Lohan en Saenzee se strand fotosessie in Wildernis is asemrowend mooi en bied beslis inspirasie vir paartjies wat op soek is na idees vir hul eie fotosessie. Die sagte lig in die foto’s, saam met die pragtige agtergrond van berge, strand en see, skep die perfekte atmosfeer vir ʼn romantiese fotosessie. Die Tuinroete is ʼn gewilde bestemming vir paartjies, juis vanweë die oorvloed natuurlike skoonheid.
Dit is altyd belangrik vir paartjies om ʼn fotograaf te kies by wie hulle gemaklik voel. Wanneer ʼn paartjie ontspanne is voor die kamera – soos Lohan en Saenzee – straal dit duidelik deur in die foto’s.
ʼn Paartjie fotosessie is altyd ʼn wonderlike idee – nie net om mooi foto’s saam te hê nie, maar ook om kosbare herinneringe te skep. Daar is soveel redes waarom ons sterk aanbeveel dat paartjies ʼn fotosessie oorweeg.
Een van die belangrikste elemente vir ʼn suksesvolle paartjie fotosessie is die uitrustings. Kies liewer neutrale kleure vir jul klere – kyk net hoe pragtig lyk Lohan en Saenzee se keuses. Saenzee se ligte rok komplementeer perfek Lohan se ligte broek. Hy het ʼn ligblou knoophemp gedra wat ʼn effens meer formele gevoel gee, maar steeds perfek pas by die ontspanne styl van die sessie.
Rol af om meer te lees oor die paartjie se reis saam – en geniet die betowerende foto’s.
so mooi vasgevang het.


Die eerste ontmoeting:
Dit was ʼn warm Desember middag in Mosselbaai, die wind het woes oor die see gewaai en die lug was gevul met musiek. Dit was feesseisoen, en die hele dorpie het geleef van energie en opwinding. Ek onthou hoe ek rondgekyk het, my oë besig om alles in te neem – en toe het ek hom gesien. Hy het so in die verte gestaan, laggend, met daardie vriendelike, gemaklike houding wat my aandag dadelik gevang het. Sy glimlag was warm en sy oë helder. Iets aan hom het my hart vinniger laat klop. Dit was nie net sy voorkoms nie, maar die manier waarop hy die mense rondom hom gemaklik laat voel het.
Toe ons oë ontmoet het, het tyd vir ʼn oomblik stadig beweeg. Ek het skaam geglimlag en vinnig weer weg gekyk, maar dit was klaar te laat – hy het my gevang. Ons eerste ontmoeting was daar min gesê maar baie gevoel.
Soos elke vakansie verby gaan het die een ook maar te danke aan sosiale media kon ek hom op spoor.
En net so, sonder enige gedwonge oomblikke of ongemaklike stiltes, het ons begin gesels. Ons het gepraat oor die Here, musiek, oor Mosselbaai, oor ons gunsteling kosse en kleure en sommer net alles.

Gunsteling eienskappe van mekaar:
Ek hou baie van sy oë dit is die mooiste blou, ek hou van sy hart wat vir die here klop ek hou van sy persoonlikheid.

Drome as paartjie:
Om eendag baie groot werk vir die Here saam te doen en werklik n verskil maak in die lewe. Ons wil die wêreld sien en daar wees vir mekaar.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:
Ons oefen graag saam ons altwee is aktief, hy is ʼn rugby speler en ek is ʼn kickboxer, maar ons geniet dit om saam te dans en te sokkie dit is absoluut ʼn gunsteling vir ons.

Rede vir die fotosessie:
Net om die oomblik saam te geniet en die ervaring te beleef van ʼn fotosessie saam.

Inspirasie agter die fotosessie:
Die fotosessie se style en plek was die fotograaf se idee.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:
Oor die algemeen is Lohan baie romanties, die perfekte romantiese afspraak is as Lohan vir ons ʼn Spa bespreek en ons net saam kan ontspan en net rustige tyd hê.

- Fotograaf: La Voilà Lovers | Kontak
