In vandag se inskrywing deel ons graag met Mooi Troues se lesers meer oor Hannes en Elzanne se pragtige troue in Mpumalanga. Soos hulle sรช daar is baie visse in die see, so het Hannes sy vissie vinnig in katrol.
Die trouvenue, @Boshoek, is so ล ongelooflike mooi venue in Mpumalanga. Geleรซ in die pragtige omgewing van Lydenburg, tussen asemrowend berge, is daar ล plek van verwondering, liefde en betowering. Met ล harmonieuse atmosfeer kan @Boshoek jou gewone troue, in iets buitengewoons omskep โ jou drome in ล werklikheid verander.
Elzanne se trourok was so elegant en tydloos. Min detail, maar baie klassiek. Ons is absoluut mal oor die ontwerp deur Bridal Manor. Hulle maak seker elke rok is so uniek aan elke bruid. Elke rok wat na ล spesifieke bruid toe gaan, sprankel net op ล ander manier. Dis soos ล handskoen. Die rokke is werklik top gehalte en indien jy sou wou gebruik maak van Bridal Manor, kliek hier.
Ons hou so baie van die pragtige fotoโs was vasgevang is deur Dust and Dreams Photography. Hulle het elke oomblik so mooi vasgevang en elke foto is so natuurlik. Hannes en Elzanne lyk so gemaklik en dis presies wat ล mens wil hรช op jou troudag. Jy wil gemaklik wees met jou fotograaf en nie ongemaklike en stywe fotoโs hรช waarna jy die res van jou lewe na moet kyk nie. Dust and Dreams Photography sal jou verwagtinge oortref.
Rol gerus af en geniet meer oor Hannes en Elzanne se pragtige troue in Mpumalanga.
Paartjie se Liefdesreis:
So ons ontmoeting by Suikerbosskuur Venue. Die kleinste plekkie ooit, tussen niks en nรชrens โฆ as jy verby die 3de Denneboom ry het jy die afdraai gemis. Dit is tussen Ermelo en Amsterdam in Mpumalanga. Ons verlowings verhaal gaan soos volg. ล Man wat skarrel om die sjampanje in te laai sonder dat ek iets agter kom, en toe nog die ring in die huis vergeet toe ons wou ry. Dit was een Saterdag oggend, ons het by ล dam op die plaas gaan hengel. Met die omruil van aas en iets kry om te drink, het Hannes voor in die bakkie gevroetel, om gestap en gevra hy wil my opinie oor iets hรช. Dis toe dat hy op sy knieg gaan en die groot vraag vra.
Die Verlowing Tydperk:
Ons het die 16de Mei 2020 verloof geraak en die 6de Februarie 2021 getrou so ons was 9 maande verloof. Die dag toe ek verloof geraak het, het ek my niggie gebel en vir haar gesรช dis tyd om die troue van die jaar te reรซl. Sy is in die trou industrie so sy doen dekor en beplanning, Natasha van Aardt (Dekokkasie). Ons 2 het koppe bymekaar gesit deur die tydperk. Ek het my idees met haar gedeel en dan het ons besluit hoe ons dit gaan uitvoer, daar was baie gepinterest.
Finansiรซle Aspekte:
Ons het nie ล begroting gehad wat tot op die sent vir ons gegee was nie. Beide van ons het met ons ouers om die tafel gaan sit met al die pryse van die troue en dan het ons so besluit wat bekostigbaar was. Ons ouers het helfte helfte gegaan op al die kostes. Ek het baie rond gesoek vir die billikste pryse op als en so het ons bespaar. Ons het begin op 150 gaste, KOVID-19 het toe op die oud einde ons finale getal 41 gaste gemaak.
Advies wat ons sal gee, almal het hierdie groot troue altyd in hul gedagtes waar jy al die ooms en tannies en die se kinders en se kinders moet nooi. Intiem was toe ongelooflik besonders en ons dink die lekkerste van als was, jyโt heel aand met almal gekuier. Onthou net, trou is nie perde koop nie. Dis ล duur speletjie so moenie dit afskeep nie, maar kyk rond, daar is orals goeie pryse vir jou perfekte prentjie.
Die โnie-so-perfekโ oomblikke:
6 Februarie en die wolke pak saam oor die pragtige natuurryke @Boshoek. Die feesvieringe moet begin en nog nooit het ons soveel reรซn aanhoudend beleef nie, maar ons sien dit as ล seรซn op ons troue, soos die oumense altyd sou sรช. Met baie lag en opgewondenheid het ons die groot dag in ons lewe begin, almal met sambrele in die hand om van punt A na punt B te beweeg, dit het eintlik die prentjie heel uniek gemaak. KOVID-19 het ook besluit om aan my trou deur te kom klop met ล nota wat vir my sรช โek gaan jou hele prentjie omkrapโ. My sussie (Elzanne se sussie) was deel van al die reรซlings al was dit nou oor die telefoon en video-oproepe maar ja, die doodskoot was toe die feit dat sy nie in die land kon kom nie, en ek my grootdag sonder haar moes doen.
