‘n Wasige Winter trou inspirasie in Pienk & Swart

ʼn Wasige Winter trou inspirasie met Pienk en Swart kleurskema en donker dekor elemente is vandag se gestileerde fotosessie.  Hierdie gestileerde trou inspirasie het by The Conservatory in Franschhoek plaasgevind.  Dit is die perfekte ligging, met die glas konstruksie wat by gedra het tot die effek.  Die nuutste tendens is egter om meer waaghalsig te wees en nie donker kleure of elemente te elimineer nie.  Hierdie fotosessie gee vir mens die gevoel van ʼn interessante intrige met ʼn moderne mengsel.  Daar is ook verskillende aspekte wat gebruik word om die kontras tussen lig en donker verder uit te beeld.  Dit inspireer ʼn mens om nie bang te wees om anders te wees of buite die boks te dink nie.  Jou troue gaan uitstaan in gaste se herinneringe, omdat dit afwyk van wat verwag word en die alledaagse neigings volg nie.

Ons hoop hierdie artikel inspireer julle om julle eie paadjie te volg en uniek te wees.

 

Wie het die fotosessie gereël?


Nas Brooks van Brooks Bridal het die konsep voorgestel en Carmen Mayers het dit verfyn en die gestileerde fotosessie gekoördineer.

Vertel ons meer oor die inspirasie agter die fotosessie


Middernag-Romantiek is ʼn konsep wat magiese en romantiese gevoel gee.  Dit behels ook die middernagtelike, die donker elemente, in kombinasie met die romantiese, die ligter elemente. Skakerings van pienk en swart was die sentrale kleurkombinasie om hierdie tema uit te beeld.  Dit is ʼn dramatiese kleurkombinasie, veral as gevolg van die gebruik van swart, maar die pienk bring ʼn sagtheid na vore.  Die gebruik van goue aksente in die dekor, papierwerk en koek verleen ʼn tikkie glans.

trou inspirasie The Conservatory trou inspirasie The Conservatory trou inspirasie The Conservatory

Hoekom is die diensverskaffers gekies om saam te werk?


Carmen Mayers van Two Cherries Events het die tema verfyn en sodoende verskaffers gekies wat ook hou daarvan om te eksperimenteer met meer dramatiese elemente.

Suzanne van Skoonlief het byvoorbeeld ʼn donker lipkleur gekies om die kontras tussen lig en donker verder uit te beeld.  Donker grimering is weer gekontrasteer met ʼn sagte, romantiese haarstyl en haarband.

Wade’s Cakes se swart troukoek met pienk en goue blomme is ʼn perfekte samevatting van ons idee van “Middernag-romantiek”, asook die ruiker met sy sagte pienk en wit rose wat gekontrasteer word met die harder, donker seewier.

Die uitnodigings en kaartjies deur The Fairy Factory het ook die swart elemente gekombineer met die pienk-skakerings.

Carmen het dus ʼn span verskaffers gekies wat elk ʼn liefde vir die dramatiese het, maar dit tog ook kan kombineer met meer tradisionele trou-elemente.

trou inspirasie The Conservatory

Wat was vir jul die spesiaalste oomblik van dié dag?


Die Kaapse Winterweer is altyd wispelturig, daarom is dit so moeilik om ʼn fotosessie in die winter te reël.  Die weer het egter op dié dag ons begroet met ysige koue, mis en reën – wat natuurlik ʼn outentieke gevoel aan die wasige winter-element van ons fotosessie gegee het.  Dee Walters van Shoots by Design kon hierdie mistige weer so mooi vasvang by The Conservatory in Franschhoek. Al het die weer dus nie saamgespeel nie, het dit tog ʼn effek van winter-wasigheid gegee wat ideaal met die tema van middernagtelike romantiek geskakel het.

trou inspirasie The Conservatory

Advies aan paartjies wat graag dié inspirasie wil volg?


As bruidspaartjies ʼn liefde vir dramatiese elemente en kleure het, voel vry om daarmee te eksperimenteer en dit te kombineer met meer tradisionele trou-kleure en trou-elemente.  Moenie bang wees om so bietjie anders te wees of buite die boks te dink nie.  Julle troue gaan dikwels uitstaan in gaste se herinneringe omdat dit afwyk van wat verwag word.  Die kombinasie van ligte en donker dekor en harde en sagte teksture sal help om jou trou-tema van ʼn middernagtelike romanse te bewerkstellig.

  trou inspirasie The Conservatory

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: