Johan & Natasha se Klassieke Troue in die Pragtige Robertson Vallei

Johan en Natasha se klassieke troue in die pragtige Robertson vallei is beslis een wat jy nie moet misloop nie. Die paartjie het hul ja-woord gegee by die gewilde Bon Cap Guestfarm & Wedding Venue.

Bon Cap is al jare lank ’n gunsteling onder Mooi Troues se lesers. Hierdie idilliese plaas bied veel meer as net ’n trou venue, dit is ’n volledige ervaring wat paartjies se drome en behoeftes tot in die fynste detail vervul.

Die neutrale kleure van hul trou dekor, gekombineer met vars groen en wit aksente, het ’n rustige en tydlose atmosfeer geskep. Die blommerangskikkings, ontwerp deur Bon Cap self, het die dag nóg meer besonders gemaak. Van die bruid en strooimeisies se ruikers tot die tafeldekor in die onthaalruimte, elke detail het die styl versterk. Hout tafels met wit lopers, pragtig versier met vars groenigheid en blomme, het ’n romantiese en warm atmosfeer geskep.

Natasha het beeldskoon gelyk in haar A-lyn trourok. Die verfynde detail op die bolyf het net genoeg uitgestaan, terwyl die eenvoudige, elegante vloei na onder toe die rok perfek afgerond het. Johan het gekies vir ’n ligte pak met ’n groen das en ’n helder wit hemp wat die ideale aanvulling tot die kleurskema was.

Die plaas landskap, saam met die sagte gloed van die ondergaande son, het ’n droomagtige agtergrond vir hul troufoto’s geskep. Elke foto straal liefde, vreugde en warmte uit. Die feesviering is afgerond met heerlike kos, ’n stylvolle drie-laag troukoek en kosbare oomblikke saam met geliefdes.

Rol af om meer te lees oor Johan & Natasha se liefdesverhaal en om nóg hoogte punte van hul spesiale dag te sien.

Trourok:


“Fairytale Cindy Bam wedding dress.” A-lyn rok met gaas en kant. Pragtige krale detail bo, mouloos met ’n V-vorm rug. Voor- en agterkant van die rok het baie detail (blompatrone met krale). Off-white kleur.

Paartjie se Verlowing:


Ons het verloof geraak gedurende ons vakansie in Hartenbos/Mosselbaai. 🙂 Op die 22ste Oktober 2024 (my verjaarsdag) het hy die oggend my wakker gemaak met ‘n grooot ongelooflike mooi bos blomme (ek LOVE blomme) en ‘n lekker Mega Cuppacino waar hy daarna ‘n mooi tafel gedek het en self ontbyt voorberei het 🙂 my hand geneem het en gevra het of ek hom die eers sal doen om sy vrou te word. 🙂

Meer oor Bon Cap, Guestfarm and Wedding Venue:


Bon Cap is ’n bekroonde trou venue in Robertson, geleë teen die pragtige Langeberge in die Eilandia Vallei tussen Worcester en Robertson. Met unieke trou foto-opsies tussen wingerde, vrugteboorde, tafeldruiwe, tuine en asemrowende Karoo natuurskoon, bied Bon Cap alles wat bruide en bruidegomme nodig het vir hul droomdag. Paartjies kan kies om hul seremonie in die romantiese kapel of die skilderagtige roostuine te hou. Die onthaalruimte akkommodeer gemaklik tot 150 gaste met ’n ruim dansvloer vir ’n onvergeetlike viering.

As ’n volledige een-stop trou venue, voorsien Bon Cap in alles van spyseniering en blommerangskikkings tot dekor en professionele koördinering, alles onder een dak. Daar is selfs stylvolle akkommodasie vir tot 36 gaste op die plaas, wat dit die ideale keuse maak vir ’n naweek troue in die Robertson vallei.

Verloof- en Trouringe:


9ct Wit Goud, Illusion Twist Ring/troustel met 1 x 0.245ct rond diamant en 36 x 0.005ct ronde diamantjies.

Trou Dekor en Styl:


‘n Eenvoudige natuurlike troue met warm kleure, wit en sage groen. Groen was die hooffokus baie blare ens met ‘n bietjie wit om dit die mooi afronding te gee.

Trou Begroting en Beplanning:


Hul troue is saam met 59 gaste, insluitend die vyf diensverskaffers, gevier. Met ’n trou-begroting van R100 000 het die paartjie binne net vyf maande hul hele dag beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: