Jean en Jean se selfdoen buitelug troue in Wellington straal ’n ontspanne en natuurlike sjarme uit. Verbeel jou ’n lieflike somersaand, omring deur die skoonheid van die Boland.
Hierdie troue is propvol selfdoen idees en die elemente is net te besonders om vir onsself te hou. Die paartjie het die servette wat op die tafels gebruik is, self laat maak en hulle ontwerp op die lap laat druk vir ’n persoonlike aanraking. Hulle het ook die welkombord self gemaak en saam met die naamkaartjies het elke gas ’n individuele briefie ontvang, ’n gebaar wat moeilik is om te oortref.
Die tafels was elegant versier met wit tafeldoeke wat tot op die grond gehang het, deurskynende stoele en ’n ontspanne rangskikking van blomme, vrugte en potjies wat die paartjie self gemaak het. Tesame met kerse het lanterns op die tafels ’n unieke en rustige atmosfeer geskep wat die dekor van hierdie troue só besonders gemaak het.
Die bruid het stralend gelyk in ’n rok wat spesiaal vir haar deur ’n vriendin gemaak is. Haar rok was ’n ligte, romantiese A-lyn silhoeët klassiek en vleiend. Die torso en skouerbandjies is versier met pêrels en fyn kralewerk wat blom- en blaarmotiewe subtiel laat skitter het. Die bruidegom het perfek by sy bruid én die gevoel van die troue gepas in ’n liggroen pak, vars wit hemp sonder das, en bruin leerskoene.
Nie almal het ’n talentvolle vriendin wat ’n trourok kan maak nie, maar moenie stres nie! Op Mooi Troues se aanlyn trougids sal jy professionele trourok verskaffers vind wat dalk sommer ook soos ’n vriendin voel teen die tyd van julle groot dag.
Jean en Jean se viering is ’n bewys dat opregte, persoonlike aanrakings ’n troue net nóg meer onvergeetlik maak. Rol af en geniet elke foto vol betekenisvolle detail.

Trourok:
Die rok het ‘n ligte, romantiese A-lyn silhoeët met ‘n V-nek, lae rug en smal bandjies wat lyk soos pêrels. Die kant het fyn kralewerk en motiewe van blommetjies en blaartjies. Spesiaal gemaak deur die bruid se vriendin en die bruid het baie van die bodice se kant aangewerk. Die romp is met verskriklik baie lae fyn tule en satyn gemaak. Die borsstuk is organza, satyn, tule en kant.

Verloof- en Trouringe:
Verloof ring: My tannie het vir my ʼn geel goue ronde natuurlike diamant ring geskenk gegee. Jean het die ring na ‘n juwelier geneem en ses klein diamante by gesit. Die trou ring is ʼn organiese wobble ring wat mooi inskakel met die verloof ring.
Bruidegom: ‘n 100 jaar oue, goue familie ring. 5mm.

Paartjie se Verlowing:
Dit was interessant! Na die oomblik nie reg was op ʼn naweek weg in Tulbagh het Jean voorgestel ons moet ʼn skemerkelkie op Tafelberg gaan drink. Ons het nie baie tyd gehad nie, dit was ʼn Vrydag middag na werk en ons het planne saam met vriende gehad na die tyd. Dit was ʼn lekker dag in November en die bubbly was al op en ons was op pad af toe Jean ons in die verkeerde rigting neem en vra. ʼn Ander paartjie wat op hulle wittebrood was het gevra of hulle ʼn foto kan neem.

Trou Dekor en Styl:
Die kleurskema was afwit, wit, sand en skakerings van lemmetjie en groen.
Ek wou hê dit moes tydloos en elegant wees, maar steeds persoonlik voel. Ons het dit persoonlik gemaak deur die verwelkoming bord self te maak, naam kaartjies was ‘n briefie vir elke gas. Die tafel servette was selfgemaak sodat ons met die lap ‘n indruk kon maak. Met handgemaakte potjies op die tafels het dit ook meer persoonlik laat voel. Die blomme was krismis rose, anthurium, druiwe en pere, as ook lisianthus, dahlias en irish bells. Natuurlik en ontspanne georganiseer vir ‘n vars en whimsical gevoel.

Trou Begroting en Beplanning:
Ons intieme selfdoen troue is oor ’n tydperk van vyf maande beplan, met ’n gastegetal van 64. Ons het ophou “begroot” na die kostes R200 000 beloop het.

- Fotograaf: Boland Photography | Kontak
- Venue: Langkloof Roses | Kontak
- Blomme: MH Conservatory | Kontak
- Bruidegom-pak: Woolworths | Kontak
- Dekor: MH Conservatory| Kontak
- Grimering: Rize Skoonheid| Kontak
- Hare: Rize Skoonheid| Kontak
- Huurdienste: Langkloof Roses | Kontak
- Huweliksbevestiger: Troy Goldie| Kontak
- Verloofring: Cape Jewel | Kontak
- Oorbelle: Shelley Taylor | Kontak
- Kroegdiens: Langkloof Roses| Kontak
- Platejoggie: Soundprint| Kontak
- Paartjie se verblyf: Langkloof Roses| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Woolworths
- Skoene: Edgars
- Skryfbehoeftes: Handgemaak
- Spyseniering: Linda Bruyns| Kontak
- Trourok: Vriendin
- Bruid se Trouring: AFNT| Kontak
- Troukoek: Familie

