Vandag deel ons met julle ‘n pragtige troue by die prag onthaal Leipzig Country House. Gerhard en Rebecca se trou kleure is so mooi en sag. Leipzig Country House is die perfekte plek vir ‘n onthaal, dit is ‘n prag plaas net buitekant Worcester met die mooiste natuurtonele-soos iets uit ‘n rolprent, veral die ou herehuis en die muur afwerkings in die onthaal area. Hulle troue was afgeneem deur die talentvolle Jacques van Real Simple Photography, ‘n bekende fotograaf in die industrie wat in Engeland gebaseer is maar Suid-Afrika toe vlieg van tyd-tot-tyd om troues af te neem. Die troue se vintage gevoel gemeng met die mure van die Leipzig herehuis vat jou terug in tyd en skep die mees romantiese atmosfeer. Geniet die foto’s en inspirasie.
Hoe het julle verloof geraak?
Ek het Rebecca Venice toe geneem vir die ” Venice Carnavale” Februarie 2012. Ek het haar gevra met die ring nogsteeds in my sak, en sy het nogsteeds ja gesê.
Hoe het julle besluit op die trou onthaal?
Ons bly tans in Italië, so Gerhard se ma en susters het vir plekke begin soek. Met al die fotos wat hulle gestuur het en hulp van die internet het ons ons gunsteling plek gekry. Ook baie te danke aan Alida by Leipzig se goeie diens en so meer.
Waar was julle op wittebrood?
Ons gan in Julie, want dis ons albei se vakansie tyd, Malaysia (Kuala Lumpur) en Indonesië ( Lombok) toe vir 2 weke.
Diensverskaffers:
- Onthaal: Leipzig Country House
- Fotograaf: Real Simple Photography