AKOESTIEK

MUSIEK & VERMAAK / PRETORIA

Hallo, ons is Akoestiek. ‘n Getroude, Afrikaanse bruilofsduo uit die hartjie van Pretoria. Ons geniet dit om akoestiese verwerkings van bekende en oorspronklike liefdesmusiek by troues te sing wat help om die perfekte atmosfeer te skep. Ons is absoluut mal oor troues. Die huwelik is vir ons so spesiaal en dit verskaf ons groot vreugde om musiek oor die liefde te skryf en mense te inspireer om weer daarin te glo. Ons sing liefdesdeuntjies – van dié soort wat jou ‘n knop in die keel gee, tot dié wat jou voete laat jeuk om te skoffel.

Ons bied akoestiese musiek wat spesiaal vir troues, tydens die Seremonie & Canapés, uitgeknip is. Vir meer inligting, besoek ons webtuiste.

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      MEER INLIGTING

      sit   FACEBOOK  instagram     

      KLIËNTE RESENSIES

      Rozanne en Werner is ongelooflik goed en baie betroubaar. Ons het voor die troue saam met hulle gaan koffie drink en dadelik besef dat hulle ʼn passie vir hul werk het en sommer baie moeite vir hul kliënte doen.  Ons kan getuig dat Akoestiek die ekstra myl gaan en ons sal hulle met die grootste liefde vir enige paartjie aanbeveel.  Hulle is hartsmense!

      ★★★★★

      Gerhard & Charlene

      28 September 2019


        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: