Maggie en Johan se vrolike troue is definitief eie aan sy soort. Hulle het gebruik gemaak van verskeie funksionele items, soos Steri Stumpies, melkskommels, kleurvolle onthou-die-datum kaartjies en skryfbehoeftes om hulle dekor te verfraai.
Die paartjie se troukoek het veral vir ons uitgestaan, omdat dit baie oorspronklik en kleurvol is. Die blomme rangskikkings het uit Proteas en vetplante bestaan en die tafeldoeke uit goiing-sakke.
Hulle het verloof geraak op โn Maandag toe hulle albei verlof ingesit het die dag. Johan het vir Maggie gesรช hulle gaan bietjie uit, maar nie vertel waarheen nie. Maggie was nie juis baie gelukkig oor die idee nie en wou eerder die dag rustig spandeer. Sy het heeldag al sy planne afgeskiet, maar hulle het toe die middag op geรซindig op die โWheel of Excellenceโ in die V&A Waterfront, Kaapstad. Toe hulle uiteindelik bo is, het Johan op sy knie gegaan en Maggie gevra om te trou, hy het vreeslik gebewe vertel sy.
Vir meer inspirasie-idees van die paartjie se troue loer gerus deur hulle fotoโs. Onder volg ook โn paar antwoorde op vrae van die paartjie.
Dankie LV Star Photography vir die fotoโs van Johan en Maggie se troue.
Wat het julle troue so spesiaal gemaak?
Ons het ons troudag saam met kosbare familie en vriende by die pragtige Beloftebos deurgebring en het besef hoe gelukkig ons was in daai oomblik om so bevoorreg te wees. Elke sekonde van ons dag was perfek. Die weer, die natuur, die dekor, die blomme, die tafel nommers. Elke nommer het โn ietsie van ons albei gedeel met ons gaste โ ons troue was intiem en jy kon die liefde orals voel. Natuurlik om met my beste vriend te trou, dรญt was die spesiaalste oomblik.
Raad vir ander paartjies wat ons besig is om te beplan:
Moenie als self probeer doen nie. Aanvaar hulp van familie en vriende. Maak seker dat die dag JUL groot dag is, dis soveel meer spesiaal wanneer julle albei deel is van die beplanning. Geniet elke oomblik, die dag vlieg vinnig verby.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: LV Star Photography
- Videograaf: Alexander Productions
- Dekor en Blomme: Saffron Functions
- Verblyf: Bluegum Country Estate
- Grimering en Hare: ZAR Hair & Make-up
- Trou rok, Strooimeisies se rokke, Mans se broeke: MiliJo
- Wyn: Raka Wines
- Bruidsmotor: Classickombis