Lyon en Jadon se rou elegansie troue in Pretoria is ’n ode aan die natuur. Hierdie paartjie se troue by Venue Nouveau in Pretoria is ’n vars en unieke huldeblyk aan die natuur, sonder enige blomme, maar gevul met die rou skoonheid van veld en bos.
Dié stylvolle paartjie het doelbewus gekies om die natuur as inspirasie te gebruik. Die dekor was volledig blomvry en het bestaan uit aardse kleure, natuurlike teksture, en elemente soos pampasgras, eukaliptus en verskeie veldblare. Pampas het ’n dromerige gevoel geskep, terwyl die blare weelderige groenigheid gebied het.
Die tafeldekor was minimalisties en stylvol sonder tafeldoeke, maar met natuurlike linne, eenvoudige borde en dekor wat subtiel bydra tot die atmosfeer. Kristal kandelare en sagte linne drapering het ’n romantiese warmte geskep, en die hele styl het perfek ingeskakel by die natuurlike omgewing. As persoonlike aanraking het die paartjie hul spyskaarte self ontwerp, nog ’n bewys van hul liefde vir detail en egtheid.
Lyon en Jadon het hul trou uitrustings net so deeglik beplan. Beide bruidegomme het groen pakke gedra met vars wit hemde, afgerond met bruin leer skoene en -belde. Hul boutonnieres het pragtig by die organiese trou tema aangesluit.
Die fotosessie het alles vasgevang wat mens van só ’n troue sou verwag: lag, opregte emosie, spontane oomblikke en die paartjie se outentieke geluk. Alles verewig in pragtige foto’s.
Mooi Troues se lesers sal beslis inspirasie vind in hierdie unieke, persoonlike en stylvolle benadering tot troudekor. Daar is krag en skoonheid in eenvoud en Lyon en Jadon se troue is die perfekte bewys daarvan.

Meer oor Venue Noveau:
Droom jy van ’n troue wat stylvol én natuurlik is? Venue Nouveau is ’n versteekte juweel in die Bronbergberge net buite Pretoria-Oos. ’n Unieke trou venue wat moderne elegansie en rou natuur in perfekte harmonie laat saamvloei.
Met sy kenmerkende industriële swart glasvensters en asemrowende uitsigte, bied Venue Nouveau die ideale agtergrond vir jou spesiale dag. Elke hoek van hierdie stylvolle venue vertel ’n storie. Van rustieke hout plafonne en Franse klip details tot kontemporêre afwerkings wat karakter en warmte bring.
Venue Nouveau bied drie betowerende ruimtes om van te kies. BergBelofte is ons buitekapel langs ’n kabbelende stroom perfek vir ’n rustige, intieme seremonie in die natuur. La Vie is ’n romantiese tuin-ingang met oop klipboë, kristal ligte en ’n koperklok, wat lei tot ’n seremonie onder ’n majestueuse immergroen boom. Die Venue Nouveau hoof onthaalsaal skep ’n dramatiese atmosfeer met sy glasvensters, Franse klip kaggel en ou-wêreldse bekoring, ideaal vir ’n elegante onthaal.
Ons is trots op ons troeteldier-vriendelike benadering, want jou viervoetige vriende verdien ook ’n plek by die feesvieringe. Ons bruid- en bruidegom kamers is ontwerp vir gemak en styl met privaat voorbereidingsruimtes, ’n gesellige buite sitarea en selfs ’n braai vir die manne.
Venue Nouveau is nie net ’n plek nie, dis ’n ervaring. Kom ontdek waar rou natuur en tydlose elegansie saamkom om jou droomdag waar te maak.

