Ons was uitgenooi deur Mira van Hot Oven Marketing en Robertson Wine Valley om die mooi Robertson vallei te besoek waar ons verlede naweek een van die beste naweke ooit gehad het! Mira het vir ons โn paar van Robertson vallei se oulike verborge skatte gewys en laat ervaar. Dit was โn belewenis! Ons het ook baie ander fantastiese mense van die vallei ontmoet.
Ons het by die pragtige Excelsior Wynlandgoed in Robertson gebly. Excelsior het โn herehuis wat nou as gastehuis gebruik word. Dis geleรซ langs โn mooi dam met โn uitsig oor wingerde, bome en berge. Jy kan langs die swembad met โn boek en โn glas van Excelsior se wyn ontspan, of โn lekker koppie tee as jy dit so sou verkies.
Tangara Boetiek Distillery
Ons eerste stop was by Tanagra Boetiek Distillery net buitekant Robertson op pad na McGregor. Tanagra se eienaar en wynmaker, Robert Rosenbach, het ons persoonlik op โn toer gevat deur die distilleerdery waar hy vir ons stap vir stap gewys het hoe hulle wyne en likeurs gemaak word. Dit is iets wat ons stadsjapies nie baie sien nie! Daar gaan baie meer in wyn maak in as wat โn mens besef. Dit is โn skeppings proses met harde hande werk, sweet en moeite om die perfekte Tanagra wyn te skep. Tanagra is nie net โn Boetiek wynplaas nie, maar het ook akkommodasie beskikbaar op die plaas, insluitende โn afgeleรซ eenheid wat reg langs โn natuurreservaat geleรซ is.
McGregor
Ons volgende stop was in McGregor. Dit was ons eerste keer in McGregor. Ons was verstom oor hoe mooi die oulike dorpie is! Dit is definitief โn plekkie wat jy op jou lysie kan sit om te ervaar. McGregor is omring deur plase en die dorpie self het slote met lopende water, groen tuine en mooi argitektuur. Ons eerste stop in McGregor was by Bemind Wyne waar Ilse Schutte, die eienaar en wynmaker van die Garagiste Kelder ons verwelkom het. Bemind Wyne was ons gunsteling plekkie wat ons die naweek besoek het. Ilse het ons mooi verduidelik van die Garagiste Kelder konsep en die wyn-maak proses. Meeste van Bemind Wyne se wyn word ook per hand gebottel en die van julle wat weet, sal verstaan hoe โn delikate proses dit is. Ilse is verskriklik passievol oor wyn-maak. Sy was โn wynmaker by een van McGregor se top wynplase voordat sy haar eie wyn-reeks begin het.
Floraโs Eating House and Gallery
Ons het sommer โn bottel Bemind wyn saam met ons geneem na ons volgende stop by Floraโs Eating House and Gallery, reg oorkant Bemind Wyne. In die klein dorpie help die plaaslike besighede mekaar deur mekaar te ondersteun. By Floraโs Eating House en Gallery het ons โn heerlike middagete onder bome langs โn visdam, die laaste dag van somer geniet. Gunther het โn vegetariese slaai bestel en dit baie geniet vir iemand wat lief is vir vleis. Jaun het โn smaaklike salm slaai geniet saam met โn glas Bemind wyn in die geselskap van Ilse Roux en haar eggenoot.
Wahnfriend bioskoop
Na die heerlike middagete het ons die Wahnfriend bioskoop besoek. Dis in โn pragtige huis in die hartjie van McGregor. Ons was verwelkom deur Michael McKenzie wat vir ons die storie agter Wahnfriend bioskoop vertel het. Dit is โn plek waar plaaslike inwoners saans gesellig kan verkeer en gratis films en lekker bekostigbare opvoerings kan kyk saam met โn glasie wyn. As jy ooit Mc Gregor toe gaan, is Wahnfriend โn moet om te besoek. Dit is iets wat jy persoonlik moet ervaar aangesien woorde nie genoeg is om die wonderlike ervaring te beskryf nie.
Mimosa Lodge
Aandete was by die Mimosa Lodge in Montagu. Ons het nog altyd deur Montagu gery en gedink dat dit โn mooi dorpie is. Dit is egter anders om dit persoonlik te ervaar en met plaaslike inwoners te gesels. Mimosa Lodge is โn moet as jy lekker wil eet of opsoek is na oulike akkommodasie in die area. Mimosa Lodge het โn goud gegradeerde restaurant waar ons โn fees maaltyd geniet het. Die personeel was baie vriendelik en het ons tuis laat voel. Die atmosfeer in die plekkie het ons laat voel asof ons nog altyd daar gehoort het. Saans maak die restaurant half 8 oop vir aandete.
