Felipe en Litsa se sjarmante verlowing fotosessie is propvol verlowings vreugde. Elke foto vertel ’n deel van hul opregte geluk.
Die verloofring was ‘n verrassing vir Litsa, sy het immers vir Felipe subtiel verduidelik hoe haar droom ring moet lyk. Hy haar tog verras met ’n ring wat selfs mooier was as wat sy ooit kon voorstel.
Die paartjie wou hierdie spesiale hoofstuk in hul lewe op ‘n reeks foto’s vas vang. Met stylvolle wit-en-swart klere het hulle nie net ’n tydlose, elegante gevoel geskep nie, maar ook gemaklik voor die kamera gevoel. Só het hulle die kans gekry om hul fotograaf beter te leer ken, terwyl hul natuurlike persoonlikhede en spontane liefde duidelik deurgeskyn het.
Die liging van die fotosessie was rustig met ‘n dam wat mooi refleksie gee. Die natuurlike herfs kleure, goud, roes en sag groen ,van die natuurlike toneel het daai romanse toe gevoeg
Rol af om meer te sien van Felipe en Litsa se sjarmante verlowing fotosessie. En as jy self nog op soek is na die perfekte fotograaf vir jou groot dag, besoek gerus Mooi Troues se aanlyn trougids vir betroubare inspirasie en aanbevelings.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons was eers vriende en was albei in ontkenning dat dit liefde op die eerste oogopslag was. Ons was twee jaar in ‘n verhouding voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:
Dit was nie ‘n algehele verrassing nie, aangesien ons wel bespreek het om na die volgende stap in ons verhouding oor te skakel. Hoe, wanneer en waar die verlowing plaasgevind het, was ‘n verrassing! Die groot vraag het by die Hartford House Hotel in die Drakensberg plaasgevind. Ons het deur die pragtige tuine van Hartford House gestap en onder ‘n afdak van wingerdstokke het Felipe op een knie gegaan en die vraag gevra!

Hoekom ons mekaar liefhet:
Litsa is die mees sorgsame, liefdevolle en ondersteunende verloofde wat enigiemand ooit kon vra. Ek voel ongelooflik geseënd om haar in my lewe te hê. Dis uiters moeilik om my gunsteling eienskappe van Litsa uit te wys, want daar is eenvoudig te veel!
Ek dink nie ek kan sê ek het gunsteling eienskappe van Felipe nie, maar om ‘n paar uit te lig wat kan verduidelik hoekom ek hom so liefhet, sou wees dat hy onselfsugtig, sorgsaam en respekvol teenoor my is.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Sewe maande, ons is naby die dag!

Die verloofring:
Vir Litsa was die ring ’n wonderlike verrassing, al het sy vroeër subtiele wenke gegee oor wat haar droom ring sou wees knipoog, knipoog. Felipe het die ring laat ontwerp, bestel en koop by GF Design Manufacturing Jewellers cc in Senderwood. George se diens, advies en persoonlike aandag aan detail was eenvoudig uitstaande. Hoewel die wêreld van verloofringe soms oorweldigend kan voel, het sy kundigheid en leiding elke besluit maklik en spesiaal gemaak.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou die fotograaf leer ken en het gedink dit was ‘n wonderlike geleentheid om ook foto’s van ons te neem om die geleentheid te vier.
Ryno van Ryno Stoltz Photography is eenvoudig die beste om mee te werk, want hy laat jou uiters gemaklik voel en leer julle as ‘n paartjie ken om te verseker dat dit in die foto’s deurskyn. Daar is eenvoudig niemand wat ons sal aanbeveel behalwe Ryno Stoltz Photography nie!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou iets anders en prettige doen. Ryno het ons ook gelei met posisies en potensiële rekwisiete. Om idees met Ryno te deel, het dit maklik gemaak om ons inspirasie te vind.

v

Visie vir droomtroue:
Ons droom troue is om ons spesiale dag met ons geliefdes te deel. Die res is alles ekstra. Ons reël ons eie troue – dekor, spyseniering, ens. Dit was pret en ‘n wonderlike tyd om as ‘n paartjie nader te kom!

- Fotograaf: Ryno Stoltz Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: The Lakeside – Weddings & Events | Kontak
- Grimering: Beauty By Bee
- Verloofring: GF Design Manufacturing Jewellers cc Senderwood| Kontak

