Diรฉ paartjie se troue is die perfekte balans tussen, elegant, modern en klassiek. Adrian en Rachel se deftige troue in Franschhoek het soveel mooi klassieke elemente en bied tonne trou inspirasie vir toekomstige bruide.
Rachel, die bruid, is self ล trou videograaf en sy is mal oor beweging. Haar droom was dat sy ล trourok het wat lig was en ook beweging het. Die groot pofferige moue skep ล eksentrieke voorkoms wat perfek pas by hul troudag se voorkoms. Hul strooimeisies en strooijonkers was ook almal formeel aangetrek in swart.
Rachel en Adrian het ล pragtige buitelug seremonie gehad in die versorgde tuine van hul trou venue.
Helรฉ en haar talentvolle span van N Concepts and Designs het seker gemaak geen detail was bespaar wanneer dit kom by die dekor en blom ontwerpe van die paartjie se troue nie. Hulle het van die begin af die blomme en dekor saam met die paartjie konseptualiseer en dit ล realiteit gemaak.
Die drapering in die onthaal lokaal bedek dak tussen deur die kandelare en skep ล baie romantiese voorkoms vir die onthaal lokaal. Ronde tafels met die mooiste los blom ontwerpe as fokus punt versier die onthaal lokaal. Kerse op die tafels het ล warm en gesellige atmosfeer geskep waar gaste gesellig kan feesvier.
Trunk Events se professionele span was Rachel en Adrian se op die dag koรถrdineerders. Hulle het seker gemaak alles verloop seepglad op die paartjie se troudag en dat die paartjie ล stresvrye troudag kon geniet.
Rol af om meer te lees oor Adrian en Rachel se deftige troue in Franschhoek en hul liefdesreis. Geniet die pragtige fotoโs wat Duane Smith Photography afgeneem het.
Paartjie se Liefdesreis:
Vir twee jaar het die pandemie die wรชreld in afsondering gestuur. Mense het op verskillende maniere konneksie gesoek. Vir een paartjie het dit via die maatsoek-app, Hinge, gekom.
In Augustus 2020 het hul wedersydse liefde vir Japan die gesprek aan die gang gesit en hulle het natuurlik gedink die ander een was ล goeie vangs.
Adrian het Rachel in September daardie jaar gevra om sy meisie te wees. Nadat hy twee jaar lank gelukkig hul liefde verken het, het Adrian die vraag ล week voor Rachel se verjaardag gevra. Hy het ล privaat verlowing in hul woonstel beplan met ล rooi tapyt, springmielies en persoonlike fliek kaartjie vir ล nostalgiese tuisgemaakte video van hul verhouding reis.
Hulle is in Junie 2022 verloof en het in Oktober 2023 getrou.
Soms kom liefde op onverwagte maniere na vore.
Trourok:
My trourok het net twee kategorieรซ gehad toe ek daarna gesoek het. Dit moes lig wees en beweging hรช. As ล trou videograaf myself, is ek mal oor beweging! Ek wou met gemak in my rok hardloop en ronddraai. Gelukkig het Blanco Bridal, nadat ek ล paar gelukkige aanspraakmakers probeer het, my droomrok gehad! Die materiaal was soos lug en die bykomende moue het my laat voel asof ek werklik op wolk 9 is.
Trourok detail:
Silhoeรซtte: A-lyn
Materiaal: Organza
Hals: Bandeloos / V-nek
Kleur: Ivoor
Moue: Vloeiende oop skouers.
Lengte: Katedraal snit met โn sluier.
Detail: Gordel met strik en afneembare moue.
Styl: Minimalisties, Romanties en Pofferig
Skoene:
My skoene is van La Paire Shoes, wat Bella Belle in voorraad het. Ek was opsoek na elegante plat skoen, want ek wou gemaklik wees deur die heeldag. Hulle het die wonderlikste plat skoene gehad met ล blou binnesool wat my iets blou geword het!
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Ek en my man het vir 7 dae voor ons troue apart geleef. Toe ons mekaar vir die eerste keer by die Bedekken sien, kon geen kamera op hierdie aarde die emosie wat ons albei in die oomblik gevoel het, vasvang nie. Adrian was oorweldig met trane van blydskap. Ek het oor-tot-oor geglimlag, want ons albei het geweet dit is uiteindelik ons tyd om ons liefde vir mekaar te verewig. Boonop was om in die paadjie af te stap ล ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. My fokus was die hele tyd op Adrian en met elke tree het ek meer opgewonde geraak. Sy neef Hayden, wat ล opera-sanger is, het โAll I Ask Of Youโ deur die Phantom of the Opera gesing terwyl ek afgestap het. Dit het almal hoendervleis gegee.
Nog ล spesiale herinnering was om al ons naaste familie en vriende in een plek te hรช. Die meeste van ons familie en vriende is van oorsee en my goeie vriende is almal in Johannesburg. Om daardie nodige kwaliteit tyd saam met almal deur te bring was dus iets wat ons albei nie sal vergeet nie.
Verloof- en Trouringe:
Rachel se verloofring is van Cape Diamonds โ Die blosende bruidblom met pavรฉ-kantstene. Dit is absoluut pragtig aangesien die kroon gemodelleer is na die protea-blom.
Ons trouringe het ons gemaak deur Sid Forman Jewellers. Rachel se trouring is ล silwer wensbeen met diamante om die verloofring styl te komplimenteer en Adrian se trou pand is ล geborselde witgoud met ล afgeronde rand.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Tracy, Monique en Kaylyn van Trunk Events het soos familie geword. Hulle het geweet dat ek โdaardie georganiseerde bruidโ gaan wees. Selfs met al die sigblaaie en inspirasie borde, kon ek dit nie op my eie gedoen het nie. Jy het 100% ล span soos Trunk Events nodig om nie net jou tydlyn te organiseer, op te volg met diensverskaffers en betalings nie, maar veral op die troudag, wanneer dit kom by die koรถrdinering van trou gaste, familie en om seker te maak dat niemand laat hardloop nie.
ล Paar dinge wat op die dag uitgestaan het, was Monique en Kaylyn wat my rok-onthulling gekoรถrdineer het. Tracy wat seker gemaak het dat gaste water het voor die seremonie. Monique wat my bruid sak uit my kamer gryp het met al my toebehore wat ek vergeet het. Kaylyn wat my na die tyd gehelp het om my partytjie rok aan te trek. Die lys kan werklik aangaan.
Ja, jy het vriende wat kan help met daardie dinge, maar om eerlik te wees gaste kuier net te lekker. Om ล span te hรช wat kan rondhardloop en jou net help wanneer dit nodig is, is eerlikwaar die grootste stresverligter!
As mense dink hulle het nie ล troubeplanner/koรถrdineerder vir hul dag nodig nie, kan ek met vrymoedigheid vir jou sรช: Nadat jy met die Trunk Events se span gewerk het, doen jy dit 100%.
Meer oor N Concepts & Designs:
Met meer as 30 jaar in die trou- en geleentheid beplannings bedryf het N Concepts and Designs gegroei van ล nederige begin tot ล welbekende onderneming.
N Concepts & Designs bestaan uit 5 hoof spanne insluitende stiliste, bloemiste, huur-, beligting- en opstel spanne. Hulle hoof fokus is blomme en dekor stilering vir troues, korporatiewe funksies, verjaarsdag funksies, maatskappy bekendstellings, ensovoorts. N Concepts & Designs bied ook meubel huur dienste, dansvloer verhuring, beligting, eetgereie, glasware en linne aan.
Hul kreatiwiteit en passie is eindeloos en met hulle โgaan-die-ekstra-mylโ-houding het N Concepts and Designs die voorkeurverskaffer in die gebeurtenis- en trou bedryf regoor Suid-Afrika gemaak. Hul rekord van gelukkige kliรซnte regoor die land spreek van self.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reรซlings:
- Maak seker wanneer jy ล trou venue kies dat jy notas maak van wat by jou trou venue se huur ingesluit is, want alles wat hul nie insluit nie sal jy moet uit kontrakteer en dit kan duur word.
- Bespreek jou trou fotograaf en trou videograaf ten minste 6 maande voor jul troudatum. Veral jou videograaf. Die grootste spyt is om nie ล professionele video van jou troudag te hรช nie. Ek kyk heeltyd ons trou films en ek kan nie wag om eendag vir my kinders te wys nie!
- Maak seker jy sit visie borde saam om jou dekor- en beligting span te help verstaan wat jy wil hรช. Dit sal jou verwagting en begroting help.
- Bring altyd ล paar ekstra plat skoene saam om enige tyd in die dag aan te trek. Hakskoene is oulik vir fotoโs en die eerste dans. As jou trourok jou skoene wegsteek dan beveel ek 100% gemak bo mode aan.
