André & Christine se Stylvolle Troue in Wolseley

André en Christine se troudag in Wolseley was ’n fees van tydlose elegansie en dromerige romanse, met elke detail pragtig deurdink.

Christine het stralend gelyk in haar trourok en ons is besonders versot op die vloeiende silhoeët en die fyn mou-detail. Haar voorkoms is perfek afgerond met ’n helder pastel kleurige handruiker. André het ewe stylvol voorgekom in sy grys pak, gekombineer met ’n wit hemp, bruin das en bypassende skoene.

Die seremonie het gespog met ’n pragtige kombinasie van stylvolle én persoonlike elemente. Blom ontwerpe in sagte kleure en ’n oulike, handgeverfde welkombord met ’n foto van die paartjie het gaste hartlik verwelkom. Die venue se unieke ligging, met sy prentjiemooi plaas landskappe en majestueuse berge in die verte, het die ideale agtergrond vir asemrowende troufoto’s gebied.

Met ’n palet van sagte pastelkleure het die onthaal ’n dromerige, romantiese atmosfeer uitgestraal. Hout tafels was elegant versier met ligte, neutrale kleure en die mooiste pastel kleurige blom ontwerpe wat onmiddellik aandag trek.

Die gebruik van kort, dik kerse in verskillende skakerings van aardse kleure het warmte en romanse aan die lokaal verleen. Deurskynende Tiffany-stoele het ’n moderne balans geskep wat perfek by die styl van die dag gepas het.

Beplan jy jou eie droomtroue en weet nie waar om te begin nie? Mooi Troues se aanlyn trougids help jou om elke detail van jou groot dag met selfvertroue te beplan. Ontdek die wêreld van trou inspirasie by jou vingers en begin jou eie liefdesverhaal in styl.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis en hulle onvergeetlike troudag.

Trourok:


My rok is n moderne A-lyn met ʼn unieke een skouer detail, klein knopies op die rug, ʼn spleet en lang sleep. Kleur van die rok is ivoor. Ek hou daarvan om aan my rok te dink as uniek en iets wat ek nog nie baie gesien het nie, maar steeds is dit elegant en ek gaan nie eendag terug kyk en spyt wees oor my keuse nie. Ek was absoluut mal oor my rok.

Paartjie se Verlowing:


Ons het ʼn staproete in die Cederberge gedoen, en by een van die uitkykpunte het André die groot vraag gevra. Hy het vooraf gereël dat ʼn piekniekmandjie en sjampanje daar weggesteek word sodat ons die verlowing kon vier.

Verloof- en Trouringe:


Christine se verloofring is ʼn dun pant van geelgoud met n vierkantige diamant (cushion cut). Haar troupant is ook geelgoud met klein diamantjies. André se troupant is ʼn donker grys Tungsten carbide ring.

Trou Dekor en Styl:


Ons hou van n moderne, minimalistiese styl maar steeds mooi en elegant. Christine is baie lief vir blomme en wou graag gehad het dit moet die grootste deel van die dekor wees. Ons het besluit op kleurvolle, pastel kleurige blomme, die res van die dekor (kerse, servette, tafeldoeke) was neutrale kleure. Daar was ook feetjie liggies in die dak. Buite het ons neutrale Lounge Pockets gehad waar die gaste kon sit terwyl die Canapés en drankies bedien word.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het hul droomdag self beplan oor ’n periode van nege maande en elke detail met sorg en liefde uitgewerk. Met ’n trou begroting van ongeveer R300 000 en ’n intieme groep van 100 gaste.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: