Johan-Adam en Ilandré se verlowing fotosessie tussen rose is met sorg en aandag beplan van die simboliek van die ligging tot by hul uitrustings. Hierdie pragtige foto’s wil hulle gebruik vir hul troue én as kosbare herinneringe in hul huis ophang. Dit was vir hulle veral belangrik om gemaklik te voel met die fotograaf wat ook hul groot dag gaan vasvang.
Ilandré se verloofring is ’n elegante enkel steen ontwerp. Sy het doelbewus ’n eenvoudige ring gekies wat by haar leefstyl tussen die plaas en skool sou pas. Die ring is dus nie net mooi nie, maar ook prakties vir alledaagse dra.
Die verlowing fotosessie was ’n spesiale ervaring vir die paartjie, en hulle wou die natuur deel maak van hierdie oomblik. Ilandré het juis ’n liefde vir rose ontwikkel danksy haar beste vriendin, en dit het die perfekte inspirasie geword.
Volgens Ilandré het hul fotograaf ook waardevolle raad gegee oor die kleur van hul uitrustings, sodat dit die skoonheid van die rose kon aanvul. Indien julle onseker is oor kleredrag vir ’n fotosessie, vra gerus leiding by julle fotograaf. Op soek na die regte fotograaf? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir inspirasie en kontakbesonderhede.
Onthou: dit is belangrik om die verlowing tydperk ten volle te geniet. Rol af en geniet Johan-Adam en Ilandré se pragtige foto’s van hierdie nuwe hoofstuk in hul lewens.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Dis ‘n lang storie, maar ‘n lang storie kort. Ek en Johan-Adam het mekaar geken van Laerskool af. Hoërskool was ons in verskillende skole, maar in Graad 9 het ons vir mekaar begin kyk. Ons het nie dadelik ‘n verhouding gehad nie, ek (Ilandré) was ‘n harde kwas. In plaas daarvan het ons beste pêlle geword. Ons ouers het altyd saam gekamp en beide van ons het mekaar deur moeilike verhoudings ondersteun.
Laas jaar (2024) het Johan-Adam by my kom koffie drink voordat ek werk toe moes gaan. Hy het gesê:” Ek en jy het lank genoeg gewag, dis tyd dat jy my ‘n kans gee, want ek weet ons is vir mekaar bedoel.” Dit was presies net so. Die Here het ons paaie weer laat kruis en ek het geweet dit is die regte tyd. Ons het 8 maande uitgegaan en op 24 Desember 2024 was die groot vraag gevra.

Die groot vraag:
Ons het gepraat oor ons verlowing en ons het ringe gaan aanpas. BESTE IDEE OOIT!
Ons was in die Kruger Wildtuin gewees. Sy ouers was daar en sy sussie met haar vriendin. Ons het in aparte karre gery en Johan-Adam was besonders stil gewees die dag. Ons het stilgehou by ‘n plek waar ons koffie en kos kon koop. Ek en Johan-Adam se ma was in die winkel in en die mans was by die yskaste opsoek vir ‘n keel nat maak affêre, maar hul was onsuksesvol. Heeltyd het ek hom gevra of hy nie lekker voel nie, maar elke keer was sy antwoord:” Nee niks is fout nie.” Ek het gedink dat hy negatief was oor die bier en sjampanje wat hy nie kon koop nie. Ons het besluit om in ons eie rigting in te gaan.
Die groot vraag en viering daarna:
Steven Hamilton Memorial was op Johan se te-doen-lys. Hy het vir my die vorige aand gewys en gesê dat hy hierdie regtig wil gaan sien. Ons was by hierdie massiewe klip/rots gewees. Dit was so ongelooflik mooi gewees. Ons het daar rondgekyk en Johan het gesê hy wil graag ‘n foto neem, maar hy wil ons rûe afneem sodat mens kan sien hoe groot die klip is. Ek het toe daar bly staan en kyk na die klip. Hy’t nogal lank gevat om te kom sodat ons die foto neem. Toe ek omdraai om te kyk hoekom vat hy so lank is hy op sy knieg.
Moenie my vra wat het hy alles gesê nie, want ek kan nie onthou nie. Die gevoel van VREDE het my oorspoel en ek het uitgebars in trane van blydskap. Ek het ja gesê! Die gevoel van dankbaarheid en vrede het die hele oomblik ingespoel. Beide van ons kon nie ophou glimlag nie. Dit was regtig ‘n besonderse gevoel vir ons albei.
Ek dink Johan-Adam het meer ‘n gevoel van verligting gehad, want nou hoef hy nie meer die ring met ‘n valk oog dop te hou nie. Nie te min, ons het sy ouers gewaar en daar gestop, hul het sommer uitgebars in trane en gesê “Welkom in die familie”. Sy sussie Doretha het op en af gespring van blydskap en wou net vir vreemde mense sê ons is verloof. Terug by ons huisie het ‘n vuur aangesteek en dadelik ‘n bottel sjampanje oopgemaak om dit te vier.
<
Hoekom ons mekaar liefhet:
My gunsteling eienskappe wat ek hou van Johan-Adam is verseker sy lag. Dit is baie aansteeklik en as hy eers begin lag dan kan ek nie ophou lag nie. Hy is baie eerlik, hy is regtig iemand wat, what you see is what you get met geen pretensies nie. Die manier hoe hy sy ma, sy naastes hanteer, asook my diere is regtig vir my so mooi eienskap. Hy is ‘n man van God en sy geduld, liefde en dankbaarheid vir die Here se Skepping is regtig besonders en iets om na op te kyk. Ek is regtig so so bevoorreg met so toekomstige man!
Ilandré is een van die ongelooflikste mense wat ek al ooit ontmoet het. Sodra sy in die omtrek is, is dit asof die son sy eerste strale oor die randjie laat skyn. Daar is altyd ‘n positiewe gesindheid en dis asof haar aura almal laat ophelder. Sy is gevestig in haar geloof en met dit gesê is die eerste gedagtes wat in my kop verskyn die volgende: lojaal, saggeaard en ter selfde tyd sterk en standvastig, opreg en betroubaar. Sy het altyd net die ekstra bietjie liefde in elke klein dingetjie en situasie. As ons oë mekaar ontmoet smelt my hart met die wete dat ek saam met haar kan oorlog toe gaan. Enige boerseun se droom!
img class=”alignnone size-medium wp-image-271607″ src=”https://www.mooitroues.co.za/wp-content/uploads/2025/07/Ilandre-Johan_0020.jpg” alt=”” width=”1080″ height=”1620″ />