Paartjie se Uitrustings:
Ons het gekies vir ’n minimalistiese, maar uitgesoekte benadering tot ons uitrusting. Donkergroen pakke het die toon aangegee — stylvol en aardseleg, perfek vir die moderne rustieke gevoel van ons troue. Ons het dit gekombineer met wit hemde, bruin leerbande en bruin skoene vir ’n warm, natuurlike kontras.
Ons boutonnières was saamgestel uit verskeie grasplante en natuurlike elemente — eenvoudig, uniek en in harmonie met die dekor. Gaste is versoek om formeel in swart geklee te kom, wat nie net ’n gevoel van samehorigheid geskep het nie, maar ook die natuurlike kleure van ons uitrusting en troudekor op pragtige wyse laat uitstaan het. Elke keuse is gemaak met die doel om styl, eenvoud en natuur met mekaar te verweef.

Paartjie se Liefdesreis:
Ons het nooit op die tradisionele manier verloof geraak nie—daar was geen ring of groot oomblik nie. Ná vyf jaar van liefde, lag en saamgroei, het ons net geweet: dit is tyd. Van die eerste dag af het ons gevoel dat ons vir mekaar bedoel is—die perfekte “match”. Trou is vir ons nie ’n formele besluit nie, maar ’n natuurlike, vreugdevolle stap in die reis wat ons reeds saam begin het. Ons kies mekaar elke dag, en nou kies ons om dit vir altyd te doen.

Trou Dekor en Styl:
Ons trou dekor was geïnspireer deur die natuur self — ’n viering van eenvoud, aardse skoonheid en rou elegansie. Ons het gekies om blomme heeltemal uit te laat, en eerder die natuurlike elemente van buite na binne te bring. Die ruimte is gevul met ’n oorvloed groenigheid: van pampasgras, eukaliptus en verskeie blare tot teksture van veld- en bos-elemente wat die gevoel geskep het asof jy in die hart van die natuur trou.
Lang lappe het van die dak af gehang, verweef met tolbosse om ’n sagte, dromerige gevoel te gee — ’n balans tussen elegant en organies. Die tafels is eenvoudig maar stylvol gedek met natuurlike kleure in linne, borde en bykomstighede — niks wat geskree het vir aandag nie, maar alles wat sag inpas by die omgewing.
Selfgemaakte spyskaarte met teksture van natuurlike vesels en aardse kleure het die dekor afgerond, as ’n persoonlike en unieke element van die dag. Alles het saamgewerk om ’n atmosfeer te skep waar eenvoud en natuur mekaar op die mooiste manier ontmoet.

Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul troue binne minder as ’n jaar beplan met die hulp van ’n professionele koördineerder, vir ’n intieme groep van 50 gaste en ’n begroting van R175 000.

- Fotograaf: Lafren Productions | Kontak
- Venue: Venue Nouveau | Kontak
- Blomme: Lily Grace Flowers & Decor | Kontak
- Eggenoot A – Uitrusting: Markhams | Kontak
- Eggenoot B – Uitrusting: Markhams| Kontak
- Dekor: Lily Grace Flowers & Decor| Kontak
- Grimering: Di’s Artistry| Kontak
- Hare: Di’s Artistry| Kontak
- Huwelik kontrak: Smith Inc Attorneys & Cinveyancers| Kontak
- Huurdienste: Venue Nouveau| Kontak
- Huweliksbevestiger: LoveBridge_Marriageofficer| Kontak
- Juweliersware: Markhams
- Koördineerder: Venue Nouveau| Kontak
- Kroegdiens: Venue Nouveau| Kontak
- Musiek: Venue Nouveau| Kontak
- Paartjie se verblyf: Kammafrans Guesthouse| Kontak
- Eggenoot A – Gevolg Uitrustings: Markhams
- Eggenoot B – Gevolg Uitrustings: Markhams
- Eggenoot A – Trouring: Versace
- Eggenoot B – Trouring: American Swiss
- Skoene: Markhams|
- Skryfbehoeftes: PNA
- Spyseniering: Venue Nouveau| Kontak
- Troukoek: Melinda’s Kitchen| Kontak
- Videograaf: Lafren Productions | Kontak
- Wittebrood Plek: Kambaku River Lodge – Kruger National Park – Malelane| Kontak

