Wouter en Isabel se groot dag was ʼn fees van eenvoud en natuurlike elemente. Die twee het baie hout gebruik op die groot dag en het selfs boomstompe as bankies gebruik tydens die seremonie. Isabel se trourok was eenvoudig en stylvol en dieselfde kan oor Wouter se troupak gesê word. Hulle troudekor was nie oorweldigend nie en het net genoeg blomme en hout aksente bevat om stylvol en natuurlik te lyk. Die paartjie foto’s was pragtig in die buitelug, asook die dekor foto’s wat gevul was met natuurlike lig. Hierdie troue het gemaklik gelyk en sal beslis ʼn dag wees wat die paartjie nog vir lank kan onthou.
Wat was jul troudatum en hoe oud was julle op dié dag?
5 Maart 2016, Bruid Isabel “23”, Bruidegom Wouter “31
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Dit was ‘LIEFDE MET DIE EERSTE OOGOPSLAG’ Ek het saam met ’n vriendin in Nelspruit middagete geëet en Wouter het oorkant my saam met vriende gesit, ek het geweet dat ek my trouman gesien het. My Vriendin ken toe vir Wouter en sy vriende. Wel lang storie kort, het ek drie dae later vir Wouter in die Kaap gaan kuier waar sy ouers woon.
Hoe het julle verloof geraak?
Karongwe Private game lodge was die plek waar ons verloof geraak het. Dit was in die winter en voor die kaggel het ons ’n romantiese ete gehou en dit is toe dat Wouter my vra om te trou.
Hoe het julle die venue gekies?
Ons het na die Venue gaan kyk en dadelik daarvan gehou, dit was nie eers nodig om na ander venues te gaan kyk nie. dis baie rustiek maar tog elegant, oop en Groen.
Wat was die inspirasie agter jul dekor?
Ons albei hou van die natuur, dus het ons vetplante, hout-elemente en Voëltjies op die tafels gesit. Ons hou ook van natuurlike kleure en eenvoudige dekor.
Vertel ons meer van jul ringe.
Isabel se ring is n hallow-diamant en witgoud ring van Browns.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Om ons spesiale dag, aand saam familie en vriende te deel.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Marné het ons so gemaklik laat voel. sy het elke detail afgeneem, vir mooier fotos kon ons nie vra nie.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Bruidsmeisies se rokke en blomme
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Moenie stres oor die klein dingetjies nie, net jy gaan weet wat verkeerd gegaan het, en die belangrikste is dat die dag oor jou en jou man gaan.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons het R550 per kop betaal en so +- 75 gaste gehad, sal sê ons begroting was R100 000 gewees en het daarby gehou.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Vir ons wittebrood het ons Thorny Bush River Lodge toe gegaan. Dit was so romanties en perfek, ons albei is baie lief vir die natuur en die bos. Daarna het ons Thailand toe gegaan vir 12 dae.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Marné Photography
- Koek: Kiss my Cake, Nelspruit
- Uitnodigings + tafel plasings: 4Keepsake Nelspruit
- Venue + blomme +dekor + kos: Whispering Thorns