designer Jewelry| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Grand Diamonds| Kontak
- Troukoek: Honey Bee Baker| Kontak
- Vermaak: Gary at Live Cartoon Portraits| Kontak
- Videograaf: Picture Us| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Zanzibar – Uroa
- Wittebrood Plek: Dream of Zanzibar| Kontak