Merkwaardigste Oomblikke:
Elzanne:
Na al die reรซn wat onophoudelik geval het, het ek asem gehaal en besef hierdie moet ล seรซn op ons huwelik wees. Ek en my pa het voor die kerk deure gestaan en gewag om in te stap. Hyโt my hand gedruk en dis toe ek besef, ek het my pa se volle goedkeuring, mooi wense en seรซn vir hierdie huwelik. Ons het ingestap met baie trane wat oor ons wange rol, maar toe ek my toekomstige man voor in die kerk sien, het ek besef en geweet geluk vir altyd begin vandag.
Hannes:
Verseker daai oomblik toe die kerk deure oopgaan en ek my toekomstige bruid sien, dis die mooiste prentjie ooit.
Gunsteling Diensverskaffers:
Hierdie is so ล moeilike vraag veral as mens geen diensverskaffer kan uitsonder nie, want elkeen het vir ons baie goed beteken. Maar as ek nou regtig iets oor een moet sรช is dit ons fotograwe, Dust and Dreams Photography. Dit is 2 mense met wie ons nog so ล lang pad gaan stap. Hulle het so vinnig deel geword van ons lewensreis saam. Elaine en Steph is die mees spontane, vriendelikste mense op hierdie aarde. Hulle het ล passie vir hul werk en hulle kan van elke oomblik so ล uitstekende foto maak. So as jy ooit wonder wie jou fotograaf moet wees, jy sal glad nie verkeerd gaan met hulle nie.
Venue & Dekor:
Die dag toe ek begin soek het na venues het @Boshoek heel toevallig op my Instagram verskyn. Ek het dit gaan Google en vir Hannes gesรช ek wil graag die venue gaan besoek. Ons het daar aangekom en onmiddelik het ons so ล gemaklikheid ervaar en dis presies wat ons in ล venue wou hรช. Ons wou ล plek gehad het waar ons en ons gaste gemaklik sou wees en waar ons lekker makietie kon hou.
My inspirasie met die dekor was die mooiste lap waarop ek afgekom het vol abstrakte, herfskleurige blare wat dan ook die lap servet was, wat ek gebruik het op die troue as deel van my tafeldekor. Die herfskleure het jou omvou soos jy die saal instap met unieke, droรซ hang installasies vol gedroogte en vars blomme wat mekaar komplimenteer. Bo die bruidstafel was die woorde โBetter togetherโ tussen die blom installasies wat die huwelik so mooi saamvat, want sonder die ander een kan die huwelik nie werk nie.
Eerste Dans:
Beide van ons het besluit ons gaan ons eerste dans doen as ons die saal binne stap. Ons het nie vir lesse gegaan nie, ons het sommer hier in ons sitkamer op die liedjie gedans en ons het soveel pret gehad. Daar was geen snaakse bewegings nie, net ล eenvoudige dans. Ons het op Gerhard Steyn se liedjie โJyโs my hartklopโ gedans.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Elzanne โ Aan al die toekomstige bruide daar buite, om te troue is ล baie opwindende tyd wat voorlรช. Dis die lekkerste tyd in mens se lewe, maar dis nie altyd maanskyn en rose nie โฆ Om troue te reรซl is nie altyd lekker nie, dit moet jy net onthou. Daar gaan baie op en af tye kom maar, jy sal als onthou en herinneringe maak met elke traan van frustrasie en opgewondenheid.
Hannes โ Ontspan en geniet elke oomblik, dit gebeur net een keer in jou lewe. Gee maar jou bruid spasie, hulle kan maak soms lekker moeilik raak (haha) en die emosies kan maar hoog loop.
- Fotograaf: Dust and Dreams Photography
- Venue: @Boshoek
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Blomme + Dekor: Dekokkasie
- Bruidegom-pak: Kingsley Heath
- Grimering + Hare: Refaire LโArt
- Huweliksbevestiger: Herman Matthee
- Koรถrdineerder: Natasha van Aardt (Dekokkasie)
- Platejoggie: K P Music Entertainment
- Strooijonkers bykomstighede: Wanderer
- Strooimeisie-rokke: Gelique
- Trouring: CH Diamonds
- Trourok: Bridal Manor
- Troukoek: Krispy Kreme
- Wittebrood plek: The Outpost Lodge