Adriaan & Chené se Romantiese Troue in Pretoria

Paartjies wat op soek is na inspirerende idees vir hul eie troue in Pretoria, sal baie idees vind in hierdie inskrywing. Adriaan en Chené se romantiese troue in Pretoria is gevier by Venue Nouveau, met ʼn pragtige kombinasie van kontemporêre argitektuur en natuurskoon.

Die paartjie het ’n prentjiemooi seremonie gehad by die venue se BergBelofte buitelug-kapel. Venue Nouveau is ’n versteekte juweel diep in die Bronbergberge, aan die rand van Pretoria-Oos.

Dit is die perfekte trou-bestemming en ʼn droom venue vir enige bruidspaar. Omring deur die rustige natuurskoon, is dit ʼn gewilde keuse vir paartjies. Gaste kan hier vriendelike gasvryheid geniet, asook voortreflike spyseniering en ’n pragtige trou-venue.

Chené en Adriaan se onthaal het ʼn minimalistiese styl gehad, met houttafels en -stoele wat langs die mure van die lokaal geplaas is, en ʼn groot dansvloer in die middel. Die tafels was versier met gedrapeerde lappe, wit blompotte, klein kershouers, en wit blomme wat ’n gevoel van intimiteit geskep het. Die kombinasie van natuurlike elemente en sagte wit dekor het ’n romantiese, warm en gesellige atmosfeer vir die onthaal geskep.

Chené het asemrowend gelyk op haar troudag in haar trourok. Ons is absoluut mal oor die besonderhede van haar rok, veral die pragtige detail aan die bokant en die lang moue. Haar strooimeisies het liggroen rokke gedra wat perfek by die paartjie se neutrale kleurskema ingepas het. Adriaan het stylvol en dapper gelyk in sy sagte sand kleurige troupak, terwyl sy strooijonkers dieselfde groen dasse as die strooimeisies aangehad het, wat vir ʼn pragtige harmonie van kleure gesorg het.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se troue en hul liefdesreis.

Trourok:


Chené se trourok is in Antwerpen, België gekoop by Wed2B en kom uit die Platinum-reeks. Die rok, genaamd “Miami,” is ʼn pragtige fit & flare-styl, gemaak van luukse Chantilly-kant, met moderne blommotief-kant vir die moue. Die rok het ʼn unieke blomvormige sleep van ongeveer 1,2 meter, wat die geheel ʼn elegante afwerking gee. Dit het 26 knope en is ontwerp as ʼn off-the-shoulder-styl met lang moue, soos hierbo beskryf.

Verloof- en Trouringe:


Chené se verloof ring is ʼn egte ovaal diamant. Die kloue van die ring is gemaak van platinum, sodat dit die steen komplimenteer en omdat dit ʼn sterk metaal is, terwyl die res van die band 9 karate goud is, 2mm breed. Die diamant is gelig van die pant, sodat die trou pant(e) teenaan die verloof pant kan sien. Hierdie diamant word vasgehou deur 6 kloue.

Chené het 2 troupante, nl.
– 18 karaat, 1.8mm goue band
– ʼn witgoud band, met 6 gewone ronde diamante, en 3 emerald cut diamante.

Die ringe is alles los van mekaar, sodat dit op verskillende maniere gedra kan word, en ander juwele bygesit of weggevat kan word soos nodig.

Ek het ʼn 9 karaat goue band, 5mm breed, met ons troudatum en ʼn spesiale Bybel vers aan die binne kant gegraveer.

Paartjie se Verlowing:


Ek en Chené het basies twee keer verloof geraak.

Die eerste keer was ʼn verassings verlowing. Ek en Chené het die oggend gegaan om na Venue Nouveau se Black Friday Special te gaan kyk om moontlik die venue te bespreek vir wanneer ons wel verloof is. By die venue is ons alleen na die uitkyk punt bo-op die berg, waar die trou foto’s geneem word. Ons was daarna toe om te “kyk of dit mooi fotos sal neem”. Ek het daar vir Chené gevra om te trou. Sy wou nog altyd ʼn alleen oomblik gehad het, sonder fotograwe, vriende en selfs familie, en het altyd gesê ons moet die oomblik kan ervaar, inneem. Hier het ons verlief geraak op dié venue.

Die tweede, herbevestiging van ons verlowing het gekom toe ek en Chené ons lewe aan die Here belowe het. Deur die proses het ons dit belangrik geag om weer te herbevestig, hierdie keer op die regte fondasie. Dit het privaat aan die etenstafel gebeur in ons woonstel in Houghton. Hierdie is ook die eerste keer wat iemand hiervan bewus gemaak is.

Meer oor Venue Nouveau:


Venue Nouveau is ʼn pragtige trou-venue, geleë in die hart van die Bronbergberge, net buite Pretoria-Oos. Dit bied ʼn betowerende agtergrond vir enige troue, met ʼn omgewing wat die skoonheid van elke seisoen perfek vasvang. Die venue meng moderne en kontemporêre elegansie, met argitektuur wat ʼn storie in elke hoek en detail vertel. Die industriële swart glasvensters bring die buitelewe na binne en bied ʼn asemrowende uitsig oor die omliggende bergreeks.

Venue Nouveau het verskeie unieke ruimtes vir jou spesiale dag. Die BergBelofte-buitelugkapel skep ’n intieme atmosfeer met die rustieke klank van ʼn kabbelende stroompie. La Vie, ʼn romantiese seremonieruimte, spog met oop klipboë, kristalkandelare en ʼn koperklok onder ʼn majestueuse boom. Die hoofruimte, Venue Nouveau, is ʼn elegante mengsel van industriële glasvensters, ʼn Franse klipkaggel en hergebruikte hout, wat moderne sowel as ou wêreldse bekoring uitstraal.

Troeteldiere is welkom by Venue Nouveau, wat beteken dat jy jou harige vriende ook by jou spesiale dag kan betrek. Die venue bied ʼn stylvolle en gerieflike bruidskamer, terwyl die bruidegom se kamer ’n gesellige ruimte is om saam met vriende te ontspan. Kom visualiseer jou perfekte dag by Venue Nouveau, waar elke detail met sorg ontwerp is om jou troue onvergeetlik te maak.

Trou Dekor en Styl:


Ons kleurskema was hoofsaaklik wit dekor met ligte kleure, gemik daarop om die natuurlike elemente van die venue te komplimenteer, asook om die donker skakerings wat rondom die natuur en venue gevind kan word, te breek. Die mikpunt was om die troue ʼn warm gevoel te gee, met sagte, wit elemente. Ons het ook probeer om minimale veranderinge aan te bring, sodat die venue oop en ruim voel.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie se troue is beplan oor ʼn tydperk van 10 maande met die hulp van ʼn troubeplanner, en die begroting vir die dag was R300,000. Daar was altesaam 63 gaste wat die spesiale geleentheid bygewoon het.


    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: