Ons is so opgewonde om hierdie plattelandse selfdoen trou inspirasie by die pragtige Mount High Country Estate met Mooi Troues se lesers te deel. Hierdie fotosessie het ล baie natuurlike voorkoms wat sรณ mooi werk by die ligging.
Mount High Country Estate is ล pragtige trou bestemming in Lydenburg, Mpumalanga. Omring deur die mooiste natuurtonele en prentjie mooi uitsigte, is dit enige paartjie se droom trou venue. Hulle bied nie net ล gesellige trou venue nie, maar ook luukse verblyf vir paartjies wat ook net ล breek kort van die gejaag van die daaglikse lewenstyl.
Ons hou baie van die hele gevoel van die fotosessie wat opgebreek is in verskillende voorkomste, maar nogsteeds in een vloei met mekaar. Dit gee paartjies ล goeie idee van een trou venue, met verskillende voorkomste en hoe verskillend ล plek kan lyk met net ล paar veranderinge.
Die eerste tafel se voorkoms was ล meer elegante voorkoms met kandelare, silwerware en kleurvolle donker pers blom ontwerpe. Ons is mal oor die tafel se tekstuur en die kontras daarvan teen die silwerware en blom ontwerpe op die tafels.
Met die tweede tafel se voorkoms het hulle gegaan vir ล baie meer plat op die aarde tema. Droรซ gras en dun takke in bruin potte en wat vanuit die dak hang bo die tafel is gebruik as die tafel dekor. Dit gee amper ล tipe van ล Boheemse gevoel aan die tafel.
Fotoโs van die model wat aangetrek was in pragtige trourokke was oral Mount High Country Estate se pragtige landskappe geneem. Mount High Country Estate is die perfekte speelpark vir fotograwe met soveel verskillende agtergronde en pragtige uitsigte. So paartjies sal gewaarborg wees om die mooiste agtergronde te hรช vir hul trou fotoโs.
Rol af om meer te lees oor die gestileerde fotosessie.
Wie het die fotosessie gereรซl?
Santie Mostert van Mount High Country Estate.
Inspirasie agter die fotosessie:
Natuurlike dekor elemente is gebruik. Grasse en blomme uit die veld en uit ons tuin en groentetuin is gebruik vir die fotosessie.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die span diensverskaffers is almal plaaslik. Ons wil ons plaaslike diensverskaffers blootstelling gee. Aangesien petrol nou peperduur is, wil ons die bruid aanmoedig om diensverskaffers in die omgewing te gebruik, om sodoende op reis kostes te spaar.
Agter die skerms van die fotosessie:
Ons het vier verskillende fotosessies op een dag gedoen. Die wind het baie gewaai.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Dit is verbasend met hoe min geld jy eintlik nodig het vir ล gestileerde fotosessie. Kreatiwiteit kan wonders verrig.
Dekor:
Al die dekor is alles baie natuurlik. Tafels is natuurlik hout tafels van Amatuli. Die tafels is sรณ mooi dat jy dit nie wil wegsteek met ล tafeldoek nie. Die kandelare bring die โdramaโ in.
Kleurskema:
Ons het ล natuurlike kleurskema gekies wat by die kleur van die growwe mure, sement vloere en hout tafels te pas. Die bruid het ook ล natuurlike voorkoms.
Venue en Ligging:
Mount High Country Estate. Ons het die fotosessie gedoen om te gebruik op sosiale media en ook vir platvorms soos Mooi Troues.
Trourok:
Die fotosessie is gedoen in samewerking met Relove Bridal. Dit is tweedehandse trourokke wat hulle weer verkoop.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Vir ล natuurlike dekor styl moet jy kreatief dink. Jy kan wel kyk na ล kleur wat uitstaan om ล klein bietjie lewe in te blaas. Soms sien die bruid so baie goed op Pinterest en Instagram, dan wil hulle sommer ALLES gebruik.
Op die ou end raak dit ล mengelmoes van style. Hou dit eenvoudig โ moet nie elke lewe tendens probeer inkorporeer nie. En boonop spaar jy geld!
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Mount High Country Estate
- Koรถrdineerder + Dekor: Santie Mostert
- Fotograaf: Kim Tracey Photography
- Blomme: Roos en Doring
- Grimering: Refaire lโArts
- Hare: Refaire lโArts
- Trourok: Relove Bridal