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan om 27 September 2025 te trou. My ouers is baie moeilik met die trou reëlings, so as alles goed gaan trou ons daardie datum. Ons is dan 10 maande verloof voordat ons trou. Ons hou aan vertrou op die Here dat alles in plek sal val.

Die verloofring:
Ons het by die eerste juwelier gaan draai en hulle verloofringe gaan aanpas. Ek het ‘n baie groot ring aangepas en dit was so mooi, maar dit het nie vir my so seer oop die klip gegaan nie. Johan kon my vra met ‘n draadring en ek sou nogsteeds ja gesê het. Ek wou ‘n eenvoudige steen gehad het, maar Johan-Adam wou bietjie detail ingesit het. Ons het darem ooreengekom op een steen, want ek wat tussen die plaas is en skool wil mens ‘n ring hê wat prakties is.
Johan-Adam het die ring laat maak en die dag toe ek die eerste keer daarop oog gelê het was dit so pragtig, toe eintlik presies wat ek wou gehad het en dit het perfek gepas.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Ek stel nou al Fern Photography voor. Haar foto’s is puik en sy is regtig ‘n besonderse persoon. Sy laat jou gemaklik voel en akkommodeer jou en jou metgesel. Ons wou die foto’s gebruik het vir ons trou uitnodiging, asook op die troue. Ons wil graag die foto’s ontwikkel en dit gebruik in ons huis en in ‘n foto album. Ek voel sterk dat mens verlowing foto’s moet doen met dieselfde fotograaf wat jy op die troue wil gebruik, sodat jy as bruid en bruidegom kan sien is dit wat jul gedink het of nog beter of dalk besef jy oh weë dit is nie wat jy gedink het nie dan kies jy ‘n ander fotograaf. Ons verlowing fotosessie was so gemaklik en Unaresa het ons so op ons gemak laat voel.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Soos enige paartjie wat op trou staan moes die groot vraag eers gevra word. Dit is vir ons so belangrik dat ons besluit om die besonderse tyd vas te vang en terselfdertyd die fotos dan te gebruik vir die troue se uitnodigings.
Unaresa het ons gehelp met die kleure en klere van die fotosessie. Ek wou baie graag dit gedoen het in ‘n roos tuin. My goeie hartsvriendin was mal oor rose en die liefde het by my ook geblom. Ek en Johan is lief vir die Here se natuur en hoe beter is dit nie om in so mooi tuin foto’s te neem nie. Ludwig rose was ons keuse omdat hul ook later oop gebly het om ons foto’s te akkommodeer. Dit was die naasste vir my en Johan om deur te ry van Limpopo af.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Om eerlik te wees is daar geen verwagtinge nie behalwe om mekaar te ondersteun en te waardeer deur die hele verlowings- en trou reëling tydperk nie.

Visie vir droomtroue:
Ons gaan trou in die wit NG kerk gebou op Nylstroom, waarna die gaste dan sal vertrek na die onthaal sowat 40 km buite die dorp op pad Vaalwater toe. Daar gaan ons die bruilofsfees hou in ‘n Tabakstoor. Peuselhappies gaan in klein houers wees en die kinders gaan Lucky-Packets kry. Die peuselhappies gaan op ‘n trekker se sleepwa uitgepak word. Die gaste gaan op bale sit en kuier terwyl ons foto’s gaan neem.
Ons dekor kom al die pad van Louis Trichardt af en daar gaan ‘n hele paar skape op die spit wees. Eenvoudige boerekos: pampoenterte, klein aartappels, uie, gebakte brode, mengel slaaie en nagereg is Malva poeding. Blomme is proteas, gyp en populier blare. Die beplande gastelys beloop 300 gaste insluitend kinders. Daar gaan ook ‘n whiskey-en cigar lounge wees. Ons gaan meel op die vloer gooi en net die bruilof vier saam ons hartsmense in die hartjie van die bosveld, in die hange van die Waterberge.

- Fotograaf: Fern Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Ludwig Roses | Kontak
- Grimering: Lizelle Lombard | Kontak
- Hare: Lizelle Lombard | Kontak

