Wessel & Zoné se Sinvolle & Klassieke Troue in Mpumalanga

Paartjies wat hul troue met elegansie, betekenis en ’n storie in elke detail wil beplan, sal inspirasie vind in Wessel en Zoné se sinvolle en klassieke troue in Mpumalanga. Hul troudag was ’n viering van tydlose styl, verweef met persoonlike en simboliese betekenis.

Hierdie stylvolle gebeurtenis het afgespeel by die pragtige Smitsfield trou venue in Mpumalanga, waar hul droomdag werklikheid geword het en nou as kosbare herinnering voortleef. Smitsfield bied ’n alles-in-een-pakket, ’n uitsonderlike trou venue, -kapel, -dekor items, -koördinering, spyseniering en verblyf op die plaas. Dit was die ideale ligging vir Wessel en Zoné se liefdesviering.

Die dekor was formeel en klassiek, wat perfek by die tema van die dag ingepas het. Swart tafellopers, swart borde en elegante eetgerei het ’n gesofistikeerde atmosfeer geskep, terwyl roesbruin servette ’n warm, aardse toon bygevoeg het.

Zoné se strooimeisies het pragtige groen rokke gedra, en gaste is gevra om ’n skakering van groen in hul uitrustings in te sluit. Blou aksente is ook ingewerk as simboliek vir God se genade.

Zoné het soos ’n ware prinses gelyk in haar prinses-styl trourok, noupassend teen die lyf, met af-die-skouer-bande vir ’n moderne aanslag. Vir die seremonie het sy lang, elegante handskoene gedra wat ekstra sofistikasie verleen het. As tipe 1-diabeet het sy ook ’n spesiaal gemaakte sakkie, versier met klein pêreljies, vir haar insulienpompie gehad wat ’n praktiese detail met styl geïntegreer is.

Rol af vir inspirasie vir jou eie trou beplanning en ontdek hoe Wessel en Zoné hul troudag met betekenis en styl gevul het.

Trourok:


My trourok was ‘n klassieke, elegante prinses-styl. Dit was nou teen my lyf met ‘n spleet. Dit was ‘n afskouer-rok. In die kerkdiens het ek handskoene gedra en ‘n mantel met pêrels. Ek is ‘n tipe een diabeet en dra ‘n insulienpompie, so my rok het uit ‘n korset en romp bestaan sodat ek die pompie met gemak saam my trourok kon dra. Verder was daar ook spesiaal vir my pompie ‘n sakkie gemaak met klein pêreltjies.

Verloof- en Trouringe:


Ek het ‘n verloofring van goud met een groot diamant en vyf klein diamantjies aan elke kant van die groot diamant. Verder het ek ‘n goue troupant met klein fyn diamantjies in.

Meer oor Smitsfield:


Net 2,5 uur vanaf Pretoria en Johannesburg, in die hart van Mpumalanga se Hoëveld, wag ’n romantiese toevlug van 100 hektaar langs die Vaalrivier op jou. Smitsfield is ’n eksklusiewe bestemming trou venue wat spesialiseer in luukse naweek troues. Geen haas, geen stres, net genoeg tyd om jou droomdag perfek te maak. Kies uit drie unieke seremonie-areas: ons historiese kapel met kristalkandelare en oop mure, die betowerende Populierbos wat oor ’n kloof uitkyk, of die majestueuse eikeboomlaning vir ’n natuurlike, organiese atmosfeer. Vier daarna in ons nuutgeboude onthaalsaal met sy industriële-1920’s flair, ingang van glas en glinsterende kandelare. Die trou venue is geskik vir tot 350 gaste en ’n pragtige doek vir enige styl, van klassiek tot modern.

Paartjie se Verlowing:


Ons het verloof geraak op 15 Junie 2024. Dit was ‘n groot verrassing in die bos. My man het seker gemaak dat my naastes daar was sowel as sy naastes. Dit het plaasgevind na afloop van ‘n game drive tydens sonsak om ‘n boma-vuur. Dit was mooi gemaak en opgemaak deur my skoonfamilie. Daar was heerlike eet goedjies, sjampanje en ‘n prentjie mooi omgewing tydens die groot gebeurtenis. “One Life” van Ed Sheeran het gespeel soos my man op sy knieg af gegaan het en die groot vraag gevra het.

Trou Dekor en Styl:


Ons kleurskema vir die gaste was groen en skakerings daarvan, maar ons het ook ‘n verrassing kleur gehad wat koningsblou was, dit het die konsep van “God se genade” verteenwoordig. Daar was ook klein blou blommetjies in my ruiker en blou lap om die kruis wat in die kerk en onthaalarea gestaan het. Verder was ons tafels met swart tafellopers versier, swart borde en eetgerei. Ons servette was roesbruin wat by die groen ingepas het. Ons styl was formeel en klassiek van aard.

Trou Begroting en Beplanning:


Met ’n gastelys van net 100 naastes en ’n trou begroting van R200 000, het hierdie paartjie in slegs ses maande hul droomdag beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: