Die mooi Irma se nog mooier glimlag het waarskynlik Stiaan se hart gesteel toe sy die eerste meisie in Potchefstroom is wat hy ontmoet. Dit was die begin van groot dinge want daarna het hy nie weer een meisie ontmoet wat sy hart so warm laat klop nie. Hy is uit die staanspoor baie romanties daarom vermoed sy geen onraad toe hy haar vir โn naweek Hartebeespoortdam toe neem nie. Die aand na โn heerlike ete voel sy iets in sy sak toe hulle styf teenmekaar op die balkon van hul naweek plekkie die uitsig bewonder. Hy kan nie anders as om die verloofring uit te haal en haar net daar vra om met hom te trou nie. Op โn heuwel in โn klein wit kapel beloof hulle ewige trou aan mekaar. Irma se mooi klassieke trourok pas haar perfek. Stiaan is daar om te troos toe sy sukkel om die trane te keer na die seremonie. Daarna knyp hulle die eerste paar minute voordat hulle na die onthaal gaan af om hulle eerste ervaring as man en vrou alleen te ervaar.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
My man vertel vir almal dat ek die eerste meisie was wat hy in Potchefstroom ontmoet het. In sy matriekjaar het hy vir โn paar dae Potch toe gegaan, waar ek reeds โn eerstejaarstudent was, om โn woonstel te soek as โn voornemende student. Hy en my kamermaat is ou vriende en so word ek genooi om saam met hulle โn drankie te gaan geniet. Ons was lank in dieselfde vriendekring voor ons verlief en amptelik โn paartjie geword het โ en nadat hy my selfoon nommer afgebedel het by my kamermaat!
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was vier jaar en vier maande saam voor ons getrou het.
Hoe het julle verloof geraak?
My man is baie romanties en hou daarvan om my te bederf. Ek het niks daarvan gedink toe hy โn naweek beplan by Hartebeespoortdam nie. Inteendeel, ek het met hom die spot gedryf en heeltyd gevra of ek my naels moet laat doen! Na โn heerlike aandete vra hy dat ons op die balkon van ons gastehuis na die uitsig moet kyk. Knus staan ek teen hom en voel iets in sy sak. Ek vra hom wat is dit die? Dit is toe dat hy die boksie uithaal en oopmaak om vir my die mooiste, blinkste ring te wys! Ek was stomgeslaan en het natuurlik JA gesรช.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Besluit wat julle graag op julle troue wil hรช โ dit is immers julle dag! Moenie verlore raak in al die verskillende opsies en idees op Pinterest nie, besluit op iets en hou daarby. Vra jou ma en skoonma vir hulp en advies โ partykeer het jy โn ander persoon se perspektief nodig. Die dag van die troue gaan so vinnig verby, steel vyf minute voor die onthaal waar julle as nuwe bruidspaar โn oomblik alleen kan wees en die groot oomblik kan indrink.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Grafiac.
- Troukoek, Dekor, Blomme & Spyseniering: Pam Fivaz van Excelsior Troues & Funksies
- Platejoggie: T&A Productions
- Onthaal & akkommodasie: Gouritz Valley Events
- Kapel: Reinโs Nature Reserve
- Wyn: Jakkalsvlei
- Trourok: Olivelli
- Grimering & Hare: NEO Hair
- Uitnodigings: Paperplay
- Konfetti: Scatterlings