Kompetisies Terme en Bepalings

  1. Indien jy inskryf vir enige kompetisie of kompetisies op Mooi Troues sal jy ons maandelikse nuusbrief ontvang per e-pos.
  2. Mooi Troues deel nie jou informasie met enige iemand nie; dit is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
  3. Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer/adverteerder/diensverskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  4. Die prys kan nie verruil word vir kontant en/of enige ander produkte of dienste nie.
  5. Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
  6. Alle addisionele kostes sal vir die leser en/of die kliënt se eie rekening wees.
  7. Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  8. Enige poging om enige van die termes en bepalings te skend, sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie.  Dit sal lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  9. Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie.  Insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer.
  10. Die kompetisie is ook onderhewig aan die adverteerder se eie Termes en Bepalings.  Kontak die adverteerder direk vir hulle Termes en Bepalings.