Ons was voor die tyd daar, daarom het ons eers โn Mampoer skemerkelkie in Mimosa se groen karootuin geniet. Daarna was ons bedien met โn heerlike voorgereg bestaande uit, humus, vars broodrolletjies, sebra, aartappel en kraakvars groente op die tafel. Die nagereg was uitsonderlik en ons sal sit nie sommer vergeet nie; Dit was letterlik โn sagte sjokolade bom.
Excelsior Wynplaas
Die Saterdag oggend het ons wakker geword met die gekekkel van hoenders en die reuk van pas ge-oeste druiwe. Ons het ontbyt geniet by Excelsior wynplaas waar ons ook oornag het. Die buffet ontbyt het weggespring met vars koffie, broodjies, kaasbord, vrugte slaai, jogurt, sappe. Daarna het ons weggelรช aan die warm ontbyt geregte op die dek langs die swembad terwyl die oggend son sag oor die wingerde begin skyn.
Na ontbyt het die eienaar van Excelsior ons agter op sy bakkie gelaai vir โn toer op die plaas. Ons het tot bo op die buurplaas se heuwel gery waar ons โn driehonderd en sestig grade uitsig oor die plaas en die mooi Robertson vallei in die verte gehad het. Dit was โn lekker en โsielsvervullendeโ uitstappie. Ons het langs die pad by โn trop koeie gestop. Tippies stadsjapies het ons kamera in die hand van die bakkie gespring om eers โn paar fotoโs van hulle te neem. Hulle het nuuskierig na ons gekyk en dit het kompleet gelyk asof hulle vir die kamera poseer. Dit is die klein goedjies wat โn toer in die Robertson vallei ekstra spesiaal maak.
Ons het ook ons eie wyn gemeng by Excelsior. Jy kan kies tussen Merlot, Shiraz en Cabernet Sauvignon en jou eie hoeveelhede bymekaar sit om die perfekte wyn vir jou smaak te maak. Jy vul jou eie bottels, kurk dit en smelt jou seรซl op. Daarna sit jy jou eie etiket op en skryf jou naam en mengsel op die bottel. Dit is nogal โn oulike idee vir โn troue of wittebrood. Dink net daaraan as jy vir elke gas โn bottel wyn gee wat jy self gemeng het en die etiket per hand persoonlik gemaak het. Beslis iets om in gedagte te hou.
Viljoensdrift
Ons volgende stop was by Viljoensdrift. Dit is โn wynplaas met โn rivier waar jy โn bootrit kan neem omring met die mooiste natuur tonele en baie voรซl spesies. Viljoensdrift se span het vir ons โn heerlike kaas- en vleis bord gemaak, asook โn lekker bottel wyn wat ons op die boot geniet het. Ons het die ervaring baie geniet en sal dit aanbeveel vir โn paartjie wat verloof wil raak of net โn lekker romantiese wegbreek aktiwiteit wil geniet. Na die bootrit het ons van Viljoensdrift se heerlike wyne geproe, insluitende hulle MCC. Viljoensdrift personeel se moeite en diens was van die beste gehalte en word hoog aanbeveel.
Ensona
Ons was by Esona waar die eienaars spesiaal van die Kaap af gery het om ons te ontmoet. Dit was al klaar vir ons โn spesiale element gewees. Esona is geleรซ op โn klein plasie met โn lopende rivier stroom deur die plaas. Die proe kamer is op โn verdieping aan die buitekant wat uitkyk oor die pragtige landerye en berge. Esona se eienaars het ons trakteer met โn vingerhappie wat ons geniet het met โn bottel โFrankly my dearโฆ.โ wyn terwyl ons die uitsig bewonder. Esona is โn baie mooi boetiek wynlandgoed. Jy kan ook โn ondergrondse wynproe doen wat gepaard gaan met ingelegde vrugte, Die Lindt sjokolade uit hoรซ kwaliteit glase komplimenteer die wyn se smaak. By Esona se ondergrond proe lokaal sit jy in die donker met kerslig en sagte agtergrond musiek wat saamsmelt met die wyn wat jy proe. Dit is regtig โn fantastiese ervaring om wyn en musiek te kombineer.
