BELLE DOUX

TROU HUURDIENSTE / PRETORIA

Promosie:

Bespreek en betaal voor 30 April 2024 om 20% afslag op alle dekor huur te kry. Van toepassing op enige geleentheid tot 30 Maart 2025.

Bespreek die promosie voor 30 April 2024.
Die promosie is slegs vir die beskikbare datums voor 30 Maart 2025.

 

Belle Doux Décor & Event Planning is ʼn passievolle verskaffer van kreatiewe trou blomme en dekor vir ʼn bruid se spesiale dag.  Dit is ʼn besigheid wat begin is uit liefde vir kreatiewe idees en stilering van alles wat mooi is. Dit het binne enkele jare gegroei tot ʼn verskaffer wat vertrou word in die industrie vir wie geen moeite te veel is nie.

Belle Doux help graag enige bruid binne hul begroting om hul spesiale dag uitsonderlik te maak.  Bruide kan ontspan met die wete dat Belle Doux alle trou dekor, blomme en stilering hanteer op die dag, asook alle dekor skoonmaak en optel die volgende dag.  Belle Doux is veral bekend daarvoor dat hulle uit hul pad sal gaan om hul bruide se idees tot lewe te bring – indien ʼn bruid spesifieke dekor ingedagte het wat nie in Belle Doux se store is nie, sal Belle Doux hul verrykende verhoudings met ander verskaffers gebruik om daardie dekor te voorsien teen billike pryse.

Vir die selfdoen bruid, help Belle Doux met idees en verhuring van unieke, moderne en goeie gehalte dekor teen uitsonderlike pryse. Vir bruide wat hul eie dekor kan voorsien en slegs ʼn trou bloemiste benodig, het Belle Doux pakkette vir blomme en stilering binne enige begroting.  Vir die bruid wat geheel en al stresvry haar troue wil beplan, bied Belle Doux ook troubeplanning en -koördinering dienste aan.

Verder verskaf Belle Doux ook blomme, trou dekor verhuring en stilering dienste vir kombuistee’s in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo.

Belle Doux is werklik ʼn een-stop verskaffer vir alle bruide met talle gelukkige bruide wat kan getuig van uitmuntende diens sonder uitsondering.

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

      MEER INLIGTING

      sit        FACEBOOK instagram   PINTEREST

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER:


        KOMPETISIE

        Die prys en hoe om in te skryf:

        Staan ‘n kans om jou blomme en dekor vir jou bruidstafel te WEN tot ‘n totale waarde van R3,000.

        Die Kompetisie sluit 15 Mei 2024 om 23:59. Die wenner sal deur ‘n gelukkige trekking op 16 Mei 2024 gekies word deur Belle Doux.

        Kompetisie Bepalings en Voorwaardes:

        • Mooi Troues bemark die kompetisie namens Belle Doux (die adverteerder) en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie. Vir enige vrae rakende die kompetisie moet jy Belle Doux direk kontak.  Standaard Kompetisie Bepalings en Voorwaardes geld. Klik hier om dit te lees en maak seker jy verstaan dit.
        • Die prys: Blomme en dekor vir jou bruidstafel tot ‘n totale waarde van R3,000 deur Belle Doux.
        • Inskrywings tot 15 Mei 2024 om 23:59 sal aanvaar word.
        • Die Kompetisie sluit 15 Mei 2024 om 23:59. Die wenner sal deur ‘n gelukkige trekking op 16 Mei 2024 gekies word deur Belle Doux en Belle Doux sal self uitreik na die wenner.
        • Hierdie prys kan vir enige troue tussen 1 Junie 2024 en 31 Mei 2025 gebruik word, onderhewig aan Belle Doux se beskikbaarheid.
        • Hierdie prys kan slegs gebruik word indien Belle Doux bespreek word vir jul troue se dekor en blomme.
        • Hierdie prys is onderhewig aan ‘n totale waarde van tot-en-met R3,000. Waar die spesifieke dekor en blomme meer is, sal die wenner aanspreeklik wees vir die bykomende kostes.
        • Enige foto’s van die wen troue wat gedeel word, moet Belle Doux in ge-tag word.