Wat was die inspirasie agter die fotosessie?
Die natuur het soveel mooi elemente dat ons gedink het, hoekom net by blomme bly? Bessies is mos net so mooi! Ons het toe blomme en bessies in ons tema gekombineer en die kleure van die bessies as riglyn gebruik.
Die gevolg was โn pragtige samestelling van diep-rooi, pers, en skakerings van pienk, te danke aan Paradiso Flowers.
Ons wou ook โn sprokiesagtige gevoel uitbeeld, en Marieke van Marieke Make-Up and Hair het die hare en grimering met daardie gedagte bymekaar gesit.
Vertel ons meer van die tafel?
Die tafel en dekor was gedoen deur Blooming Wonderful Dรฉcor Hire en die blomme op die tafel was verskaf deur Paradiso Flowers.
Die ster van die tafel was die groot โbessiebosโ wat oor die middel van die tafel gehardloop het. Die fyn rooi-pienk bessies van hierdie stuk verleen soveel tekstuur en detail aan die ontwerp.
Pragtige koper blompotjies verleen โn ietwat outydse gevoel aan die tafel, met moderne glas wynglase om dit teen te speel.
โn Pikswart kers staander gee โn โn titsel misterie, met gepaardgaande swart naam linte wat binne in die wynglase geplaas is, sowel as swart spyskaarte met goue skrif.
Hoekom het julle die venue gekies?
Die pragtige ou herehuis op die perseel is wat ons aangetrek het tot die venue.
Dit het โn pragtige groot ou visdam met โn mooi tuin en groot bome reg rondom. Dit het vir ons โn mooi agtergrond geskep vir die Bessie-tema.
Hoekom het julle daardie spesifieke rokke gekies?
Die rokke is van twee verskillende ontwerpers โ elk met haar unieke styl.
Alana se rokke het โn amper โbohoโ gevoel met vloeiende materiaal, baie kant en mooi detail.
Helรฉne se rokke het weer โn meer vroulike, prinses gevoel met baie mooi volheid.
Albei ontwerpers se rokke het op hul eie manier iets spesiaals aan die tema bygedra. Dit gee toekomstige bruide ook โn paar โlooksโ om van te kies, wat almal mooi saam met die Bessie-tema werk.
Enige advies wat jy as fotograaf kan gee aan paartjies?
Dis baie maklik om mooi troufotoโs te kry tydens jul trou sessie: wees bloot julself! Die mooiste oomblikke word vasgevang wanneer paartjies vergeet dat die fotograaf daar is, en net mekaar se geselskap vir โn rukkie weg van die gaste geniet.
Die fotograaf mag dalk bietjie leiding gee, maar moet nooit voel dat jy โn stywe glimlag moet aanplak of stokstyf met jou hand in jou sy staan as dit nie jy is nie!
Geniet doodeenvoudig daardie spesiale oomblikke.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Ever, Ever Photography
- Hare & Grimering: Marieke Makeup and Hair
- Alle Blomme: Paradiso Flowers
- Dekor en Gedrukte Items: Blooming Wonderful Decor Hire
- Stoele: Downing Event Hire
- Servette: Table Cloth Hiring Company
- Troukoek: Cakes by Natasha
- Trourokke: Bridal and Evening wear design
- Venue: Monkey Town