Hendrik en Jancke se kleurvolle safari-troue in die Oos-Kaap was propvol pragtige elemente waarvan ons mal is. Met helder kleure soos pienk blomontwerpe en die strooimeisies se lewendige pienk rokke, het die dekor die perfekte kontras geskep teen die natuurlike groen van die wildreservaat se landskap.
Jancke het op haar troudag asemrowend gelyk in haar trourok vol fyn besonderhede. Ons is ook smoorverlief op haar pragtige pofferige skouerbaadjie wat sy saam met die rok gedra het – perfek om die koel briesie te trotseer en dit het haar voorkoms net daardie ekstra bietjie elegansie gegee. Hendrik het vir ’n meer neutrale troupak gekies, met bruin skoene en ’n bypassende das. Sy kleurvolle boutonnière het sy uitrusting pragtig afgerond en perfek ingepas by die troue se kleurvolle tema.
Die welkombord by die troue, versier met vars blomme, het sommer dadelik die toon gestel vir die dag. Ons was beïndruk met die troudekor: wit tafeldoeke as basis met plofkleure van blomme en kerse op elke tafel. Die kombinasie van klipmure en groot glasruite wat uitkyk op die prentjiemooi bosveld, saam met die kontras van die wit dekor en kleurvolle elemente, het ’n dromerige prentjie geskep.
Die onthaal self het ’n formele, maar steeds vrolike en feestelike atmosfeer gehad. Wanneer ’n paartjie daardie balans regkry, soos Hendrik en Jancke gedoen het, is dit altyd ’n wenresep.
Besoek gerus Mooi Troues se Trougids om julle eie trou diensverskaffers te vind – dit maak die beplanning soveel makliker.
Rol af om meer te lees oor hierdie betowerende troudag!

Trourok:
My trourok was ivoorkleurige, noupassend met ‘n v-nek. Die bokant was geborduurde 3D floral lace, wat vleiende om my figuur en kurwes afgeloop het. Daar was klein kristalkraletjies hier en daar op die borduurwerk wat die rok effe laat skitter het. Met bandjies was ook vol fyn kristalkraletjies is. Die middel was effe deurskynend wat die bokant afgerond het. Die lae rug van die rok het ook dieselfde borduurwerk opgehad, met knopie detail tot amper heel onder. My sleep se rante was ook afgerond met die borduurwerk.

Paartjie se Verlowing:
Ons het in ’n sprokiesmooi plek gebly buite Robertson, Die Opstal. Op pad daarheen vertel Hendrik dat die prys ʼn platter en sjampanje ook insluit. Kom daar aan en ek sien hierdie huge bos rooi rose, snacks en sjampanje op ys. Ek het glad nie iets vermoed nie, dit was mos deel van die prys.
Hendrik het gevra dat ek musiek aansit sodat ons kan eet. Hy was binne en ek het op die dek gestaan. Mistig buite, maar mooi. Hy het agter my kom staan en my vasgehou. Skielik was die atmosfeer gelaai, tóé vermoed ek iets. My hart het in my ore geklop. Hy het my na hom gedraai en my herinner aan ’n tyd terug toe hy iets vir my wou sê. Ek het dadelik geweet waarvan hy praat én wat hy wou sê. Hy het op sy knie gesak. Ek het begin lag en herhaaldelik gesê ʼnee!’ (in ongeloof van die prentjie wat ek voor my sien) terwyl ek aanhou lag het, wat verander het in trane en hom wat vir my sê om nou te antwoord. En die maskara vlek op sy hemp bly tot vandag ‘n spesiale herinnering.

Verloof- en Trouringe:
Jancke:
Verloofring is goud met klein diamantjies op die pant en ’n radiant cut diamant in die middel.
Trouring is goud met klein solitaire diamante op die pant.
Hendrik:
Hendrik se troupant is eenvoudig: ’n goue troupant sonder enige fieterjasies.

Trou Dekor en Styl:
Kleurskema:
Helder pienk, helder oranje en sagte pienk, met wit as basis.
Dekor:
Die dekor was eenvoudig met glas en wit potjies, goue messegoed, wit klei borde, wit servette, verskeidenheid kerse in die kleurskema met n wit agtergrond om die helder kleure te laat uitstaan.
Styl:
Formeel, tog vrolik.

Trou Begroting en Beplanning:
Hendrik en Jancke het hul troue self beplan oor ’n tydperk van ses maande, met ’n begroting van R300 000. Die spesiale dag is saam met 110 gaste gevier, en elke detail is met sorg saamgestel deur die paartjie self.

- Fotograaf: Providence Creative | Kontak
- Venue: Zoetvlei Wildlife Estate | Kontak
- Blomme: Fabulous Functions | Kontak
- Bruidegom-pak: Peri’s Suit Hire
- Dekor: Fabulous Functions | Kontak + Lea Draping & Decor| Kontak
- Gaste Geskenke: Selfdoen
- Grimering: Githe-Meret Hancke Koertzen Professional Makeup Artist | Kontak
- Hare: Ash Hair & Beauty| Kontak
- Huwelik kontrak: VFV Attorneys
- Huweliksbevestiger: Ds. David Higgs
- Juweliersware: Eden & Co | Kontak + Fynbos Wedding Shoppe | Kontak
- Koördineerder: Fabulous Functions | Kontak
- Platejoggie: Jacques Arendt | Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Markhams + Old Khaki
- Skoene: Shein
- Skryfbehoeftes: Selfdoen
- Spyseniering: Food with Thought | Kontak
- Strooimeisie-rokke: Pretpakkie Clothing | Kontak
- Trourok: Bridal Emporium| Kontak
- Bruid se Trouring: Stonz | Kontak
- Bruidegom se Trouring: American Swiss
- Troukoek: Familievriend
- Videograaf: Providence Creative | Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius
- Wittebrood Plek: Le Meridien Hotel