- Bruidegomme pak altyd twee hemde! Soms raak dit baie warm en met al die senuwees en dan raak jy gesweet. Dit is sรณ lekker om in ล vars hemp aan te trek voordat jy onthaal binnegaan.
Laastens, gesels met jou ander helfte en maak seker dat julle albei gemaklik is met die trou tydlyn en dat julle albei die vloei van die troudag verstaan. Dit kan stil senutergend wees as een persoon al die beplanning doen en die ander het geen idee wat om op die dag te verwag nie.
Trou Venue:
Ons het by La Paris Estate getrou. Ek en Adrian het besluit op La Paris aangesien ons baie van die opsies van al die verskillende spasies gehou het wat aan al ons behoeftes voldoen het. Dit was wonderlik om te weet dat hulle spyseniering binnehuis gedoen word en dat hul verblyf op die perseel het.
Ons Bedekken het plaasgevind in die roostuin. Met die seremonie onder die prieel en onthaal in die groot Lyceum onthaal lokaal.
Ons gevolg was die enigste gaste wat die aand voor die troue en die aand van die troue by ons gebly het. Dit was ongelooflik spesiaal aangesien ons geweet het dat die meeste van hulle nie plaaslike inwoners was nie, so hoe meer tyd saam hoe beter!
Ons verblyf was ongelooflik, want elke kamer het soos sy eie private villa gevoel en die hoรซ heinings het die stap na die blyplekke regtig soos โn sprokiesverhaal laat voel, veral saans.
Trou Dekor en Styl:
Ons trou-dekor was minimalisties en deftig. Ek het geweet ek wou hรช die kleure moet salie, wit en swart wees.
Ek het geweet ek wil hรช elemente van swart moet meer vertoon. Daarom was ek mal oor die wit anemoon blomme. Ek vind hulle visueel treffend en daarom het ek hulle by my handruiker, tafel dekor, naamborde en seremonie blomme ingesluit.
Helรฉ van N Concepts and Designs en ek het goed saam gewerk. Sy was ongelooflik en het regtig my gedetailleerde visuele voorstelling bord ล werklikheid gemaak. Veral wanneer dit gekom het om die plafon van die Lyceum onthaal saal te bedek en die Prieel-seremonie se blomme te drapeer.
Meer oor Trunk Events:
Tracy Branford het Trunk Events gestig omdat sy lief is vir mense, en ล reputasie het vir die organisering van groot geleenthede. Almal wat haar ken noem haar die beste gasvrou.
Vanaf die trou beplanning en konseptualisering van die ontwerp en styl van u geleentheid; bied Tracy ล uiters praktiese diens aan al haar kliรซnte, tot by die baie noodsaaklike verwerking van syfers om binne die trou begroting te bly. Tracy en haar span het alles gedek.
Eerste Dans:
Gravity deur John Mayer
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul troue met behulp van ล trou koรถrdineerder beplan oor ล jaar periode. Hulle het 100 trou gaste onthaal teen ล begroting van min of meer R 5,000 per persoon.
- Fotograaf: Duane Smith Photography | Kontak
- Venue + Spyseniering: La Paris | Kontak
- Blomme + Dekor: N Concepts and Design | Kontak
- Bruidegom-pak: Samwell Bespoke
- Grimering+ Hare: Marnel Toerien| Kontak
- Huwelik kontrak: Potgieter Joubert Inc| Kontak
- Huweliksbevestiger: Rudy Nadler-Nir| Kontak
- Koรถrdineerder: Trunk Events| Kontak
- Kroegdiens: Urban Tonic| Kontak
- Musiek: Get Lucky Entertainment| Kontak
- Platejoggie: DJ Cosher| Kontak
- Paartjie se verblyf: La Paris| Kontak
- Skoene: La Paire Shoes| Kontak
- Skryfbehoeftes: Secret Diary| Kontak
- Koffie: Beano Coffee | Kontak
- Strooimeisie-rokke: Vein by Wynand Lourens| Kontak
- Trourok: Blanco Bridal| Kontak
- Trouringe: Sid Forman Jewellery| Kontak
- Troukoek: Sweet Lion Heart| Kontak
- Vermaak: Martinus van Tee| Kontak
- Regstreekse Kunstenaar: Danielle Jordaan Studio | Kontak
- Horas: Cassandra โ Schtick Around | Kontak
- Videograaf: Gustav Franke| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Japan โ Tokyo, Nagoya, Osaka and Takayama
- Wittebrood Plek: Tokyu Stay Shinjuku Eastside