Rosendal Wynlandgoed
Ons het aandete geรซet by Rosendal Wynlandgoed. Ons was eers op โn toer geneem deur die mooie Rosendal. Rosendal bied ook mini-wittebrood pakkette of romantiese pakkette aan vir paartjies wat opsoek is na โn prentjie mooi en romantiese wegbreek plek. Hulle het wel nie โn trou venue nie maar is die perfekte plek om te bly voor of na jou troue of om jou bruidsmeisies te bederf met โn lekker spa sessie. Ons het โn wynproe gehad met Heinrich wat baie pret was en het sjokolade gepaar asook koffie kasjoeneute met Rosendal se heerlike wyn. Rosendal staan ook bekend vir hulle Sauvignon Blanc wat se bottel se brandmerk verkeerd omgedraai is so jy moet die bottel onderste bo draai om dit te kan lees. Na die wynproe het ons aandete geniet by Rosendal se restaurant. Ons het fantastiese diens en kos geniet. As voorgereg het Gรผnther โn gerookte hoenderslaai bestel. Jaun โn snoek patte met brood geniet. As jy baie honger is, is Rosendal se porsie groote perfek vir jou. As hoofgereg het Gรผnther โn โPorkbellyโ dis gehad en Jaun Eend met Lensies en Granaatjie sous. Daar was amper nie genoeg spasie vir nagereg oor nie. Gunther het sjokolade tert verkies en Jaun โn baie groot en heerlike kaasbord.
Platform 62
Ons Sondag oggend begin met โn rit Ashton toe waar ons by die oulikste versteekte skat, Platform 62, se restaurant The Shed vir ontbyt gegaan het. Platform 62 het ons voete onder ons uitgeslaan met โn top gehalte ontbyt buite onder die bome omring met hoenders en Fanie die vark. Platform62 is nie net โn lekker plek vir ontbyt nie, maar ook โn oulike inkopie plek waar jy amper alles kan vind. Hulle het ook โn groot winkel waar jy wyn en ander drankies kan koop vir jou toer. Jy kan ook die heerlikste brandewyn proe doen by Platform62. Ons het โn paar opsies geproe soos brandewyn met gemmer & limonade en lemoen & Tonic Water. Dit was โn eerste vir ons en baie lekker gewees. As jy deur Ashton ry en die groot stoomtrein sien dan is jy by Platform62 en moet jy daar stop.
Van Loveren
Die volgende stop was by Van Loveren waar ons โn boom toer gehad het. Die oorspronklike boervrou het โn boom vir alle gebeurtenisse geplant โ vanaf haar kinders se geboortes tot Nelson Mandela se vrylating. Dit is โn toer om te ervaar. Ons het ook โn heerlike wynproe en kos-paring sessie gehad. Een van ons gunstelinge was die vleis-bord en rooiwyn paring en die โcandy en cider paring.โ Ons is absoluut gaande oor Van Loveren. Dit is โn pragtige plaas met heerlike wyn en die mooiste tuine.
Bon Cap
Ons laaste stop in die Robertson Vallei was by Bon Cap. Michelle du Preez was die gasvrou en het ons baie welkom laat voel. Ons het van Bon Cap se laaste MCC geproe, want hulle maak nie meer wyn nie. Dit was baie spesiaal. Ons is met die lekkerste plaas kos trakteer wat rooi vleis, hoender en vis ingesluit het. Bon Cap se Sondag middagete is lekker en laat jou sommer welkom voel met โn gesellige plaas atmosfeer. Bon Cap het ook โn mooi trou venue waar jy in styl kan trou. Klik hier om te kyk na ons vorige troues wat ons gepubliseer het wat by Bon Cap se venue gehou was. Jou seremonie is onder in die kelder tussen wynvate en kerse vir lig. Hulle het ook oulike basiese verblyf op die plaas as jy net โn plekkie soek om weg te breek. Maar jy sal moet hardloop as jy โn plekkie wil boek, want Bon Cap is โn baie besige venue.
Die naweek was vir ons โn fantastiese ervaring en ons sal definitief binnekort weer terug wees in die vallei en sal enige iemand aanbeveel om na die Robertson vallei te gaan en die plekkies in die artikel te ondersteun. Vir meer Inligting kan jy ons kontak by kontak@mooitroues.co.za
Artikel Krediet:
- Geskryf deur: Mooi Troues
- Fotos verskaf: Vorsprung Studio