Beplan die Perfekte Tydlyn vir Julle Groot Dag

Beplan só julle troue se tydlyn met behulp van Mooi Troues se fantastiese tydlyn advies hieronder. By Mooi Troues is ons hoofdoel om paartjies te help om hul troue so stresvry as moontlik te beplan. Om te besluit of julle ʼn dag- of aandtroue wil hê, is op sigself reeds ʼn groot besluit.

Indien jul beplanning nie goed gedoen word nie, of as julle alles vir die laaste oomblik los, kan troubeplanning baie stresvol wees. Maar moenie bekommer nie! Hierdie artikel help jou om te verseker dat alles op die dag van jou troue glad verloop, sonder dat jy hoef te stres oor die tyd of wat wanneer moet gebeur.

ʼn Goed opgestelde skedule verseker ook dat al jou diensverskaffers weet wat wanneer gebeur, sodat alles vlot verloop op die troudag. Die belangrikste is dat jy genoeg tyd het om saam met familie en vriende te spandeer, sonder om heeltyd rond te hardloop. Hierdie artikel is veral nuttig vir paartjies wat self hul troue beplan. As jy egter ʼn troukoördineerder gebruik, is die onderstaande inligting net ʼn riglyn, aangesien meeste koördineerders hul eie skedules en tydlyn-benaderings het.

Advies vir Dag Troues se Tydlyn:


Dag troues is die perfekte opsie vir kleiner of buitelug troues.  Dit nie die reël nie en mens kan dag troues vir enige grootte en tyd van die dag doen, dit is net die mees algemeenste. Indien julle ʼn dag troue het, sal jul trou gaste gaste gewoonlik so teen 10 voormiddag of 11 voormiddag begin arriveer.

Foto’s:

Die grootste kommer is vir die fotograaf is sonlig, omdat die lig in die voormiddag en middag baie hard is. Maak seker julle vra jul trou fotograaf voor die tyd of hulle in harder lig kan afneem of waar en wanneer hy/sy die fotosessie sal doen vir die beste resultate. Ons beveel dus aan dat julle jul fotosessie aan die einde van jou troudag, gedurende skemer doen vir dag troues. Julle sal steeds daardie mooi, sagte en romantiese foto’s kan kry, soos paartjies wat aand troues het.

Tempratuur:

Onthou ook dat daar ʼn moontlikheid kan wees dat dit warm kan wees op jul troudag. Julle moet seker maak dat daar genoeg skaduwee vir jul gaste is. Maak seker dat julle genoeg sambrele of skadu tente het om voldoende skaduwee te bied.

ʼn Ander oulike idee is om gratis SPF aan jul trou gaste te spuit wanneer hulle arriveer en ʼn Oshibori (lou warm waslappie) te gee om hulle hande daarna af te was. Julle kan dit weer herhaal voor die onthaal.  Só weet julle al jul trou gaste is gemaklik en sal nie die volgende dag sonbrand hê nie.

Spyseniering:

As julle kos in ʼn buffet-styl wil bedien, of soetigheid het soos ʼn koektafel of vingerhapppies tafel, maak seker dat julle ʼn mooi net het om oor dit te plaas.  Die laaste ding wat jy wil hê is dat vlieë op jou gaste se kos sit terwyl hulle opskep. Dit is ook ʼn oulike idee om die kos onder ʼn skadu tent of sambreel te doen, sodat die sonlig nie dit bak en te warm maak nie, veral soetigheid wat koeler bedien moet word.

Reis tyd:

Onthou om in te reken hoe ver julle moet reis vanaf waar jul regmaak tot by jul seremonie, en vanaf die seremonie na die onthaal.  Dit sal ook help met die tydlyn se uitleg indien alles nie in die selfde ligging is nie.

Voorbeeld skedule vir dag troues:

07:00  Begin Grimering en Hare
10:30   Begin Aantrek
11:00   Kerkdiens
12:30   Familie foto’s
13:00   Onthaal
17:00   Fotosessie

Die boonste skedule is slegs ʼn voorbeeld en dit kan aangepas word soos julle wil.

Advies vir Aand Troues se Tydlyn:


Aand troues is gewoonlik ʼn bietjie meer formeel, en daar is dikwels meer gaste teenwoordig. By aand troues word daar gewoonlik gedans, musiek gemaak en die gaste is baie sosiaal. Dít is ook die meer tradisionele opsie vir paartjies en die opsie wat meeste paartjie mee bekend is en doen.  Nét soos die dag troues, is ʼn skedule van julle troudag baie belangrik om seker te maak dat julle ʼn stresvrye troudag het.

Voorbeeld skedule vir dag troues:

11:00   Begin Grimering en Hare
15:15    Begin Aantrek
16:00   Kerkdiens
17:00   Familie foto’s
17:30   Fotosessie (gaste kry gewoonlik vinger happies die tyd)
19:00   Onthaal

Fotosessie Tye:

Die fotosessie tyd kan vroeër in Winter wees en later in die Somer. Gaan kyk op die sonsopkoms en sonsondergang berekening deur hier te klik om julle troudag daarvolgens te beplan. Dit is baie belangrik dat julle met jul trou fotograaf te gesels oor die fotosessie tyd. Jul trou fotograaf sal vir julle die beste tyd vir jul trou foto’s kan adviseer, omrede elke fotograaf se skemer foto’s op verskillende tye gedoen word. Sommige trou fotograwe verkies om later as die geskeduleerde aanvangstyd te begin, daarom is dit belangrik om met julle fotograaf vooraf te gesels.

Nog Raad:


ʼn Trou skedule is vreeslik belangrik, dit help om onnodige stres te vermy en die loop die dag te vergemaklik. Almal weet ook dan presies hoe laat hulle waar moet wees. Hieronder is nog ʼn paar oulike advies punte.

ʼn Rowwe idee van hoe lank sekere dinge neem:

  • Grimering en hare:  +- 3 tot 4 ure
  • Aantrek:  +- 20 minute
  • Kerkdiens:  +- 1 uur
  • Familie foto’s:  +- 20 minute
  • Onthaal:  +- 3 tot 4 ure
  • Fotosessie:  +- 1 tot 1 ½ ure

Vir die Fotosessie:

Vir jou fotosessie klik hier om te sien wanneer die son in jou area sak.  Maak seker jy beplan jou fotosessie so ʼn uur tot uur en ʼn half voor jou onthaal vir aand troues.  Die sonlig is dan die beste vir romantiese foto’s. Vra jou fotograaf wat hom/haar die beste sal pas vir die beste foto’s.

Vir die Familie foto’s:

Maak ʼn lys van groepe familielede wat jy afgeneem wil hê tydens jou familie fotosessie direk ná die kerkdiens. Dít verseker dat al jou familie, wat jy bymekaar afgeneem wil hê, deel is van die lys.  Die res wat nie op die lys is nie moet gedurende die onthaal ʼn kans afknyp vir vinnige informele foto’s.

Trou Diensverskaffers Tydlyn:

Die tydlyn hierbo is ʼn kort oorsig. Daar is eintlik twee tydlyne: een vir julle troudiensverskaffers en die ander een vir julle gaste se program. Maak seker dat julle ʼn behoorlike tydlyn vir die troue opstel en dat al julle diensverskaffers die skedule ten minste twee weke voor die troue ontvang, sodat almal ingelig is oor wat gaan gebeur.

Artikel Krediet: